Albei buiteperde het Donderdag verras in die naweek se eerste kragmetings in die Supersportreeks.
Lees meerAlles vir Donderdag 15 Junie 2017
SA A-span gaan oor veel meer as wen
Kom ons praat bietjie oor die SA A-span wat Vrydagaand die Franse Barbarians in die Moses Mabhida-stadion in Durban aandurf.
Twee vas wat glo dwelms in Jhb vervaardig
Twee mans is in Randburg in hegtenis geneem op aanklag dat hulle dwelmmiddels vervaardig, toe hulle met kristal metamfetamien (tik) ter waarde van R6 miljoen betrap is.
Panayiotou: Kwessie oor selfoonrekords in die hof
Die hofsaak van die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth opgeskort toe die verdediging vir Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko ʼn aansoek gebring het om die manier te verwerp waarop die staat beplan om getuienis voor te hou oor selfoonkartering.
Dieselfde trein brand Donderdag wéér
Nog ʼn treintrok in Kaapstad is verwoes tydens ʼn brand Donderdagoggend, en volgens Metrorail is dit as gevolg van brandstigting.
Gert van Rooyen-ondersoek afgelas
ʼn Soektog na die oorskot van slagoffers van die pedofiel Gert van Rooyen op Blythedale-strand in KwaZulu-Natal is Donderdag afgelas.
Kamer van Mynwese soek interdik teen nuwe Mynbou-handves
Die Kamer van Mynwese het Donderdag die 2017 Mynbou-handves verwerp en gesê hy sal die hof nader om die departement van minerale hulpbronne te verhoed om dit te implementeer.
Pecanwood-moord: Mark Zinde weer vir waarneming gestuur
Mark Zinde, die seun van die voormalige SAUK-raadslid Hope Zinde, sal weer in Weskoppies- psigiatriese hospitaal in Pretoria opgeneem word vir psigiatriese waarneming.
Die wêreld in foto’s – 15 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Foto’s] Gert van Rooyen-soektog duur voort
ʼn Span polisie-ondersoekers is steeds besig met opgrawings op Blythedale-strand in KwaZulu-Natal op soek na die oorskot van slagoffers van die pedofiel Gert van Rooyen.
ToekomsVenster: Hier, maar nog nie hier nie
Here, dankie dat U my nie wegneem uit die wêreld nie. Help my om die hemelse waardes hier te leef, vandag.
[Resep] Romerige kaaskoek
Maak hierdie romerige kaaskoek vir Vadersdag.
Soektog na vermiste stadsbeplanner afgelas
Die soektog na Jaco Prins (42), die stadsbeplanner wat verlede Maandag spoorloos aan die Oos-Rand verdwyn het, is Donderdag afgelas.
Taxi-staking: Regering veroordeel gewelddadige optredes
“Vragmotorbestuurders se sleutels is onwettig afgeneem en die bestuurders met hul vragmotors op paaie gestrand gelaat.”
Middellandliga: voorlopers grawe dieper in
Die voorlopers in die Middellandse Subunie van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se ligas het in die jongste weekronde se wedstryde hul posisie verder verstewig.
Sassa-fiasko: Ondersoek moet besluit of Dlamini moet betaal
Die konstitusionele hof het Donderdag beveel ʼn ondersoek moet gedoen word om te bepaal of Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, persoonlik verantwoordelik gehou kan word vir die fiasko oor die uitbetaling van maatskaplike toelaes.
Pryse vir kankermedikasie word ondersoek
Die mededingingskommissie het vroeër die week aangekondig dat hulle drie internasionale farmaseutiese reuse ondersoek omdat die maatskappye na bewering kankermedisyne teen buitensporige hoë pryse verkoop.
Bobby is ‘SA se mooiste man’
Die tydskrif Sarie se lesers het die sanger Bobby van Jaarsveld gekies vir die titel van “mooiste man in Suid-Afrika”.
Europese- en ook Superspanne by Mauritius-tienetoernooi
ʼn Eiesoortige rugbykarnaval skop Saterdag in Mauritius af wanneer die Beachcomber se Wêreld-klubtiene ʼn ander aantrekkingskrag aan rugby as sportkode gee.
Musk skryf hoe hy miljoen mense op Mars gaan vestig
Indrukwekkende syfers wat verskeie nuwe rekords bevat, maak deel uit van die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se planne om ’n stad met ’n miljoen mense op Mars te vestig.