Die Afrikaanse sangeres Nádine en rugbyspeler Derick Hougaard het Dinsdagoggend die sluier gelig oor gerugte dat hulle ʼn paartjie is.
Alles vir Dinsdag 27 Junie 2017
Niemand kan kla oor die uitslag nie
Hoe sê hulle nou weer? Dis soos om jou suster te soen.
‘Nog ʼn Esidimeni-tragedie op pad’
“Personeel van die NRO’s werk sonder vergoeding en sommiges sukkel om inwoners van kos te voorsien. Behoeftige kinders, wesies en mense wat ernstig getraumatiseer is, ly almal hieronder.”
[Video] ‘Classics is groot’ samel baie in vir Knysna
“Dit is alles te danke aan julle,” het die gewilde Afrikaanse akteur Armand Aucamp Dinsdag gesê.
Suid-Afrika, Azanië of Guptastan: Dit is ʼn kwessie van prioriteite
Naamsveranderinge het enorme implikasies, vir ʼn land nog meer, en politieke leiers moet besef dat naamsveranderinge heel onderaan ʼn lys van prioriteite behoort te lê.
BBRU-liga: Tukkies verloor derde op die ry af
Die Varsitybekerkampioen, die Tukkies, het Saterdag hul derde nederlaag op die ry af gelei toe hulle die knie voor die oop klubs se Goue Bekerhouer moes buig.
Pta-polisie waarsku oor nuwe valstrik
“In albei gevalle het die bestuurders aan die polisie gesê ʼn passasier in ʼn verbygaande voertuig het vir hulle aangedui dat daar iets aan die agterkant van die voertuig fout is.”
Die aand van die bloed
Johann staan sukkel-sukkel op. Gee twee treë vorentoe en pleit “please …”. Dit klink of hy huil. Dit breek my. En toe die woorde: “Ah, just kill him, brother.” Lees die aangrypende en hartseer brief hier.
SA hotel gekap ná hul Zim-ministers weier
Die Zim-SA Forum beweer daar is ʼn rasse- en politieke motief agter ʼn luukse hotel in Sandton in Johannesburg se besluit om ʼn afvaardiging van Zimbabwiese ministers se verblyfbespreking te kanselleer.
Ronel Nel se ‘Pelgrimshoop’ is ʼn storie met ʼn hart
Dit gebeur nie aldag dat ʼn skrywer ʼn nuwe perspektief op ʼn ou tema kan oopskryf nie, maar Ronel Nel se debuutroman slaag suksesvol hierin.
Trok met steroïede in De Doorns gekry
Die openbare-orde-polisie en blitspatrollie het ʼn intelligensiegedrewe operasie gehou en ʼn padblokkade by die vulstasie opgestel.
[Video en foto’s] ʼn Hele winkel met viltprodukte
ʼn Winkel – waar al die produkte van vilt gemaak is, het ʼn kunstenaar nege maande geneem om te voltooi.
Tiener ernstig beseer ná motorfiets vlam vat
ʼn 16-jarige seun is ernstig beseer toe die motorfiets waarmee hy gery het aan die brand geslaan het ná ʼn botsing teen ʼn voertuig.
Uitdrukking: op jou louere rus
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking “op jou louere rus”
Verbruikersrubriek: Beskerm jouself teen internetskelms
Daar sal altyd ʼn skelm wees wat jou geld wil steel. Danksy hedendaagse tegnologie sit daardie skelm waarskynlik agter ʼn rekenaar en wag dat jy jou geld sommer in sy rekening inbetaal vir enigiets van ʼn katjie met ʼn stamboom langer as jou arm, tot swaar nywerheidsmasjinerie.
Nuuskommentaar: Spur se ommekeer
Die belangrikste les wat Spur uit die saak moes leer, is dat al word dit as hoe politiek korrek beskou, rassesituasies nie onewehandig hanteer kan word nie.
Drie hoor binnekort lot ná verkeersbeampte se skietdood
“Ooggetuies het getuig dat hulle verskeie skote gehoor en gesien het hoe die hartelose moordenaar terug na sy Jeep hardloop en teen ʼn hoë spoed wegjaag.”
Onthou jy nog daardie wedstryd?
Elke land het sy geskiedenis waaroor hy nie mag praat nie, en net so het elke rugbyspan ʼn wedstryd waaroor hy nie graag wil praat nie.
Vandag se sportnuus
Die Britse en Ierse Leeus speel vandag in hul laaste weekwedstryd van hul toer deur Nieu-Seeland.
[Resep] Maalvleis met lensies
ʼn Basiese maalvleismengsel is iets wat jy beslis in jou resep-arsenaal moet hê.