Fudge, sjokolade en koekies; wie kan dan nou nee sê?
Alles vir Donderdag 7 Desember 2017
Doodskis-twee hoor oor borgtog
Marius Coertze, regsverteenwoordiger vir Jackson en Oosthuyzen, het vroeër gesê die mans gaan die hof versoek om hulle op borgtog vry te laat hangende hul aansoek om verlof tot appèl teen hul vonnis.
Eskom: Guptas wil vrae vooraf sien
Die parlementêre ondersoek na Eskom is Donderdag uitgestel tot Januarie volgende jaar met ʼn onderneming dat die Gupta-broers en Ben Martins, die adjunkminister van openbare ondernemings, in die nuwe jaar voor die ondersoekkomitee sal verskyn vir ondervraging.
Video’s: Die vyf mooiste Kersfeesadvertensies
Waarskuwing: jy gaan dalk snesies nodig hê vir ʼn paar van die advertensies…
Foto’s: Die grootste oomblikke van ‘Afrikaans is groot’
Afrikaans ís inderdaad groot – of só sê die meer as 80 000 konsertgangers wat die Gautengse aflewering van dié konsertreeks bygewoon het.
Likiditeit vir Steinhoff ná hoof bedank
Die meubel- en huishoudelikegoederehandelaar Steinhoff het Donderdag gesê hy het belangstelling in die maatskappy ontvang wat ʼn minimum van €1 miljard (byna R16 miljard) likiditeit vir die maatskappy sal beteken.
ʼn Vreemdeling in jou eie land
ʼn Land kan nie behoorlik regeer word as ʼn regering nie bereid is om na al die landsbewoners te luister nie. En dit sluit die Afrikaner in.
Goeie nuus vir ‘Suidooster’-kykers
kykNET het Donderdag gesê dié besluit is gemaak op aandrang van die kykers.
Resep: Bunny Chow
Daar is min dinge so lekker soos ’n geurige Bunny Chow. Probeer dié een; heerlik en sonder té veel moeite.
Die uurglas loop vinnig leeg
Vandag, oor 651 dae, begin die Wêreldbekertoernooi van 2019 in Japan.
Soektog na vermiste Pta-vrou eindig tragies
Die soektog na ʼn vermiste vrou van Pretoria het tragies geëindig toe haar familie Woensdag, ʼn week nadat sy vir die laaste keer gesien is, haar erg beseerde liggaam in ʼn plaaslike lykshuis gaan uitken het.
Doodskis-video: Twee vandag weer in hof
Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuyzen (28), die mans wat skuldig bevind is op etlike aanklagte in die opspraakwekkende doodskis-saak, sal Donderdag weer in die Middelburg-hooggeregshof om borgtog aansoek doen.
Boek: Asterix en die groot moles
Het Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine verkoop?
Op reis deur Europa: Vincent
Hy was eens onbekend en onbemind. In sy lewe het hy net een kunswerk verkoop …
Juwelier weier replikas van Markle-ring
Die juwelier wat Meghan Markle se verloofring gemaak het, het gesê hy is sedert die verlowing oorval met versoeke vir replikas.
Nataniël bring hulde aan legendes
Dié Pretoriase konsert is volgens Nataniël die perfekte vertoning om ’n moeilike jaar te groet en die nuwe jaar, wat hopelik ’n tyd van vooruitgang en groter gemoedsrus sal bring, te verwelkom.
Esidimeni: Selebano ‘was bang’ vir LUR
“Dit was verkeerd van ons om nie ag te slaan op die waarskuwings nie, ons het dinge verskriklik verkeerd gedoen. Ons moes geluister het.”
Poetin weer beskikbaar vir herverkiesing
“Poetin se aankondiging bring ʼn einde aan angs en spanning in die samelewing.”
SA studente se oorskot uit Kuba gebring
Die liggame van die twee Suid-Afrikaanse studente wat in Kuba medies studeer het en die afgelope naweek daar in ʼn swembad verdrink het, gaan binnekort na Suid-Afrika teruggebring word.
Dol definisies – E en F
‘n Paar lawwe definisies