“Soos die gesegde lui, ʼn politikus hou sy oog op die volgende verkiesing, ʼn staatsman hou sy oog op die volgende geslag. Of Ramaphosa sal uitstyg tot staatsmanskap en ʼn samebindende nasionale leier sal word wat ook internasionale aansien geniet, sal net die tyd ons leer.”
Alles vir Vrydag 25 Mei 2018
Supersport se hoop op Bloem en Pretoria
Die hoop is op veral Bloemfontein en Pretoria gevestig om hoogtepunte in die volgende ronde van die Supersportreeks op te lewer.
Unieke konferensie: Is jou onderneming ‘staatsbestand’?
Op 5 Junie kom Afrikaanse sakelui in Pretoria saam vir ʼn belangrike strategiese gesprek: hoe om ondernemings staatsbestand te maak. Maroela Media-lesers kwalifiseer vir 50%-afslag om dit by te woon.
Klubrondomtalie: strawwe stryde in SWD
Die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga het van die strafste kragmetings in die jongste weekronde klubwedstryde opgelewer.
Skote klap toe Valke op ‘transitobende’ toeslaan
Vier verdagtes, wat moontlik met transitorooftogte verbind kan word, is Donderdagaand in Pretoria aangekeer ná ʼn skietgeveg in ʼn rustige woonbuurt.
Bekendstelling: Só lyk VW se nuwe handelsvoertuig
Sedert 1975 dien die VW Crafter as pakdonkie oor die hele wêreld. Die nuwe Crafter is die vierde weergawe en beweeg heeltemal weg van die ooreenkoms met Mercedes-Benz – dié Crafter is heeltemal nuut en 100% Volkswagen.
Die Grondkwessie sal bly – met of sonder die ANC
Die grondkwessie gaan lank nog ’n vraagstuk bly. Dit is uiters kompleks en waarskynlik nie iets wat die swakkerwordende ANC in sy tyd met sukses gaan oplos nie. Daarvoor is die party se bestuursrekord te wankelrig.
Een sterf ná skietery by taxistaanplek, nog 1 gewond
’n 31-jarige man het Donderdagaand gesterf toe ’n verdagte hom by die staanplek verskeie kere in die bolyf geskiet het waarna die verdagte op die vlug geslaan het.
Foto’s: ‘Mooiste’ agtjarige tweeling ʼn groot treffer
ʼn Identiese tweeling, Leah Rose en Ava Marie Clements, het sommer kort ná hul geboorte al komplimente gekry oor hul natuurlike skoonheid, maar hul ma het nie dié reaksie verwag van modelagentskappe en die publiek (positief en negatief!) nie.
Transitorowers slaan toe op nóg ʼn geldwa
“Daar word vermoed dat die verdagtes die pad weerskante van die misdaadtoneel afgesper het, aangesien daar geen voertuie verby die toneel gery het terwyl die rooftog aan die gang was nie.”
Video: Wat jy nié van Juanita geweet het nie
Juanita du Plessis verklap heelwat dinge wat aanhangers nié van haar weet nie: Wat maak haar bang? Waarvoor lag sy uit haar maag? En wat is daardie een gróót flater op die verhoog wat haar áltyd sal bybly?
Moets en moenies vir jou trourok
Moet jy jou trourok oor die internet bestel, dit eerder huur as koop, of na ander kleure as wit kyk? Diaan Daniels gee raad.
ANC-raadslid hoor oor borgtog ná aanranding
Lungisa is verlede maand skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy ʼn glasbeker oor die kop van Rano Kayser, die voormalige burgemeesterskomiteelid vir vervoer, stukkend geslaan het tydens ʼn chaotiese Nelson Mandelabaai-raadsvergadering in Oktober 2016.
Ons opponente speel in ons hande
Ons strategie is dus: Ons gaan voort om AfriForum se standpunt onomwonde te stel, veral wanneer ons vir kommentaar genader word. Ons sal egter nie op elke bedrieglike nuusberig reageer nie. Daarvoor vra ons die publiek se hulp.
Nuuskommentaar: Wag voor die mond én oor voor gevolgtrekking
Plaaslik onder meer die Ashwin Willemse-sage en internasionaal die afstel of hopelik net uitstel van vredesamesprekings toon hoe versigtig uitsprake in multikulturele omgewings gemaak moet word, maar ook hoe fyn luistervaardighede ontwikkel moet wees.
Tekenprent: Castle Lager en etikettering
Castle Lager het Maandagaand op sy amptelike Twitter-profiel aangekondig die maatskappy gaan “in die lig van onlangse gebeure” van die etiket op hul bier ontslae raak.
Verbruikersake: Ombudsman kry amper R200 miljoen vir verbruikers terug
Die ombudsman vir langtermynversekering het onlangs in sy jaarverslag bekend gemaak dat hy gedurende 2017 R193,3 miljoen vir verbruikers teruggekry het en vergoeding vir 150 klaers ter waarde van R531 429 beding het. Ina Opperman het na bepaalde klagtes wat in die jaarverslag genoem is, gaan kyk om te sien wat ons daaruit kan leer om probleme met langtermynversekering te voorkom.
SuperSport-voorval: Dít laat Willemse uitloop
ʼn Tegniese fout in SuperSport se ateljee en ʼn opmerking deur Naas Botha het glo daartoe gelei dat Ashwin Willemse tydens ʼn regstreekse uitsending uit die ateljee gestap het.
Resep: Paella
Dié geurige dis sal jou gaste behoorlik beïndruk.
Woord: knutsel
“Oupa knutsel graag met stukkies hout” Taaltoffie ondersoek die gebruik van dié woord