Die aktiviste meen die departement se besluit sal nie net Suid-Afrika se beeld skaad nie, maar ook “geblikte leeus se doodvonnis” beteken.
Alles vir Dinsdag 17 Julie 2018
Wanderlust: Hoofstuk 24
Bokkoors is ‘n nare siekte, skryf Koos Greeff.
Drie in hof oor wrede moord op bejaarde
John du Plooy (26), Shaun Oosthuizen (38) en Maryna Mandy Vorster (48) het in die hof verskyn in verband met die moord op Hetta Potgieter (85).
Die vyf beste studierigtings in SA
’n Onlangse navorsingsverslag toon dat studente in die IT-rigting se salarisse die vinnigste groei, dat al hoe meer studente in die ambagte- en beroepsopleiding kwalifiseer en dat studente met ’n BCom-graad in finansiële en bestuursrekeningkunde die maklikste werk kry.
Minister lê besoek af ná Palabora-mynramp
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, lê Dinsdag ʼn besoek af by die Palabora Mynmaatskappy se kopermyn in Limpopo nadat ses werknemers Sondag daar omgekom het.
Die blinde ryer Jacob se groot dag
Jacob Kruger, die blinde motorfietsryer, het vier rondes van die Red Star-renbaan voltooi en gaan hopelik aangeteken word in die Guiness Book of World Records.
Madonna en kinders besoek hospitaal in Malawi
Dié fasiliteit is deur die popster se liefdadigheidsorganisasie befonds en spog met die eerste suksesvolle skeiding van ʼn Siamese tweeling in dié Afrikaland.
Ses dood in Limpopo-myn: Name bekend
Die polisie het Dinsdag die name van die ses mynwerkers wat Sondagoggend in ’n brand by die Palabora-mynmaatskappy in Phalaborwa, Limpopo, dood is, bekend gemaak.
Rassie, vat raak met die jonges, nie oues nie
Dis die ou-ou storie: die drie belangrikste letters in rugby is WEN.
Wen: ‘Stroomop’-roman
Drie gelukkige lesers kan elkeen ʼn eksemplaar van die “Stroomop”-roman, geskryf deur Adeline Radloff, wen.
Man (80) kritiek ná aanval op plaas
Volgens die polisie het die man se vrou haarself toe in die badkamer toegesluit en met ʼn noodradio hulp ontbied.
Wen: Laat jou sintuie feesvier by Proe’toria
“Lekker musiek, smaaklike kos, goeie wyn en oulike kindervermaak word gekombineer by ʼn gewilde kuierplek in Pretoria.”
Moto GP: SA se Brad Binder wen eerste wedren in Moto2 klas
Suid-Afrika se Brad Binder het die naweek sy kontrak met die Moto2-span Red Bull KTM Ajo hernu en hulle daarvoor bedank met ’n sege in die wedren.
Ramaphosa oor VBS Bank: ‘Ons is skaam oor wat gebeur het’
“Die VBS-storie het ons almal geskok. Dit is regtig ʼn verbreking van die vertroue wat ons mense in ʼn finansiële instelling geplaas het. Dit is werklik ʼn jammerte, nie net vir die mense van Venda of Limpopo nie, maar die mense van Suid-Afrika as ʼn geheel.”
Resep: Sjokoladerisotto
Iets soets om jou deur die week te kry!
Foto’s: Zontes ZT 310-R – ’n Aantreklike alternatief
Op die South African Bike Festival vroeër vanjaar het Zontes die nuutste toevoeging tot die reeks bekend gestel en almal was dit eens dat die Zontes ZT 310-R ’n baie aantreklike fiets is.
Koningjagluiperdtweeling hou verjaardagpartytjie vir bewusmaking
“Daardie nag het ek gedroom die Here sê vir my: ‘Wat dink jy doen jy? Hoekom nou net die gesonde jagluiperd aanneem? Dink jy nie Ek kan die ander een gesond maak nie?’”
Blitsbokke: Bofbalveld sal aanpassings van sewesspanne verg
Natuurlik sal dit vir al die spanne ʼn aanpassing wees, maar die AT&T-veld waarop die vierjaarlikse Sewes-Wêreldbekertoernooi die naweek beslis word, sal tog verskillende (individuele) aanpassings deur elk van die 24 spanne in die toernooi noodsaak.
Jhb-paaie gesluit vir Obama se besoek
Veiligheid is verskerp en paaie rondom Wanderers in Illovo, Johannesburg, is gesluit in voorbereiding vir Barack Obama, die voormalige president van die VSA, se 16de Nelson Mandela-lesing.
Life Esidimeni: ‘Beamptes moet uit hul eie sakke betaal’
“Dié stappe sal verseker dat beamptes wat in die tragedie geïmpliseer is gedwing word om in hul persoonlike hoedanigheid ʼn deel van die R159 miljoen bemiddelingsbedrag wat aan die familielede van die pasiënte toegestaan is, te betaal.”