Twee ervare stutte en ʼn Bokkaptein is die drie Springbokke met toetservaring wat weens hul beserings nie in die afgelope vier toetse kon speel nie, maar nou na die Springbok-oefenkamp in Stellenbosch genooi is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 17 Julie 2018
Onteiening sonder vergoeding: Openbare verhore in KZN
Openbare verhore of grondonteiening sonder vergoeding moet voortgaan, begin Woensdag in KwaZulu-Natal.
Uitspraak oor skoolinfrastruktuur uitgestel
Uitspraak in Equal Education se saak teen die minister van basiese onderwys oor die norme en standaarde vir skoolinfrastuktuur, is Dinsdag in die hooggeregshof in Bhisho in die Oos-Kaap uitgestel.
Publiek se hulp gevra drie jaar ná man in Houtbaai sterf
Die provinsiale speurspan van die polisie in die Wes-Kaap het die publiek se hulp gevra vir inligting ná ʼn man se liggaam in 2015 by Sandy Bay naby Houtbaai gevind is.
Belangrike nuwe wet sal alle sake-ondernemings raak
Die Wysigingswetsontwerp op Mededinging is ‘n uiters omvattende en belangrike stuk wetgewing wat betrekking het op elke sake-onderneming en wat versigtig en in besonderhede deur alle sakelui bestudeer moet word.
Dié Vrystaat-munisipaliteite binnekort sonder elektrisiteit
“Die munisipaliteite het nie hul betalingsooreenkomste nagekom nie en Eskom het dus geen ander opsie as om kragtoevoer te onderbreek nie.”
Uitslag van Gauteng-skoolplasings dan beskikbaar
Die departement van onderwys in Gauteng het bekend gemaak wanneer ouers, wat tydens die aansoekperiode (16 April 2018 – 28 Mei 2018) aansoek gedoen het vir hul kinders wat volgende jaar in graad 1 of graad 8 is, inligting oor die plasing sal ontvang.
Transnet-pensioenarisse: Hoë sterftesyfer wys ʼn skikking is nou broodnodig
Byna 21 000 pensioenarisse en hul gades het reeds in haglike omstandighede in die laaste 60 maande sedert die geding ʼn aanvang geneem het, gesterf.
ToekomsVenster: As julle glo
Miskien is dit meer gepas om soos die dissipel te bid: ek glo Here, kom my ongeloof tegemoet. Dus volgende keer as jy vra, vra in die geloof.
Life Esidimeni: DA doen dié stappe om geld te verhaal
“Ons dring aan dat Mahlangu en ander senior beamptes direk betaal vir hul opsetlike kriminaliteit wat tot die enorme lyding van kwesbare persone en 144 sterftes gelei het.”
Die wêreld in foto’s – 17 Julie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Pta-Oos-kragkrisis: Kabeldiefstal kniehalter herstelwerk
Tussen kabeldiefstal en tegniese probleme spook tegnici van die Tshwane-metro om volle kragtoevoer te herstel na gedeeltes in die ooste van die stad.
Bekendes by Obama-lesing
Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, en die Suid-Afrikaans gebore Hollywood-ster Charlize Theron is by die geleentheid opgemerk.
Reusestaking in klerebedryf sluimer
Die huidige situasie hou in dat 60 000 werkers in die klerebedryf moontlik op ʼn loonstaking kan gaan.
Só lyk Demi-Leigh se sportster-kêrel
“Ek is gewoonlik baie privaat met hierdie soort dinge, maar ek is baie dankbaar.”
Twee beseer toe werker waterpyp raaksteek
“Die werker is deur die waterstroom agteroor geslinger en het ’n ent verder te lande gekom,” het ʼn woordvoerder van die nooddienste gesê.
Vrou oorleef ʼn week op strand na motorongeluk
“Sy sou partykeer op die strand slaap en dan in die nag wakker word omdat die branders haar tref.”
Marlize se breinoperasie ʼn sukses: ‘Ons dank die Here daarvoor’
“Sy sê ook vir my sy weet wie haar gesond gemaak het en dat sy deurentyd met die Here gepraat het. Sy weet haar genesing kom van Hom af.”
Groep vriende deur gewapende mans in huis oorval
Volgens die polisie was die vriende in die sitkamer besig om televisie te kyk en te kuier toe vier mans, twee met pistole gewapen, die vertrek binnegestorm het.
Jong boer onder lem ná kleinhoewe-aanval
Matthew Joubert, die jong boer wat verlede week op ʼn kleinhoewe buite Pretoria geskiet is, moes Maandag sy 20ste verjaardag vier, steeds met ʼn koeël wat in sy borskas vassit en baie pyn veroorsaak.