Die ANC het ʼn wyk in Limpopo by die DA afgeneem en die DA het twee ander (in Mpumalanga en die Vrystaat) gemaklik behou in vandeesweek se munisipale tussenverkiesings.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 Julie 2018
Hiér is nuwe ANC-leierskap in Gauteng
Die ANC in Gauteng se provinsiale konferensie is tans in Irene in Pretoria aan die gang.
Lions se pak en Jantjies verseker Super-halfeindstryd
ʼn Goeie losskakel agter ʼn goeie pak voorspelers was nog altyd ʼn wenresep.
Hoekom die Wes-Kaap nie kan afstig nie
Daar was vandeesweek ietwat van ʼn knuppel in die politieke hoenderhok toe die selfverklaarde “koning” Cornelius III ʼn vlag gehys het by die parlement en vir pres. Cyril Ramaphosa “kennis gegee het” tot Maandag om Tuynhuys in die parlementêre kompleks te ontruim.
Jeuglid met terugkeer van ANC-konferensie doodgeskiet
Die 29-jarige verdagte het homself by die polisie oorgegee.
Woolworths skerp veiligheid op ná bomdreigemente
“Klante sal wel van nou af opmerk dat bykomende veiligheidswagte in uniform geklee in al ons KwaZulu-Natalse winkels ontplooi is. Ons het ook ʼn nuwe soekproses ingestel vir veiligheid en beskerming.”
Topvyf by ANC se KZN-konferensie bekend
Die finale uitslae van die topvyf leierskapsposisies by die ANC se KwaZulu-Natal-konferensie is bekendgemaak.
Egpaar ure lank op plaas aangehou
Die egpaar was in hul slaapkamer toe hulle gesien het hoe ʼn man die slaapkamervenster breek en inklim. Terselfdertyd het nog drie aanvallers die slaapkamerdeur oopgebreek en ingestorm.
‘SAID-ondersoek en Moyane-verhoor mag nie saam plaasvind’
Dali Mpofu, regsverteenwoordiger van die geskorste inkomstediens-baas, Tom Moyane, het Saterdag aangevoer dit is onregverdig dat die dissiplinêre verhoor teen Moyane en die Nugent-kommissie se ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) tegelykertyd plaasvind.
Dogter ná pa se wrede moord: ‘Ek is nie kwaad nie’
“My pa was iemand wat altyd probeer het om ander te help. Hy sou eerder vir ʼn week self loop sodat hy vir iemand anders petrolgeld kon leen. Dit was net wie hy was. En dit het hom op die ou end sy lewe gekos.”
Makhura meen DA ‘probeer net ANC namaak’
David Makhura, premier van Gauteng, het Vrydag gesê die “giftige koalisie” tussen die DA en die EFF is ʼn desperate poging van die opposisiepartye om beheer van Gauteng by ʼn “hernude” ANC af te neem.
Kwarteindstryd: Sharks trap toe vroeg al klei teen die Crusaders
Klop die Crusaders en wen vanjaar se Superrugbyreeks.
Foto’s: 17 sterf toe boot tydens plesierrit omslaan
Nege oorledenes was lede van dieselfde familie wat dalk nooit op dié bootrit sou gewees het as dit nie vir ʼn misverstand met hul kaartjies was nie.
Een sterf toe motor, vragmotor bots
Een mens is dood en nog twee beseer nadat ʼn motor en ʼn vragmotor Vrydagaand op die N12 in Fochville, Gauteng, in ʼn grusame botsing betrokke was.
Geliefde pastoor doodgeskiet
ʼn Pastoor van Mosselbaai in die Wes-Kaap is dood nadat hy Saterdag in die vroeë oggendure koelbloedig geskiet is.
Raad wil openbare vervoer tot noodsaaklike diens verklaar
Volgens die vakbond is die aansoek ingedien om werkers in dié sektor te verhoed om op ʼn beskermde staking te gaan.
Dié strate in Centurion môre gesluit
Die strate wat geraak word sal vanaf 04:00 tot 18:00 gesluit sal wees.
Blitsbokke: Goeie wegspring in die Wêreldbekertoernooi
Dít het Ierland darem nie in die eerste wedstrydronde van die Sewes-Wêreldbekertoernooi verwag nie.
Baba in waakeenheid ná kokende olie op haar val
“Jaydené het heelpad na die hospitaal geskree. Ek het probeer om haar kalm te kry en haar aandag af te trek, maar was self so gespanne en wou haar net by die hospitaal kry.”
20 beseer, 3 kritiek toe taxi rol
“Verskeie mense is gevind waar hulle oor die toneel verspreid gelê het, terwyl een insittende steeds in die wrak van die voertuig vasgekeer was.”