Die lang messe is uit in politieke partye namate die spertyd vir die indiening van kandidaatlyste vir vanjaar se verkiesing nader kom.
Lees meerAlles vir Donderdag 28 Februarie 2019
Makhura verwerp DA-aantygings oor Esidimeni-vergoeding
David Makhura, premier van Gauteng, het Donderdag gesê hy verwerp die “leuens wat deur die DA versprei word” wat betref die vergoedingsbetaling aan 365 Life Esidimeni-eisers.
Mbalula was glo ontsteld oor Guptas-aanstelling
“Mbalula het dié onthulling gemaak en ek dink dit was kritiek op die manier hoe hy in kennis gestel is van die beoogde aanstelling en hy was ontsteld daaroor. Hy het gesê hulle het hom laat weet hy sal minister word, en daarna is hy as minister aangestel.”
Kabinet se taakspan oor Eskom het opdraande pad voor
Die regering se poging om die kragvoorsiener Eskom reg te ruk, het hierdie week onder leiding van adjunkpresident David Mabuza begin.
Skolier gevonnis oor onnie se moord
Die tiener is in hegtenis geneem nadat hy sy 24-jarige onderwyser in die klaskamer met ʼn mes doodgesteek het.
Wapens by Kaapstad-hoërskool gekonfiskeer
Die polisie het Donderdag beslag gelê op ʼn verskeidenheid van onwettige items tydens ʼn soektog by Woodlands High School in Mitchells Plain, Kaapstad.
ANC verwerp ‘korrupte’ GladAfrica-skikking
Die opposisie ANC in Tshwane het Donderdag burgemeester Stevens Mokgalapa se skikking met die ingenieursmaatskappy GladAfrica verwerp wat ʼn onreëlmatige kontrak met die stad aangegaan het.
Sekondêre Amcu-staking deur arbeidshof opgeskort
Die arbeidshof het ʼn beplande sekondêre staking deur Amcu opgeskort hangende ʼn uitspraak oor Lonmin se aansoek om ʼn interdik te bekom.
ToekomsVenster: Jesus word in Nasaret verwerp
Vreemd hoedat ʼn mens die getuienis van ʼn vreemdeling eerder sal aanvaar as die van iemand wat aan jou bekend is.
Sesde skoolseun vas ná moord op video
ʼn Ontstoke skare buite die hof het daarop aangedring dat geregtigheid moet geskied.
McBride se doppie geklink
Genl. Bheki Cele, die minister van polisie, het aanbeveel dat McBride as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat vervang moet word.
‘Kinders moet skerms los en eerder bome klim’
“Dit is soveel makliker om in te gee en die moontlikheid dat elektroniese toestelle kinders se vermoë om te leer kelder, te ignoreer.”
Skok wag by petrolpompe
Stygende internasionale oliepryse het tot gevolg dat Suid-Afrikaners in Maart aansienlik meer by die petrolpompe sal moet opdok.
Hiér is kortlys vir SAUK-raadslede
ʼn Kortlys van 24 kandidate is opgestel om die vakatures in die SAUK-raad te vul.
Leon van Nierop se resensie: Little Italy
Die storie sal geen eise aan jou logika stel nie. Twee pizzawinkels/restaurante in New York se Little Italy kompeteer teen mekaar. Dit plaas natuurlik erge druk op die families om te bewys wie die beste is en wie die meeste kliënte kan trek.
Trevor Manuel: ‘Zuma het kabinet laat ontplof’
“Byna elke posisie het ʼn adjunkminister gehad met sommiges wat sommer twee adjunkministers gehad het. Daar was geleentheid vir begunstiging toe die kabinet só uitgebrei is en die manier waarop dit gedoen is.”
Nuwe landbounetwerkorganisasie wil familieboere bystaan
Die Suider Afrika Agri Inisiatief (Saai), ’n landboubelangenetwerk vir boere deur boere, is vandag in Pretoria bekendgestel.
Nuwe inligting bekend oor rondloperleeu
Van der Walt het gesê sy spanne het reeds in klowe asook teen steil, rotsagtige heuwels en op bergtoppe gesoek.
Marx is die nuwe Mufasa
Malcolm Marx sal die kapteinsarmband teen die Bulls dra.
Leon van Nierop se resensie: The Lego Movie 2
Om die Lego-blokkies, waarmee hulle elke dag speel, skielik te sien lewe kry, is seker reeds die prys van ʼn toegangskaartjie werd.