“Misdadigers moet weet dat ʼn aanval op ʼn polisiebeampte ʼn aanval op die land is.”
Alles vir Dinsdag 22 Desember 2020
Magashule hét onreëlmatig by Vrede-suiwelprojek ingemeng – OB
Luidens die OB se jongste verslag word bewerings dat die Vrystaatse provinsiale regering politieke betrokkenheid by die Vrede-suiwelprojek gehad het, gestaaf.
Luister: Griekwagebed – Psalm 91
Kom luister saam na “Psalm 91”, ʼn Griekwagebed uit “Innie Skylte vannie Jirre”. Dit is deur Hans du Plessis geskryf en word deur Veronica Geldenhuys voorgelees.
Só lyk die weer vir Kersdag
Die Kersweek skop in die meeste dele van die land met goeie reën af.
Koning Kallis glip deur KSA se vingers
Jacques Kallis is deur Engeland vir die reeks teen Sri Lanka nadergetrek. En in die huidige administratiewe warboel waarin Krieket Suid-Afrika hom bevind, het die veelsydige ster waarskynlik ’n slim skuif gemaak.
Namakwastories: ‘Ek het da’ die djirretjie so lief’
Luister hier na Johny Klein se vertelling van “Ek het da’ die djirretjie so lief” deur Jan C van Wyk. Dit verskyn in “Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland”.
ʼn Eerste keer vir nuwe ‘Survivor SA’-reeks
Die nuwe Survivor SA-reeks is vir die eerste keer plaaslik verfilm.
Strande: Hofaansoek aangehoor, Dlamini-Zuma staan dit teen
Dlamini-Zuma voer onder meer in haar beantwoordende verklaring aan dat om op die strand te wees beteken nie noodwendig dat daar net geswem en gesonbrand word nie.
Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Resep: Geroosterde uieslaai met kruisement-jogurt-slaaisous
Hierdie is nie jou gewone mengelslaai nie – dit het behoorlik skop!
Boek: Bitterbosbende (deel drie) – ‘Die grafsangers’
Die Bitterbosbende wil in die skoolkoor sing, maar sal meneer Louw hulle met ope arms ontvang ná alles wat by die kamp op Woestewaters gebeur het?
Gedagte vir die dag: Hy is elke dag by jou
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1)