Die Wes-Kaapse premier het tydens sy onlangse besoek aan die VSA gesê sy provinsiale regering is skerp gekant teen die Russiese inval van Oekraïne en dat die provinsie bande met die VSA wil versterk.
Alles vir Donderdag 22 Junie 2023
Swanger ma se reëls voor jy baba mag ontmoet
ʼn Swanger ma se reëls voor jy haar baba mag ontmoet laat die wenkbroue lig.
Parys-beraad soek internasionale finansiële hervorming
Ekonomieë moes die afgelope paar jaar verskeie skokke te bowe kom: die Covid-19-pandemie, Rusland se inval van Oekraïne, stygende inflasie, skuld en die toenemende koste van omgewingsrampe wat deur aardverwarming vererger word.
Wiele2Wiele leer meer oor waterstof-boot
Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die Energy Observer-katamaran wat selfonderhoudend is wat energie betref en gebruik maak van Toyota se brandstofseltegnologie. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se nuwe Fortuner en gaan ry met BMW se elektriese iX3.
Berugte Safari Rally Kenia skop af
Die berugte Safari Rally Kenia, bekend as een van die moeilikste byeenkomste in motorsport, vind van vandag af in Nairobi plaas.
Spertyd verleng vir aansoeke by Gautengse skole
Die provinsiale onderwysdepartement het nou meer as 400 000 aansoeke suksesvol verwerk.
Vermiste Titan: enkele ure se suurstof oor
Reddingswerkers, wat hulp van oor die hele wêreld ontvang het, skat dat passasiers dalk Donderdagoggend sonder suurstof kan raak.
Só lyk groepe vir Kampioenebeker- en Uitdaagbeker-reekse
Die lotings vir die Europese Kampioenebeker- en Uitdaagbeker-reekse is bekend gemaak.
Twee vas wat glo vrag sojabone buit
Volgens die polisie is die sojabone na raming R450 000 werd.
Monsteragtige’ bendegeveg eis 46 in vrouetronk
“Mense sê hulle het gehoor hoe hulle [die vroue] skree dat die hekke oopgesluit moet word.”
Boekresensie: ‘Decima’ deur Eben Venter
Die teks word ʼn web, vernuftig gespin uit vertellings uit verskillende oogpunte, persoonlike vinjette en daarby ʼn sweem van die fabel waarin diere aan die woord kom.
Venus kry uitnodiging na Wimbledon
Venus Williams het Maandag – ná vyf maande wat sy buite aksie was weens ʼn besering – haar staal gewys toe sy die Italianer Camila Giorgi by die Birmingham Classic met drie stelle geklop het.
Hoe die appèlhof verkeerd is in die ou vlag-uitspraak
Selfs belangriker – spraak kan aanstootlik, kwetsend, ongemaklik wees en ons gevoelens seermaak, maar dit is nie wat die Grondwet verbied nie.
Rasse-ingenieurswese moet stopgesit word
Die Wetsontwerp op Nasionale Identifikasie en Registrasie verteenwoordig die dun rand van die wig van hierdie regering se begeerte om meer doelgerig by rasse-ingenieurswese betrokke te raak.
Sekularisme se nuwe waarheid van emosiokrasie
Emosiokrasie se krag hang veral af van hoeveel geraas en lawaai dit op sosiale media veroorsaak omdat dit emosie opwek vir of teen die onderwerp.
Hoogswanger vrou deur kleuterseun doodgeskiet
ʼn Swanger vrou en haar ongebore kind is verlede week in die Amerikaanse deelstaat Ohio dood nadat haar tweejarige seun haar in die rug geskiet het.
TMPD: ‘Misdadigers kan nie dien’
Daar is vroeër bekend gemaak meer as 50 TMPD-beamptes sal binne die volgende twee maande afgedank word weens onder meer bedrog en afpersing.
Hoe sien God kinders?
ʼn Gemeenskap wat kinders insluit en waar kinders veilig is en gerespekteer word, voer God se liefdesopdrag uit.
Twee kinders brand dood in woonstel
“Die kinders, vermoedelik tussen vyf en sewe jaar oud, was alleen en toegesluit in die woonstel.”
Duitse hof reik lasbrief vir Markus Jooste se inhegtenisneming uit
ʼn Duitse hof het ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Markus Jooste, voormalige hoof van Steinhoff, uitgereik nadat hy versuim het om vir die begin van sy verhoor op te daag.