Al soek mens deesdae op talle antropologiese wêreldkaarte verniet na sommige bekende Suid-Afrikaanse stede, is daar altyd beeldryke Afrikaanse name, soos Haasgat, Kromdraai, Swartkrans en Sterkfontein. Hoekom is wetenskaplike oë op hierdie plekke vasgenael? Die rede is: Die voorouers van alle mense het miljoene jare gelede die son hier sien opkom – noord van Krugersdorp, in die wêrelderfenisterrein bekend as die Wieg van die Mens.
Alle stories op Maroela Media
15 November 2011
“Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder ‘n volk; dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here…
Zuma se woordvoerder wil bloed by private laboratorium laat toets
Die presidensiële woordvoerder, Zizi Kodwa, het ʼn formele aansoek ingedien vir die vrystelling van sy bloedmonsters wat deur die Rosebank-polisiekantoor geneem is.
Willem Louw se tamatiebredie
‘n Heerlike tamatiebredieresep.
Vrou gevonnis wat glo oud-Blou Bul wou vermoor
Manda Reyneke, wat daarvan beskuldig is dat sy twee mans gehuur het om die oud-Blou-Bul-rugbyspeler, Deon Helberg, te vermoor is Maandag in die Pretoriase streekshof gevonnis.
Gospelsangeres kry borg na beweerde aanranding
ʼn Gospelsangeres is Maandag op borgtog van R500 vrygelaat in die Butterworth landdroshof in die Oos-Kaap nadat sy in hegtenis geneem is op aanklag van aanranding.
14 November 2011
“‘n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede; ‘n wyse mens kry die dwaas naderhand gekalmeer.” (Lees Spreuke 29) Wyse mense het selfbeheersing, dwase mense…
Oor gemeenskap, gesprek en geskiedenis
“Mense onderskat die waarde van gesprek” het iemand eenkeer vir my gesê en ek moes eers bietjie ouer word om dit te verstaan, te verstaan dat die toekoms van ‘n volk deur gesprek bepaal word, veral in ‘n wêreld waar die praktiese dikwels teen die intellektuele gesprek afgespeel word.
Staan op Suid-Afrika
Winterskind Toe Chris en Heidi Winterskind mekaar agt jaar gelede ontmoet het dit ‘n tweegesprek ontketen wat tot een van Suid-Afrika se opwindendste nuwe duo’s…
JHB-voertuigtoetsstasie gesluit na vrou sterf
ʼn 29-jarige vrou is Maandagoggend dood by die Martindale-voertuigtoetsstasie in Johannesburg, waar sy as ʼn kassier gewerk het.
Nuuskommentaar: Hoekom kry diktators en politieke boewe steun?
Malema is lank nie op sy bek geval na sy skorsing nie, en is waarskynlik volkome oortuig daarvan dat hy gaan seëvier en Zuma in die slag gaan bly.
Identikits van jong ma se beweerde moordenaars uitgereik
Die polisie het identikits uitgereik van die twee mans wat glo verlede week Chanelle Henning in Faerie Glen, oos van Pretoria, doodgeskiet het.
kierang
Ingrid Jonker skryf, “Jy het my gekierang Dolie, jy het my gefop” Wat beteken “kierang”?
Humphrey die seekoei byt eienaar dood
ʼn Bekende wildboer van Orkney, Marius Els, is Saterdagaand deur sy mak seekoeibul, Humphrey, doodgebyt.
Ses kinders sterf in gru-ongeluk
Ses kinders is Sondag in ʼn gru-ongeluk dood toe die bussie waarin hulle gery het teen die pilaar van ʼn brug in Meyerton gebots het.
Oud-Springbok glo vermoor
Die voormalige Springbok-losvoorspeler, Solly Tyibilika, is glo Sondagmiddag in Kaapstad doodgeskiet.
Seekoei byt man dood in Nwes
ʼn 52-jarige man is Saterdagaand deur ʼn seekoei doodgebyt by ʼn reservaat buite Klerksdorp in Noordwes.
Foto’s: Duisende wys steun vir Pretoria by AfriForum-musiekfees
Meer as 30 000 mense het Saterdag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hul steun vir die behoud van Pretoria se naam en die Voortrekkermonument te wys.
Bekende krieketskrywer het glo selfmoord gepleeg
Die bekende krieketskrywer Peter Roebuck, wat Saterdagaand dood gevind is in ‘n hotel in Claremont in Kaapstad, het glo selfmoord gepleeg.
13 November 2011
“Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. (Lees Spreuke 28) Hierdie…