Met bekendes soos Henriëtta Gryffenberg en Marie Pentz kan jy tydens Aardklop met Gepiekel verseker wees van ʼn verhoogstuk van hoë gehalte.
Alles deur die skrywer Burger Meyer
Video: Dowwe Dolla moet óók belasting betaal!
Is jy raadop met jou belastingvorms? Geen probleem nie: Dowwe Dolla het vir jou raad!
Video: Cancer.vive; meer as 2 300km in 10 dae
ʼn Groep motorfietsryers het Vrydag op ʼn 10-dag lange reis vanaf Pretoria Girls High vertrek as deel van die jaarlikse Cancer.vive-toer.
Foto’s: 8ste Africa Aerospace and Defence-lugskou groter as óóit
Die agtste African Aerospace and Defence-lugskou en ekspo (AAD-lugskou) is hierdie week by die Waterkloof Lugmagbasis gehou.
Jaco Jacobs oor Suurlemoen – Die film
As jy ʼn aanhanger van die jeugboek Suurlemoen was, kan jy gerus die fliek gaan kyk wat op dié boek gebaseer is.
Puk spog met 5 Pendoring finaliste
Die finaliste vir vanjaar se Pendoring-reklametoekennings is bekend gemaak en van die 18 finaliste in die studente-kategorieë spog die Noordwes Universiteit met vyf studente wat deurgedring het tot die eindrondte van dié spog geleentheid.
Video: 2014 Silwerskermfees hoogtepunte
Die 2014 kykNET Silwerskermfees het die naweek tot ‘n einde gekom en was ʼn groot sukses. Maroela Media was daar tydens die fees en het ʼn video van ʼn paar hoogtepunte van die fees saamgestel: kuier saam!
Die Windpomp wen groot by Silwerskermfees
Die 2014 kykNET Silwerskermfees het Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Kampsbaai die beste rolprente en kortfilms met toekennings vereer.
Silwerskermfees: Windpomp-regisseur gesels oor benoemings
Die rolprent Die windpomp is in nege kategorieë genomineer by vanjaar se Silwerskermfees en Maroela Media het met Etienne Fourie, regisseur en skrywer van die fliek, gesels oor wat dié benoemings vir hom beteken.
Silwerskermfees: Vuil Wasgoed
Die kortfilm Vuil Wasgoed wat tydens die 2014 Silwerskermfees te sien is, is geskryf deur Bennie Fourie en vervaardig deur Bouwer Bosch. Maroela Media het met hulle daaroor gesels.
Video: Joost het groot planne
Joost van der Westhuizen is drie jaar gelede met motorneuronsiekte gediagnoseer en nou wil hy graag fondse insamel om ʼn sentrum vir neuron-degeneratiewe siektes op te rig.
Video: Nataniël-kortfilm betower by Silwerskermfees
Nataniël is te sien in die kortlfilm, ‘Almon Henry’, waarvan hy ook die draaiboek geskryf het. Die kortfilm is by vanjaar se Silwerskermfees te sien.
Room van die rolprentbedryf by Silwerskermfees
Die jaarlikse kykNET Silwerskermfees skop hierdie week af en dit lyk of die Afrikaanse rolprentbedryf weer sy beste voetjie gaan voorsit.
Video: Ons monde sal nie gesnoer word nie, sê PUK-studente
Dan Kgwadi, visekansellier van die Noordwes-Universiteit, het Donderdag tydens ʼn studente-optog gesê hy verwelkom die feit dat studente hul stem laat hoor en dat hy opgewonde is om met hulle in gesprek te kan tree.
Video: Só vier PG du Plessis sy verjaarsdag!
Die bekroonde skrywer PG du Plessis het sy 80ste verjaarsdag saam met ʼn paar bekendes en aanhangers tydens ʼn spesiale verjaarsdagkonsert gevier.
Maroela Media verras dagsorgsentrum
Maroela Media het op 26 Junie elke kleuter by die Teletubbies-dagsorgsentrum in Pretoria-Noord verras met ‘n geskenkpakkie.
Video: Die “nuwe” Koöperasiestories
PG du Plessis se nuwe televisiereeks Pandjieswinkelstories is eersdaags op die kassie te sien.
Vier saam met PG du Plessis sy 80ste verjaarsdag!
ʼn Spesiale verjaarsdagkonsert word in Julie by die Atterbury Teater in Pretoria gehou om die legendariese skrywer, PG du Plessis, se 80ste verjaarsdag te vier.
Rooftog by Cradlestone-winkelsentrum
Ongeveer tien rowers het vanoggend op ʼn winkel in die Cradlestone-winkelsentrum naby Krugersdorp toegesak en juweliersware gesteel.
Eskom: kragnetwerk is stabiel
Eskom het ʼn versoek gerig dat mense wat probleme met hulle kragtoevoer ondervind, hul munisipaliteit se dienssentrum moet kontak omdat daar nie fout met Eskom se toevoer is nie.