Wat gebeur in jou kontrei? Hier is ʼn paar interessante geleenthede wat jy kan bywoon!
Alles deur die skrywer Burger Meyer
Luister: Helena Spring gesels oor 18 Safta-nominasies en plaaslike rolprentbedryf
Die nominasies vir die Suid-Afrikaanse film- en televisietoekennings (Safta’s) is onlangs bekendgemaak en die rolprente Hard to get en Faan se trein is altesaam 18 keer genomineer.
Foto’s: Skynoorlog van die Slag van Majuba
Mense dwars oor Suid-Afrika het die afgelope naweek bymekaargekom om die Slag van Majuba te herdenk. Meer as 40 mense het in Volksrust, Mpumalanga, deelgeneem aan ʼn skynoorlog gebaseer op die gebeure van die Slag van Majuba terwyl talle mense toegekyk het.
Video: Shaleen Surtie-Richards gesels oor ‘Siener in die Suburbs’
PG du Plessis se alombekende Siener in die Suburbs kry vanjaar nuwe lewe op die verhoog by die US Woordfees. Shaleen Surtie-Richards vertolk in hierdie splinternuwe weergawe
Luister: Dít is wat jy van vanjaar se Ghoema’s kan verwag
Die jaarlikse Ghoema Afrikaanse-musiektoekennings word vanjaar vir die vierde keer aangebied. Dié spoggeleentheid vind by die Staatsteater plaas.
Video: 5 vrae aan Piet Byleveld
Het jy al ooit gewonder wat veroorsaak dat iemand ʼn reeksmoordenaar word of hoe Piet Byleveld dit sou hanteer indien hy by die Oscar Pistorius-saak betrokke was? In hierdie video beantwoord Piet Byleveld hierdie vrae en nog meer.
Luister: Sharoney gesels oor haar Ghoema-nominasies
In ons Fairytale is Sharoney se debuutalbum, maar sy het reeds twee Ghoema-nominasies daarvoor ontvang
12 Safta-nominasies vir Deon Opperman se ‘Donkerland’
Die uitblinkers in die Suid-Afrikaanse film- en televisiebedryf word jaarliks met ʼn Suid-Afrikaanse film- en televisietoekenning (Safta) bekroon en die Afrikaanse televisiedrama Donkerland het 12 benoemings ontvang.
PG du Plessis se ‘Siener’ kry nuwe lewe by die Woordfees
Die alombekende verhoogstuk Siener in die suburbs uit die pen van PG du Plessis gaan vanjaar met ʼn splinternuwe rolverdeling by die Woordfees te sien wees.
‘Birdman’ en ‘Grand Budapest Hotel’ ryg die Oscars in
Die wenners van die 2015 Oscar-toekennings (Academy Awards) is vanoggend by die Dolby Theatre in Hollywood, Kalifornië aangekondig en dit is geen verrassing nie dat die unieke rolprent Birdman met vier Oscars weggestap het.
Luister: Stef Bos kaalvoet in Pretoria
Die Nederlandse sanger Stef Bos sluit sy toer Mooie Waanzinnige Wêreld in Pretoria af en hy gaan boonop by dieselfde geleentheid sy nuwe album Kaalvoet bekendstel.
Gratis loopbaanadvies by Maties-opedag
Die Universiteit Stellenbosch (US) se opedag is die ideale geleentheid waar Graad 11- en 12-leerders alles kan uitvind oor universiteitstudie, loopbaankeuses, beurse, lenings en die studentelewe. Die opedag vind op 28 Februarie tussen 09:00 en 16:00 by die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse plaas.
ʼn Stukkie Frankryk in Harties
‘n Stukkie van Frankryk was hierdie naweek in Noordwes te sien toe die regisseur Paul Krüger ʼn replika van die slotbrug en “I love you”-muur van Parys, Frankryk bekendgestel het in Hartbeespoort.
Neem deel aan Majuba- en Slagtersnek-herdenkings
Majubadag het sy naam te danke aan die Boere se oorwinning tydens die Slag van Majuba in 1881, te midde van die Eerste Vryheidsoorlog. Dié dag word steeds jaarliks by die Majuba-gedenkplaas naby Volksrust gevier, en vanjaar is geen uitsondering nie.
Wen ʼn DVD van Leading Lady!
Hier is vir jou goeie nuus indien jy die skreeusnaakse fliek, Leading Lady, op die grootskerm misgeloop het of dalk die fliek weer en weer wil kyk: die DVD is nou beskikbaar!
Hier is die 2015 Ghoema-nominasies
Die nominasies vir die Ghoema Afrikaanse-musiektoekennings vir hierdie jaar is bekend gemaak.
Luister: Kom slyp jou skryftalent
Maroela Media gesels met Professor Bernard Odendal, die direkteur van die ATKV-Skryfskool, oor die Herfs-skryfskool wat by die Noordwes-Universiteit aangebied word.
Wen dubbelkaartjies na Kaleidoskoop
Hierdie kompetisie is gesluit. Die musiekgroep Kaleidoskoop is op 14 Februarie om 19:00 by die Aula Teater in Pretoria te sien. As jy nog nie planne vir Valentynsdag het nie, is dié geleentheid perfek .
Toer plaas Piet Byleveld onder die vergrootglas
ʼn Vraag-en-antwoordtoer, Piet Byleveld onder jou vergrootglas, met die bekende baasspeurder Piet Byleveld word op 5 Maart in die Atterbury Teater in Pretoria aangebied.
Suid-Afrikaner stap weg met ʼn Grammy
Die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, Wouter Kellerman het gister tydens die 57ste Grammy-toekennings weggestap met die prys vir die beste New Age-album van die jaar, Winds of Samsara.