Huisgenoot-Skouspel, die gewilde Afrikaanse musiekkonsert wat die afgelope 15 jaar by Sun City gehou is, word vanjaar in die FNB-stadion in Johannesburg aangebied as SuperSkouspel.
Alles deur die skrywer Burger Meyer
Wen: Ballade vir ʼn Enkeling op DVD
Hierdie kompetisie is gesluit. Die fliek, Ballade vir Enkeling, word op 26 Junie op DVD uitgereik en vyf gelukkige Maroela Media Lesers kan elk een van dié DVD’s wen.
Foto’s: Première van Hollywood in my Huis
Die première van die nuwe plaaslike rolprent Hollywood in my Huis is gisteraand in Johannesburg gehou. Christia Visser, Edwin van der Walt, Leandie du Randt, Louw Venter en Nicola Hanekom wat almal in die fliek te sien is, het die geleentheid bygewoon.
Video: Bloed help jong fiksheidsinstrukteur se lewe red
Matt Lathan, ’n 26-jarige fiksheidsinstrukteur van Johannesburg het dokters verstom gelaat toe hy twee jaar gelede byna by die dood omgedraai het as gevolg van septisemie. Om verdere skade te vermy moes Matt talle bloedoortappings ontvang. Junie is bloedskenkingsmaand en hierdie video van die SANBS vertel Matt sy storie en bedank bloedskenkers vir hul bydrae.
Video: Die Heuwels en Riana Nel span kragte saam
Die Heuwels Fantasties het gister ʼn splinternuwe musiekvideo bekendgestel vir hul liedjie Doen net wat ons wil, wat saam met Riana Nel opgeneem is.
Video: Voortrekkers klim op Jeugdag Kranskop uit
Jeugdag is vroeër vandeesweek gevier en laerskoolleerlinge en Voortrekkers van die Kranskop-kommando het op dié dag die Kranskop uitgeklim en ʼn Voortrekkervlag gehys om ʼn groter bewustheid van die Voortrekkerbeweging te skep.
Kuns-ekspo vir onderwysers by die Voortrekkermonument
Kunsonderwysers kan uitsien na ʼn kuns-ekspo wat deur die Opvoedkundige Diens van die Voortrekkermonument aangebied word.
Video: Eerste voorsmakie van die fliek ‘Dis ek, Anna’
Die bekende roman Dis ek, Anna is nou verwerk vir die grootskerm en die eerste lokprent is bekendgestel.
Luister: Akteurs gesels oor uitdagings van nuwe plaaslike fliek
Maroela Media het met die akteurs van die nuwe plaaslike rolprent ‘Seun’, Deànré Reiners en Candice Weber, gesels oor dié fliek.
Foto’s: Hier is die wenners van die Tempo-toekennings
Leandie du Randt, Bobby van Jaarsveld en Brümilda van Rensburg is ʼn paar van die bekendes wat gisteraand elk weggestap het met ʼn Tempo-toekenning.
Luister: Bekende SA tweeling pak selfdoenprogram aan
Alex en Charlie Kotze, ook bekend as die K2-tweeling, is alombekend in die modewêreld en nou is hulle ook eersdaags te sien as die aanbieders van die selfdoenprogram Oulap se rooi. Maroela Media het met Alex oor dié program gesels.
Video: Maak gereed vir Pretoria se mooiste wedloop
Die bekendstelling van die Pretoriase been van die Spar Women’s Challenge padwedloop is Donderdag by die Atterbury-teater in die hoofstad gehou. Maroela Media het die geleentheid bygewoon ʼn met een van die ambassadeurs van die wedloop, Bouwer Bosch, asook een van die steratlete van die wedloop, Irvette van Zyl, ʼn organiseerder en die verteenwoordiger van Irene Homes oor die wedloop gesels. Bosch en Van Zyl het ook ʼn paar fiksheidswenke gedeel.
Video: Fynproewers smul aan krieke, miere en wurms
Kriek-crostini, bros mieliewurms en selfs miere met ’n sjokoladelagie. Dít is slegs ʼn paar van die peuselhappies wat vroeër vandeesweek beskikbaar was by die opwip-restaurant in Johannesburg wat ook bekend staan as ʼn Pestaurant.
Luister: Erica Wessels praat oor haar rol in Treurgrond
Die plaaslike rolprent Treurgrond wys tans in fliekteaters. Erica Wessels vertolk die rol van Nellie van Staden en Maroela Media het met Erica gesels oor die uitdagings van dié fliek en waarom sy die rol aanvaar het.
Foto: Jongste en oudste verteenwoordigers van die ATKV
Die jongste en oudste verteenwoordigers van die ATKV, Carla O’ Connell en Roy Riley, het onlangs die algemene jaarvergadering bygewoon en tydens dié geleentheid ook ʼn kopie van die ATKV Centurion se Omgee-CD ontvang.
Video: Jana Strydom en Darrell Roodt oor ‘Treurgrond’
Die fliek Treurgrond word vandag uitgereik en vertel die storie van hoe ʼn plaasmoord ʼn hele gemeenskap raak. Maroela Media het tydens die première van dié fliek met Jana Strydom, Shaleen Surtie-Richards, Darrel Roodt en Steve Hofmeyr daaroor gesels.
Luister: Fanie Viljoen gesels oor sy boek ‘Prooi’
Die gewilde tienerboekskrywer Fanie Viljoen maak met sy nuwe boek, Prooi, sy oorgang na volwasse literatuur, maar dit beteken nie dat hy klaar is met tienerboeke nie. Maroela Media het met hom daaroor gesels.
Wen: Kaartjies vir die première van Hollywood in my Huis
Hierdie kompetisie is gesluit. Hollywood in my Huis is ʼn splinternuwe Afrikaanse fliek wat eersdaags in teaters te sien is. Twee gelukkige lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na die première van dié fliek wen.
Luister: Mozart se ‘Die Impresario’ in Pretoria te sien
Die opera Mozart’s The Impressario is eerskomende naweek te sien by die Brooklyn Teater in Pretoria. Maroela Media het met Tinus Spies van die groep Rooftop Ensemble gesels om meer oor die produksie te hoor en ʼn paar van die akteurs en sangers vertel ook meer van hul rol in dié produksie.
Resep: Smelt-in-die-mond-beesstert
Die resep vir beesstert is Merle van den Berg van Beaconbaai se spogresep.