Dis jammer dat daar net vyf snitte op hierdie album is, want dit is duidelik dat Alexander een van die beter nuwe kunstenaars is wat onlangs tot die musiekbedryf toegetree het.
Alles deur die skrywer Daantjie Dinamiet
Resensie: Afrikaanse meisies – Gerhard Steyn
As jy geen ander liedjie van Gerhard as “Baby tjoklits” ken nie, moet jy dalk hierdie album by jou versameling voeg. Daar is genoeg goeie snitte om dit die moeite werd te maak.
Resensie: ‘Sing Afrikaner sing’ – Bok van Blerk
Hoewel Bok getrou aan sy suksesresep bly, wys veral die laaste twee snitte dat hy nogtans nie gestagneer het nie. Daar is genoeg snitte op die album wat sy aanhangers tevrede sal stel, maar dis ook goed dat hy iets nuuts probeer het.
Resensie: Jakkals en Leo raak maats
Jakkie en Kevin het lank gewag voordat hulle hierdie CD uitgereik het, maar dit was die moeite werd, hoewel ’n mens voel dat Kevin dalk meer uit sy gemaksone moes beweeg en van Jakkie se poptreffers saam met hom moes sing.
Resensie: ‘Ja. Nee. Lekker’ (De luxe-uitgawe) – Die Heuwels Fantasties
Die gewildheid van Die Heuwels Fantasties, ten spyte van hul “alternatiewe” aanslag, sal dalk vir sommige mense ’n verrassing wees.
SA Top 20 word 50: 1985 tot 1989
Daantjie gee ‘n nostalgiese terugblik op die treffers van 1985 tot 1989. Hy gee ook ʼn paar van die rekords wat deur Afrikaanse liedjies opgestel is, van 1966 tot 1983.
Nuwe vrystellings: 15 Junie 2015
Karlien van Jaarsveld, Christia Visser en Waldo Greeff is van die sangers wat onlangs nuwe liedjies vrygestel het.
Maroela Media Top 20: 15 Junie 2015
Brendan Peyper maak sy toetrede tot Maroela Media se Top 20 in die 19de plek met “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie”.
Christa Steyn se dood gedenk
Cornel Stander en die orrelis Ockie Vermeulen bring hulde aan Christa Steyn, liedjieskrywer en pianis, met ‘n nuwe album.
SA Top 20 word 50: 1979 tot 1984
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie gee in hierdie artikel ‘n terugblik op die treffers van 1979 tot 1984.
SA Top 20 word 50: 1975 tot 1978
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie gee ‘n nostalgiese terugblik op die treffers van 1975 tot 1978.
Resensie: Francois van Coke se solo-album
Francois van Coke se debuut-soloalbum kan as ’n sukses beskou word. Dit is hoog op die amptelike trefferlys gegrond op werklike albumverkope.
Resensie: Tamboerynman – Koos van der Merwe
Dit was omtrent 20 jaar gelede wat Koos van der Merwe seker die eerste Afrikaanse Christelike “luisterliedjie”, “Houtkruis”, geskryf het en saam met sy eertydse sangmaat, Theo Geyser, saam met wie hy die groep Prophet gevorm het, gewild gemaak het.
Nuwe vrystellings: 8 Junie 2015
Liezel Pieters, Snotkop en Dewald Gouws is van die sangers wat onlangs nuwe liedjies vrygestel het.
Maroela Media Top 20: 8 Junie 2015
In hierdie week se Top 20 is daar sewe snitte wat styg, sewe wat daal, drie in dieselfde plek en drie nuwelinge. Die eerste drie plekke is, vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd, onveranderd van verlede week.
Resensie: 5 dekades van Carike Keuzenkamp
Dis regtig wonderlik dat ʼn dubbele versameling met baie van Carike se treffers eindelik weer beskikbaar is en dat ʼn paar liedjies waarvan ʼn mens amper vergeet het, ingesluit is.
SA Top 20 word 50: 1972 tot 1974
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie kyk in hierdie artikel na die treffers van 1972 tot 1974.
AJ van der Mescht terug met nuwe album
Hoewel AJ van der Mescht nog nie heeltemal so bekend onder Suid-Afrikaanse musiekliefehbbers is nie, is hy glad nie ’n nuweling op die musiektoneel nie.
SA Top 20 word 50: 1968 en 1970 tot 1971
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie kyk in hierdie artikel na die treffers van 1968 en 1970 tot 1971.
SA Top 20 word 50 jaar oud
Op 4 Junie, vyftig jaar gelede, is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie skryf oor die treffers van die gewilde treffersparade in die volgende reeks artikels.