Francois van Coke, Andriëtte en Elvis se Seun het almal nuwe musiek.
Alles deur die skrywer Daantjie Dinamiet
Maroela Media Top 20: 20 Julie 2015
Elvis Blue verloor sy eerste plek en die nuwe nr. 1-treffer is “Alles naby my” van Roux en Christi Cloete.
Kompetisie & resensie: ’n Nuwe dekade van treffers – verskeie kunstenaars
Hierdie kompetisie is gesluit: Dis maklik om te sê dat alle versamelalbums dieselfde is en dat daar liedjies is wat maar altyd ingesluit word. Dit kan egter nie van hierdie versameling gesê word nie, want daar is ’n hele aantal gesogte snitte wat ’n mens nêrens anders kan kry nie, maar tog hierop beskikbaar is.
Resensie: ‘Drome’ – Heuning
Die “country-puriste” sal miskien die neus optrek vir Heuning se jongste album, maar enigiemand anders sal dit geniet.
Resensie: ‘Sê c’est la vie’ – Kevin Leo
Dis eintlik goed dat ’n mens weer die kans kry om Kevin se debuutalbum te hoor, want hy het hom gou as een van ons land se voorste kunstenaars gevestig. Daarom kan hierdie album soveel jare nadat dit oorspronklik uitgereik is, steeds aanbeveel word.
Resensie: Breek die stilte – Cordelia
Cordelia het werklik met ʼn puik album vorendag gekom en daar is ʼn hele aantal redes waarom die Suid-Afrikaanse publiek lief vir haar kan word.
Nuwe vrystellings: 13 Julie 2015
Juandré Marais, Juanita du Plessis en Gerhard Steyn is van die sangers wat hierdie week nuwe liedjies het.
Maroela Media Top 20: 13 Julie 2015
Brendan Peyper is tans op die 9de plek op Maroela Media se Top 20 met Elvis Blue en Leah wat die 1ste en 2de plek behou.
Cora-Marie: 21 jaar later
Op 8 Julie 1994 het die Suid-Afrikaanse musiekbedryf ‘n uiters gewilde kunstenaar verloor toe Cora-Marie aan kanker oorlede is.
Nuwe vrystellings: 6 Julie 2015
JayCee Crause, Suzanne en NRG is van die kunstenaars wat onlangs nuwe musiek vrygestel het.
Maroela Media Top 20: 6 Julie 2015
Elvis Blue, Leah en Juanita du Plessis beklee die eerste drie plekke in hierdie week se Top 20.
Hulde aan Fredi Nest
Fredi was sonder twyfel een van ons land se voorste kunstenaars en sy afsterwe is ’n enorme verlies vir die plaaslike musiekbedryf.
Resensie: ‘Ek reis na gister’ – Jak de Priester
Jak het weer met ’n uitstekende CD vorendag gekom. Nie net is daar snitte wat jou voete sal laat jeuk of jou sal laat lag nie, maar op ’n paar snitte laat Jak jou ook dink.
Nuwe vrystellings: 29 Junie 2015
Christia Visser, Pieter Koen en Elvis Blue is van die kunstenaars wat almal nuwe liedjies het.
Maroela Media Top 20: 29 Junie 2015
Nadat sy lank moes wag, haal Juanita du Plessis eindelik die nr. 1-posisie met “Lief vir jou”, terwyl Leah na die tweede plek terugsak. Stadsboer maak hulle debuut op nr. 20 hierdie week.
Adam Tas laat countrylegende herleef
Hy was die onderwerp van die rolprent “Walk the line”, en nou herleef Johnny Cash se musiek opnuut nadat Adam Tas hulde aan hom gebring het.
Resensie: Die Grootste Afrikaanse Liedjie – Verskeie kunstenaars
Hierdie versameling bied regtig iets vir elke smaak, selfs al beteken dit dat niemand noodwendig van al die snitte sal hou nie. Hoe ook al, dit gee ʼn oorsig van die hoogtepunte in die geskiedenis van Afrikaanse musiek en daarom hoort dit in die versameling van enige Afrikaanse musiekliefhebber.
Resensie: My hartjie – Karlien van Jaarsveld
Karlien het weer met hierdie CD bewys dat sy een van ons land se voorste kunstenaars is. Sy werk saam met ‘n goeie span liedjieskrywers, maar sy kan ook self met goeie komposisies vorendag kom.
Nuwe vrystellings: 22 Junie 2015
Bobby van Jaarsveld, Anaïs en Juan Boucher, asook Andries Vermeulen en Steve Hofmeyr het ‘n paar nuwe liedjies waarna jy kan luister.
Maroela Media Top 20: 22 Junie 2015
Leah is vir die sesde week in die eerste plek op Maroela Media se Top 20, maar Jak de Priester en Juanita du Plessis skuif op na onderskeidelik die tweede en die derde plek.