Die Nasionale Kredietreguleerder het ʼn voldoeningskennisgewing uitgereik aan Volkswagen Financial Services South Africa omdat die instansie ʼn op pad- fooi, ʼn administrasiefooi en ʼn hanteringsfooi op kredietooreenkomste hef vir motorfinansiering.
Alles deur die skrywer Ina Opperman
Verbruikersake: Versekering teen natuurrampe
Die onlangse tornado’s in die binneland en die groot storm in Durban het baie verbruikers laat wonder hoe ʼn mens sulke enorme skade oorleef. Huiseienaarsversekering is een van die maniere waarop ʼn mens kan verseker dat jy ten minste jou huis kan herstel of herbou.
Verbruikersake: Oppas vir heffings wat nie in kredietooreenkoms mag wees
Die Nasionale Kredietreguleerder het ʼn voldoeningskennisgewing uitgereik aan BMW Financial Services omdat kliënte ʼn heffing van tussen R3 000 en R6 000 moet betaal vir die registrasie van ʼn voertuig as deel van die kredietooreenkoms om ʼn motor by die maatskappy te laat finansier.
Verbruikersake: Wil jy ʼn franchise koop? Lees éérs hier
Ina Opperman verduidelik hoe die wet jou regte beskerm en waarvoor jy op die uitkyk moet wees as jy daarin belangstel om ʼn franchise te koop.
Verbruikersake: Motorhandelaar gestraf
ʼn Motorhandelaar van die Wes-Kaap het egter agtergekom dat ʼn mens verbruikers se regte in terme van die Wet op Verbruikersbeskerming moet respekteer as jy nie jou sak hard wil skud nie. Ina Opperman vertel wat gebeur het.
Verbruikersake: Selfone en dienste pla verbruikers die meeste
Selfone en swak diens het vir die meeste verbruikersklagtes gesorg wat die afgelope jaar by die Ombudsman vir Goedere en Dienste ingedien is. Volgens die jaarverslag van die Ombudsman se kantoor het 1 459 mense oor selfone gekla en 1 273 oor dienste. Ina Opperman het gaan kyk waarmee verbruikers nog stoei en wat daaraan gedoen word.
Verbruikersake: Tribunaal beboet Shoprite oor roekelose krediet
Die Nasionale Verbruikerstribunaal het vandeesweek bevind die kleinhandelaar Shoprite het roekeloos geld uitgeleen, nadat die Nasionale Kredietreguleerder se ondersoek gewys het hy het geld aan verbruikers geleen sonder om eers seker te maak dat die verbruikers in staat is om die lenings terug te betaal.
Bankdienste: Ombudsman sal jou help
Ons gebruik almal banke se produkte en dienste vir verskeie transaksies en rekeninge, maar nie almal is ewe gelukkig met die dienste wat banke lewer nie. Verbruikers voel soms hul hande is afgekap en hulle moet maar aanvaar wat die banke doen, maar mens hoef nie moed op te gee as jy ʼn probleem met jou bank het nie.
Verbruikersake: Verbruikerskommissie se mening oor wanneer data kan verval
Dit is belangrik dat verbruikers hul stemme laat hoor oor enige kwessies en besluite wat hulle en veral hul beursies raak. Verbruikers het nog tot 19 September geleentheid om kommentaar te lewer oor die konsepregulasies. Maak seker jou kommentaar oor hoe lank data geldig moet bly, word in ag geneem.
Verbruikersrubriek: Dis hoeveel jy nou mag betaal vir kredietlewensversekering
Die nuwe regulasies oor kredietlewensversekering is nou van krag en verbruikers kan hul deel doen om seker te maak kredietverskaffers oortree nie wanneer verbruikers aansoek doen vir krediet nie.
Verbruikersrubriek: Silwer randjie vir selfoondataklagtes
Verbruikers kla al lank oor data op hul slimfone wat binne minute verdwyn, ongelooflike duur buite-bundeltariewe en die oordrag van data wat nie teen die vervaldatum gebruik is nie. Die donker wolk van selfoonklagtes het egter Maandag ʼn silwer randjie gekry.
Verbruikersrubriek: Hoe die Wet op Verbruikersbeskerming studente beskerm
Ina Opperman verduidelik wat jou regte is in terme van die wet wanneer jy aan ʼn opvoedkundige instelling studeer.
Verbruikersrubriek: Kry hier hulp met onopgeloste klagtes
Ina Opperman verduidelik hoe die Ombudsman vir Goedere en Dienste werk en wie daar kan kla.
Is self-regulering die antwoord op vakansieklubs?
ʼn Mens wil nou nie die paneel se werksaamhede vooruit loop nie, maar dit is duidelik uit die klagtes van verbruikers wat sover hul saak voor die paneel gestel het, dat self-regulering tot dusver nie veel gedoen het om verbruikers te beskerm of hul regte te verdedig nie.
Verbruikersrubriek: Nou luister iemand uiteindelik na tyddeelklagtes
Verbruikers kla al jare lank, omtrent solank as wat die tyddeelvakansiebedryf bestaan, oor verskeie aspekte van tyddeel wat hulle meen nie hul verbruikersregte in ag neem nie. Nadat die Nasionale Verbruikerskommissie onlangs aangekondig het dat ʼn paneel kundiges nou ondersoek gaan instel, is die eerste openbare verhoor daaroor gister in Pretoria gehou.
Verbruikersrubriek: Alles wat jy wil weet oor kredietburo’s
Die meeste verbruikers stel eers vas dat hulle “geswartlys” is wanneer hul aansoeke om krediet geweier word. Min verbruikers weet ook hoe hierdie “swartlys” werk en baie meen kredietburo’s wat hul kredietgedrag dophou, skend hul privaatheid. Ina Opperman verduidelik hoe kredietburo’s werk en hoe verbruikers geraak word.
Verbruikersrubriek: Beskerm jouself teen internetskelms
Daar sal altyd ʼn skelm wees wat jou geld wil steel. Danksy hedendaagse tegnologie sit daardie skelm waarskynlik agter ʼn rekenaar en wag dat jy jou geld sommer in sy rekening inbetaal vir enigiets van ʼn katjie met ʼn stamboom langer as jou arm, tot swaar nywerheidsmasjinerie.
Vleispryssamespanning ondersoek
Die Mededingingskommissie het vandeesweek op 13 persele van sewe groot vleisverskaffers toegeslaan in sy ondersoek na prysvasstelling en handelstoestande in die bedryf.
Gewone taal vir verbruikers
Verbruikersorganisasies waarsku verbruikers dikwels om niks te teken as hulle dit nie gelees het nie en navorsing het al bewys dat baie verbruikers nie die ooreenkomste of kontrakte wat hulle teken, lees of verstaan nie.
Só beskerm die wet jou teen misleidende advertensies
Verbruikers kla dikwels dat advertensies onwaar is of dat winkels goedere adverteer wat nie beskikbaar is nie. Gewoonlik laat mense die saak maar daar, maar verbruikers kan hulself en alle ander verbruikers beter beskerm indien hulle hul regte volgens die Wet op Verbruikersbeskerming uitoefen en daaroor kla.