Polisielede in KwaZulu-Natal het Woensdag 121 studente in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings op die Richtek-kampus van die Kollege vir Tegniese Beroepsonderwys en Opleiding (TVET) in Richardsbaai uitgebreek het.
Alles deur die skrywer News24Wire
Komplikasies ná Maharaj geopereer word
President Jacob Zuma het Woensdag beterskapwense aan sy voormalige adviseur en woordvoerder, Mac Maharaj, gestuur nadat komplikasies ontstaan het ná Maharaj ʼn operasie vir longkanker ondergaan het.
Sakevrou beweer moetie maak gesin siek
Madelaine van Rooyen, ʼn sakevrou van Ballito in KwaZulu-Natal, het gesê iemand gebruik moetie teen haar om haar luukse huis van R5,5 miljoen in die hande te kry.
Departement moet skole se taalbeleid in ag neem, sê hof
Die Gautengse departement van onderwys moet skole se taal- en toelatingsbeleid in ag neem wanneer daar oor die toelating van leerlinge vir 2016 besluit word, het ʼn hofbevel beslis.
Man spring na sy dood by luukse Kaapstad-sentrum
ʼn 21-jarige man het Dinsdag by Cavendish Square-winkelsentrum in Claremont, Kaapstad, na sy dood gespring.
‘Werkplek-skieter’ sal skuld erken
Dawid Connoway, die man wat daarvan beskuldig word dat hy verlede maand sy voormalige verloofde koelbloedig by haar werkplek in Pretoria doodgeskiet het, sal skuld erken.
‘Brits-ontbloter’ veroorsaak vyf botsings
ʼn Man wat hom aan motoriste ontbloot by ʼn besige kruising in Brits het glo reeds vyf botsings veroorsaak.
Vier kinders brand dood
Vier kinders het Maandagaand in ʼn informele nedersetting in Kaapstad doodgebrand.
Omgekeerde romp dalk dié van vermiste SA katamaran
Nagenoeg vier maande nadat kontak verloor is met drie Suid-Afrikaners wat met ʼn katamaran na Thailand op pad was, is ʼn omgekeerde romp in die Indiese Oseaan gewaar.
Soektog afgelas na vermiste Kaapstad-man
Die soektog na Taro Spies (25), ʼn ervare bergklimmer van Muizenberg, is afgelas. Sy motor is naby Tafelberg gevind.
Derby-Lewis se verskoning slegs ‘lippediens’
Clive Derby-Lewis se verskoning aan die familie van die vermoorde SAKP-leier Chris Hani se familie is bloot “lippediens”, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag gehoor, tydens ʼn aansoek vir ʼn hersiening nadat sy aansoek om mediese parool afgekeur is.
Clive Derby-Lewis sê jammer vir Hani-weduwee
Clive Derby-Lewis het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria by monde van sy regsverteenwoordiger vir Limpho Hani, weduwee van die voormalige SAKP-leier Chris Hani, om verskoning gevra.
E-tol: ‘Betalende motoriste wen al die pad’
Die besluit om padgebruikers afslag te gee op hul uitstaande e-tolrekeninge in Gauteng is nie tot die nadeel van motoriste wat sedert die begin van die stelsel hul rekening betaal het nie, sê Sanral.
Maggi-noedels is veilig, sê Nestlé
Nestlé SA het Suid-Afrikaanse verbruikers verseker dat hulle steeds Maggi 2 Minute-noedels kan geniet, ondanks bewerings van loodbesmetting in Indië.
Sakeman wat glo vrou vermoor terug in hof
Rameez Patel (28), die sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou vermoor het, sal Maandag in die Polokwane-landdroshof om borgtog aansoek doen.
17 vas vir spoed buite Jhb
ʼn 60-jarige man van Bramley is teen 148km/h vasgetrek in ʼn 60km/h-sone, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
MTN-inbelsentrum gesluit weens staking
MTN het Sondag sy inbelsentrum gesluit terwyl die staking oor salarisse en bonusse by die maatskappy voortduur.
Twee mans ter see vermis ná boot omslaan
Twee vissermanne van Lambertsbaai word vermis nadat hul boot in digte mis omgeslaan het.
Petisie vra EU om wit SA’ners te laat terugkeer
Wit Suid-Afrikaners word tans deur etniese suiwering bedreig en moet deur die Europese Unie toegelaat word om na Europa terug te keer, volgens ‘n petisie wat Sondag aanlyn versprei is.
Komediant se familielid vermoor
Die familie van die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah is deur nog ʼn tragedie getref toe Noah se niggie in Greytown, KwaZulu-Natal vermoor is.