Jy sê dat die Woord vrug dra in jou lewe. Waarin bestaan dit konkreet? Ons word nie op grond van werke geregverdig nie, maar werke vloei voort uit ons lewe as ʼn vergestalting van dankbaarheid. Is daar vrug in jou lewe, vrug wat by die bekering pas?
Klein Juandré tuis ná operasie; lang pad lê voor
“As die uitslae terugkom en daar is nie ʼn teken van kanker nie, lê ʼn normale lewe weer vir hom voor. Hy sal kan lag en speel soos ander tweejariges doen. As die kanker versprei het, sal ons daardie pad saamstap en sterker aan die ander kant uitkom.”
10-jarige pak ‘Everest’ van swem vir liefdadigheid
Die 10-jarige hoop om haarself in die rekordboeke in te swem en terselfdertyd ’n groot bedrag geld in te samel.
Gedagte vir die dag: Elia onder ’n bos
Hy het gaan lê en onder die besembos aan die slaap geraak. Maar ’n engel het hom aangeraak en gesê: “Staan op en eet!” Hy kyk op en dáár sien hy ’n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ’n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. (1 Konings 19:5, 6)
FAK vereer Herholdt en Bierman
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Vrydag eretoekennings aan die bekende Afrikaanse sangeres Sonja Herholdt en die Afrikaanse komponis en musiekbeoordelaar, Bennie Bierman, gegee vir hul bydrae tot Afrikaanse musiek.
Gedagte vir die dag: Driehonderd teen ’n oormag
Elkeen was op sy pos reg rondom die kamp. Hulle het gesien hoe die hele kamp vervaard rondskarrel en paniekerig skreeu. Toe die 300 Israeliete op hulle ramshorings blaas, het die Here veroorsaak dat die mense in die kamp mekaar aanval. Hulle het uit die kamp gevlug. (Rigters 7:21, 22)
[Video] Inge het reeks planne vir klimraam
Inge Gerber (8), die gr. 2-leerder van die Laerskool Delmas in Mpumalanga wat talle harte verower het toe sy self haar skoolhoof oor ʼn tekort aan klimrame by die skool gaan spreek het, het in ʼn opvolgafspraak met die skoolhoof reeds ʼn lys planne gereed gehad om aan hom voor te lê.
Gedagte vir die dag: Swaarkry, honger ly … en manna uit die hemel
Ja, Hy het jou nederig gemaak deur jou te laat honger ly en jou toe manna laat eet, kos wat nie jy of jou voorouers vroeër geken het nie. Hy het dit gedoen om jou te leer dat mense meer as brood nodig het om van te leef. Ware lewe vir die mens kom van elke woord uit die mond van die Here. (Deuteronomium 8:3)
ToekomsVenster: Wie is jy?
Ek behoort aan U en U ken my.
Aros verkry volle registrasie
Die instelling beskou dit as ʼn reusestap in die proses om Aros as ten volle private Christelike hoëronderwysinstelling in Suid-Afrika en internasionaal te vestig.
Man wat werk verloor ná kankerdiagnose wen Lotto
“Nadat ek by ons plaaslike winkel was en ek gesien het ek het die wenkaartjie, het ek dadelik teruggery huis toe om die nuus met my vrou te deel. Sy was in die kombuis en toe ek vir haar sê, het ons al twee begin huil.”
Lindie Strydom: Heelheid, eenheid
“…Ek kan mos nie die een oomblik die Here se lof besing en ʼn bybelversie op Facebook plak en dan die volgende oomblik gal braak, kerm en kla en al wat ʼn mens is in my gat van selfbejammering aftrek nie!”
Gedagte vir die dag: Kwaad word goed
Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het my gebring tot in hierdie hoë pos wat ek beklee sodat ek die lewens van baie mense kon red. (Genesis 50:20)
ToekomsVenster: Bekommernis is sinloos
Met U hulp loop ek ʼn oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.
[Video] Gr. 2-meisie vergader met skoolhoof oor klimrame
“Die volgende wat ek weer hoor, is dat die hoof bel en sê Inge het met hom vergader.”
Aftrede: Maak dié aanpassings
Die lewe ná aftrede is jou derde en laaste lewensfase. Daar is baie redes waarom dit die gelukkigste tyd van jou lewe behoort te wees. Maar jy kan dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit sal net gebeur as jy reg beplan het en jouself ten beste daarby aanpas.
Gedagte vir die dag: God sal voorsien
“Ons het nou wel die hout en die vuur,” sê die seun, “maar waar is die lam vir die offerande?” “God sal die lam voorsien, my seun,” antwoord Abraham. So het die twee verder gestap. “Moenie die seun kwaad aandoen nie!” sê die engel. “Nou weet Ek dat jy regtig vir God dien, want jy het selfs jou geliefde seun nie van My weerhou nie.” (Genesis 22:7, 8, 12)
ToekomsVenster: Jesus het my genees
Jesus, U is my Geneesheer.
Gedagte vir die dag: Geseën om te seën
Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis en gaan na die land wat Ek jou sal aanwys. Ek sal jou die voorvader maak van ’n groot nasie. Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ’n seën sal wees.” (Genesis 12:1, 2)
ToekomsVenster: As ek net geweet het
Ek kies Jesus. Amen.