“Suid-Afrika bied die perfekte landskap vir GS-ryers. Ons is baie gelukkig om sulke lojale, vaardige en toegewyde kliënte te hê wat die gees van GS laat leef.”
[Foto’s] Bekendstelling: Fiat Panda dalk die kleinste bergklimmer
Ons het Killarney 4×4 in Natal besoek en gery deur ’n riviertjie, los sand, oor ’n paar bultjies en weer deur ’n stroompie. Die Panda het geensins gesukkel nie en op die snelweg kan hy lag-lag by die spoedgrens hou… of meer, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Padtoets: Onthou jy nog die seevakansie?
Indien jy ʼn gesinsman is met ʼn kroos, is daar niks so lekker soos ʼn bus nie. Indien jy van tyd tot tyd ʼn woonwa sleep is die H1 ook puik weens sy agterwielaandrywing, puik ratkas en sterk enjin. Ek moes die sleutels vir die bus uit my vrou se hande wurg, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Bekendstelling: Hilux is die nuwe swart
Daar is ‘n woeste oorlog aan die gang in Suid-Afrika. Ons is bitter lief vir ons bakkies, en Toyota het besluit hulle gaan die lewe nog so effens moeiliker maak vir ons. Hulle het die Hilux sopas visueel ʼn rapsie opgekikker, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Suzuki se SV650 is ʼn V2-pretmasjien
Omtrent 140 parte is herontwerp en twee baie belangrike aspekte is aangespreek: die krag is op en die gewig is af.
Toyota belê in Suid-Afrika se toekoms
Op ʼn wêreldwye skaal het Toyota bekendgemaak dat hulle ’n eerstevlak- Olimpiese vennoot is tot en met 2024. Dit sluit die Paralimpiese Spele ook in.
[Foto’s] Vergelykende toets: Twee kruismodelle in ʼn kryt
Deesdae is motoriste bederf met duisende opsies en weergawes. Twee van dié opsies wat albei kruismodelle is, maar tog baie verskil, vergelyk ons met mekaar vir jou.
[Foto’s] Padveiligheid: eendjies, eendjies, veilig om die baan
By dié dag besef ek: As jy dink jy kan motorfiets ry, maar jy was nog nooit op so ’n dag nie, dink weer. Ek kan nie glo hoeveel dinge ek verkeerd doen nie, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Padtoets: Die weergalose Porsche Panamera
Ek het met dié einste Porsche myself vir die eerste keer in tien jaar bang gery. Ek vra nou nog gereeld vir die passasier om verskoning. Ek is bly my oomblik van “boetie, pasop vir jou!” was in ʼn Porsche, skryf Brendon Staniforth.
Een uur later skryf man Ferrari af
ʼn Man het sy peperduur splinternuwe Ferrari 430 Scuderia afgeskryf – een uur nadat hy met dié motor by die handelaar se lokaal uitgery het.
[Foto’s] Bekendstelling: Discovery ʼn onverskrokke ontdekkingsreisiger
Ai, dit bly maar die klein dingetjies. Vroulief gaan nou baie bly wees dat sy nie meer vir my hoef te skreeu nie: “Links, ja! Regs, ja! Ligte!” skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Kawasaki Z1000 SX: Die ideale kombinasie van krag en gemak
My vrou was destyds in die koshuis saam met Dorrie. Dorrie het enige vreemde gedrag by mense altyd toegeskryf aan “’n fase”. Nou ek is weer in ʼn fase, en die Kawasaki Z1000 SX is deel daarvan, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Mercedes-Benz se eerste bakkie maak sy buiging
Die motorvervaardiger Mercedes-Benz het Dinsdagaand sy eerste bakkie – die X-klas – in Kaapstad bekend gestel, en dié voertuig is onmiskenbaar getrou aan sy handelsmerk.
Plaas jou kind se veiligheid in die motor eerste
Dr. Robyn Holgate van ER24 gee raad oor wat ouers kan doen om hul kinders se veiligheid in ʼn motor te verseker:
[Foto’s] BMW R nine T: Retro is vuurwarm
Die R nine T is vir ouens wat baie graag ʼn projekfiets wil bou, maar nie die tyd, ruimte of talent het vir so iets nie. Jy gaan koop jou fiets, en dan kan jy rondspeel met verskeie opsies om die fiets jou eie te maak, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Suzuki DL 650 V-Strom XT: ʼn Onderskatte middelgewig
Ek moes hard werk om my objektiewe hoed op te sit toe ek die Strom onder hande geneem het. Hy is net soveel beter as die fiets wat ek ry, dat ek maar moeilik hierdie een gaan terugbesorg, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Bekendstelling: Die BMW 4-reeks het ʼn troefkaart
“Ek het die 4-reeks soms regtig hard gedruk en niks maak die hom benoud nie. Die remme het nooit gekla nie en die 8-spoed Sports-outo ratkas met spane agter die stuur is puik,” skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Padtoets: Ford en Suid-Afrika skryf al dekades aan dié roman…
As jy inklim, gryp die Recaro-sportsitplekke jou om die lyf soos jy nog nooit vasgehou is nie. Druk die knoppie en die juweel van ’n enjin blaf aan die gang. Jy weet oombliklik die ingenieurs het nie omgegee of jy die bure steur nie, skryf Brendon Staniforth.
Volvo maak groot nuus oor sy toekoms bekend
Dié besluit deur die Sweedse motorreus Volvo word gesien as een van die grootste stappe nóg deur enige motorvervaardiger.
[Foto’s] Padtoets: Die toekoms is opwindend met die BMW X5
As jy vir my gesê het ’n mens kan onder 5 ℓ/100 km handhaaf in uiterste gevalle in ’n X5, het ek gesê jy lieg. As jy vir my gesê het ’n tweeliter-viersilinder-X5 het soveel woema, het ek gesê jy lieg.