‘n Kind se besluit oor sy vakkeuses in Graad 9 kan ʼn baie groot invloed op die res van sy loopbaan hê. Dit is dus ʼn besluit wat moontlik groot belonings kan inhou, maar ook met groot risiko’s gepaardgaan, verduidelik Marthinus Visser.
Boekwurm-app: Verslind treffers in 15 minute
Sou jy ʼn verkorte weergawe van jou gunstelingboek wil lees? ‘n Nuwe app, Joosr, gee vir gebruikers toegang tot boeke wat in net 20 minute gelees kan word.
Microsoft stel Afrikaanse vertaaldiens bekend
Microsoft het vandeesweek aangekondig dat dié reus ook nou Afrikaanse vertaaldienste aan verbruikers bied.
Luister: Nou lewer ek pizzas af vir ʼn lewe
Vandag gesels Jacques Basson met Vicky Le Roux van Chicago Pizza. Sy is in Bloemfontein gebore en het by Kovsies studeer. Tans woon sy in Colorado in Amerika. Sy het B.Com en stad- en streeksbeplanning studeer en lewer nou pizzas af vir ʼn lewe.
Julie gaan groot wees op ShowMax
Aandag alle Suid-Afrikaners in die buiteland! Al gehoor van ShowMax? Dit gons letterlik van hier tot in Brisbane, Calgary en Londen oor die epiese dramas, films, sepies, nuus en nog meer wat ShowMax aan alle Saffas bied. Dit als in ons eie, geliefde Afrikaans.
Selfoongebruik in die donker kan jou tydelik blind maak
Dokters van New England in Amerika het twee vroue se ‘tydelike blindheid’ glo toegeskryf aan die manier waarop hulle hul selfone in die donker gebruik.
Só lank moet jou kind slaap, sê kenners
Die volgende slaapure vir kinders (babas tot tieners) word deur die Amerikaanse akademie van slaapgeneeskunde (GASM) aanbeveel en moet op ʼn gereelde grondslag plaasvind vir optimale gesondheid.
Só maak jy as jy in jou motor vasgekeer word tydens onluste
Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Woensdag in ʼn verklaring gesê dit is belangrik dat padgebruikers moet weet hoe om onluste-situasies te hanteer wanneer hulle tydens só ʼn situasie in ʼn motor vasgekeer word.
Só beskerm jy jouself teen die son – ook in die winter
Enige vakansieganger wat al gebrand het in die Afrika-son, weet sonbeskermingsroom is ‘n verpligtebykomstigheid vir somer is. Maar die meeste mense besef egter nie jy moet jouself ook in die winter beskerm nie, veral as jy baie buite is.
BMW-brood aan alle kante gebotter?
BMW het sopas sy nuwe X5 xDrive40e sportnutsvoertuig bekendgestel. Aan die buitekant lyk dit presies soos enige ander X5, behalwe vir die klein “e” agteraan die naamplaatjie en die flap wat die laaiprop toemaak.
Só lyk die nuwe iPhone 7
Apple het tot dusver elke jaar in September ʼn nuwe iPhone bekendgestel en stel vanjaar ook nie teleur nie – aanhangers van dié vervaardiger wag in spanning vir die jongste iPhone 7, wat in September vanjaar bekendgestel word.
Seminare oor skooldissipline en dissipline by die huis
Skole wat Fedsas se sogenaamde “waardegedrewe benadering vir skole” geïmplementeer het, het reeds baie minder dissiplinêre probleme as voorheen, het die organisasie in ʼn verklaring gesê.
Wenke oor kinders se TV-kyk
TV-kyk is ʼn fundamentele deel van baie kinders se lewe; baie kinders doen byna niks anders nie en is elke dag ure lank voor die TV. Voeg nog hierby die aantal ure wat hulle na DVD’s kyk, met rekenaars doenig is en video-speletjies speel, en die blootstelling aan elektronika hoop op. Is dit skadelik of is dit ʼn skadelose tydverdryf?
Lesersbrief: ‘Pa, ek is nie meer bang vir jou nie’
Dis vir my nogal ironies dat ek as kind gereeld gehoor het hoe jy die term “buig die boompie terwyl hy jonk is” gebruik het. Net jammer dat jy, in plaas van om die boompie te buig, sy stam geknak het.
‘Só het my verhouding met my pa my lewe geraak’ – pa’s vertel
“My pa het my dikwels gekielie tot ek dit nie meer kon uithou nie.” Só vertel ʼn jong man, nou self ʼn pa, toe ek hom die afgelope week vra wat sy mooiste herinnering aan sy pa is.
Redakteursbrief: Lesse van my onkonvensionele pa
“Ek het ‘n onkonvensionele pa,” skryf Susan Lombaard in haar redakteursbrief. Lees gerus dié huldeblyk aan haar pa en vertel ons sommer hier in die kommentaar meer oor jou eie pa.
Luister: Moet nie oorhaastige besluite neem nie
In vervaardiging moet jy nie oorhaastige besluite neem nie, want dit sal jou duur te staan kom, sê Theo van den Berg, stigter van Dala Wood.
Asseblief en dankie, Google, vra ouma
ʼn 85-jarige ouma van Tyldesley in Engeland se “hoflike” Google-soektog het wye reaksie op sosiale media uitgelok nadat haar kleinseun ʼn skermskoot daarvan op Twitter gedeel het.
Fossielbrandstof se doppie eersdaags geklink
Wind- en sonkragenergie sal in 2030 die goedkoopste manier wees om elektrisiteit op te wek wanneer dit fossielbrandstof as markleier sal verbysteek.
Sleep jy jou wa wettiglik?
Is jou bestaande lisensie voldoende om ʼn sleepwa of karavaan te sleep? Brendon Staniforth stel ondersoek in. Hy verduidelik dat jou versekering moontlik nie kan uitbetaal nie, indien jou lisensie nie voldoende is nie.