Woon jy in die buiteland en verlang jy huis toe? Teken nou in op ShowMax om van die beste tuisvervaardigde reekse en films te kyk.
[Video] Wolkekrabber verdwyn só stil-stil
Nuwe tegnologie het dit vir konstruksiewerkers moontlik gemaak om wolkekrabbers, selfs dié hoër as 120 meter, byna ongesiens te laat verdwyn.
ANC se steun vir internet-sensuur kommerwekkend
Die VF Plus het Woensdag gesê die feit dat Suid-Afrika nou in ʼn sitting van die Verenigde Nasies (VN) probeer het om internasionale internet-sensuur afdwingbaar te maak, is kommerwekkend.
Dis ʼn bakkie-oorlog!
Ons Suid-Afrikaners is baie lief vir ons bakkies. Daar is wel permanent “oorlog” tussen die Ford- en Toyota-manne, en nou is daar ‘n hele paar nuwe rolspelers in die mark.
SA verdedig sy VN-stem teen internetvryheid
Die Suid-Afrikaanse regering het sy omstrede stem teen sleutelelemente van ʼn VN-resolusie wat internetvryheid wil ondersteun, verdedig en verwys na die plaaslike debat oor die kriminalisering van rassistiese haatspraak.
[Video] Juno veilig by Jupiter
Nasa het Dinsdagoggend gesê die organisasie se Juno-ruimtetuig het veilig in ʼn wentelbaan om Jupiter aangeland.
China maak weer stem dik oor sosiale media
China se internet-reguleerder, Cyberspace Administration, het vandeesweek nuuswebwerwe verbied om internetbronne vir berigte te gebruik sonder dat dié bronne behoorlik nagegaan is.
Lae kykergetalle vir nuwe ‘Top Gear’; aanbieder bedank
Die BBC se vlagskip-motorprogram, “Top Gear” het sy jongste seisoen op ʼn laagtepunt geëindig.
Aarde het tweede ‘maan’
Nasa-wetenskaplikes het onlangs vasgestel dat die aarde, naas die maan, oor ’n tweede natuurlike satelliet beskik.
[Video] Wimbledon: Die tegnologie agter die skerms
In ʼn video wat vervaardig is oor Wimbledon, die wêreld se oudste tennistoernooi wat jaarliks in Londen gespeel word, word meer vertel oor tegnologie wat verseker dat wedstryde in dié toernooi deur verskeie televisiestasies na miljoene kykers gebeeldsend kan word.
China gee groot ruimtetreë
China het pas sy kragtigste vuurpyl nóg gelanseer en die land se planne is goed op dreef om teen die einde van die volgende dekade op Mars te land
Jaguar F-Pace kom tuis
Jaguar is al ʼn geruime tyd hard aan die werk om hulle handelsmerk te verfris en opknap. Die F-Type tokkel my hartsnare iets verskrikliks – dan kom die XE, XF, XJ en dan nou die nuwe F-Pace. Al wat Jaguar in Suid-Afrika belemmer is die afgryslike wisselkoers wat die rand tans so arm laat.
Papegaai dalk getuie in moordverhoor
Aanklaers in Amerika probeer uitpluis of hulle ʼn papegaai as getuie in ʼn moordverhoor kan gebruik, nadat die papegaai glo die laaste woorde van ʼn man, wat vermoor is, herhaal het.
Luister: Diens is die wagwoord vir ‘n suksesvolle onderneming
Vandag gesels Jacques Basson met Stefan van der Walt, ‘n deurwinterde sakeman met 32 besighede agter sy naam.
“Ek is 50 jaar oud en reeds die afgelope 30 jaar in die sakesektor. Ek was vir ʼn paar jaar in die korporatiewe wêreld voordat ek met my eie besighede begin het.”
Internasionale ruimtestasie met blote oog sigbaar
Suid-Afrikaners kan die internasionale ruimtestasie (IRS) tot 7 Julie aanvanklik vroegaand en later laatmiddag sien. Besoek die Nasa-webwerf om vas te stel wanneer jy die IRS waar kan sien.
Groot reaksie oor appel wat ‘geboelie’ word
ʼn Onderwyseres van Birmingham, in die Verenigde Koningryk, se waardevolle les oor boelies is in net meer as ʼn week meer as 200 000 keer op Facebook gedeel.
Lees: die perfekte wintertydverdryf
Lees is die perfekte tydverdryf vir die winter. Om jou kind daarvan te oortuig is natuurlik ’n ander storie! Hier is ’n paar wenke om selfs die mees onwillige leser sover te kry om dié Julie-vakansie met ’n boek op te krul.
Juno-tuig amper by Jupiter
Nasa het vandeesweek gesê dié ruimte-agentskap verwag dat sy Juno-tuig op 4 Julie by Jupiter sal aankom nadat dit in 2011 gelanseer is en 2,8 miljard kilometer afgelê het.
Helfte van jou Twitter-skakels dalk net vir die spoke
ʼn Onlangse studie deur Microsoft en die Universiteit van Colombia het bewys dat meer as helfte van die skakels wat op Twitter gedeel word, nooit geklik word nie.
Missouri rig sonpaneel-paaie op
Die departement van vervoer in die Amerikaanse deelstaat Missouri het Donderdag gesê hy het kragte saamgesnoer met Solar Roadways om ‘sonpaneel-paaie’ op te rig op dele van die historiese roete 66 as deel van sy ‘Road to tomorrow’-inisiatief.