ʼn Sesjarige dogtertjie het Vrydagmiddag in Lehae in Lenasia, suid van Johannesburg, in die vloedwater verdrink.
Vierjarige skok dood in Gauteng
ʼn Vierjarige dogtertjie het by die Thembelihle informele nedersetting in Lenasia, suid van Johannesburg, doodgeskok.
ANC-raadslid se R900-seksoproep
ʼn ANC-raadslid van die Witzenberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap het glo tydens kantoorure ʼn agt en ʼn half minuut lange telefoonoproep na ʼn sekslyn gemaak.
Video: Wenkaartjie van R4.6 miljard nog nie geëis nie
Die enkele wenner van ʼn $425 miljoen (R4.6 miljard)-loterykaartjie het nog nie sy prysgeld geëis nie.
Amcu-staking duur steeds voort
Impala Platinum (Implats) het Vrydag gesê die drie platinummynmaatskappye en die vakbond Amcu het nog nie ʼn ooreenkoms bereik om die staking te beëindig nie.
Naspers-hoof tree uit
Naspers het Saterdag Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, se uittrede aangekondig.
Waterkloof-2 voor paroolraad
Twee van die sogenaamde Waterkloof-4 het Vrydag voor die paroolraad verskyn, hangende ʼn hersiening van hul parool.
Eskom: Kragopwekkers steeds buite werking
Vier van Eskom se kragopwekkers, wat vandeesweek tegniese probleme ondervind het, is nog steeds buite werking.
Vermeende rower in Gauteng geskiet
Polisiebeamptes het ʼn vermeende rower Vrydag geskiet nadat hy juwele en ʼn selfoon in Roodepoort, Gauteng, gesteel het.
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Terwyl ʼn storm woed oor ʼn voorbladberig van Beeld oor ʼn studentegroet, het studente en oud-studente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Puk-kampus in Potchefstroom hulself Vrydag op Twitter met die hutssleutels #PUKtradisies en selfs #heilPuk vermaak.
Man in hof oor hospitaal-aanvalle
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy vroue buite die GF Jooste-hospitaal in Kaapstad ontvoer, beroof en verkrag het, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Verkiesing: 7 Mei ‘n Openbare Vakansiedag
President Jacob Zuma het Vrydag aankondig dat hy Dinsdag die proklamasie vir die verkiesingsdatum van 7 Mei 2014 sal onderteken.
Lichtenburg-man skiet vrou, self
ʼn 40-jarige man het homself Vrydag voor ʼn bekende restaurant in Lichtenburg doodgeskiet nadat hy sy vrou geskiet het.
Trekker-fratsongeluk: “Ek weet my boetie was gelukkig toe hy gesterf het”
Louis Matthews, die 20-jarige plaaswerker wat Dinsdagoggend in ʼn trekkerongeluk op ʼn plaas naby Vanderbijlpark in Gauteng dood is, het voluit gelewe en hy het vir plaaswerk gelewe, het sy sussie, Elna Matthews, Vrydag aan Maroela Media gesê.
Slang maak Gautrain-verbruiker bang
ʼn Een meter lange rinkhals het ʼn Gautrain-pendelaar só op hol dat hy sedert Dinsdag nie sy motor van die Midrand Gautrain-stasie wou verwyder nie, het Times Live Vrydag berig.
Debat oor Puk-groet: ʼn G*tslag vir Afrikaans?
ʼn Groot debat het Vrydag op sosiale media ontstaan nadat Beeld in ʼn voorblad-artikel berig het oor ʼn studentegroet wat deur studente op Noordwes-Universiteit (NWU) se Puk-kampus in Potchefstroom gebruik word.
Vandale wat wou bewys piramide is deur Atlantis gebou, word aangekla
Twee Duitsers wat aanhangers is van samesweringsteorieë word nou vervolg nadat hulle skade in ‘n Egiptiese piramide aangerig het.
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns se saak uitgestel
Die twee tienerseuns wat verdink word van die moord op twee skoolmeisies van Johannesburg in ʼn vermeende sataniese ritueel het Vrydag in die Protea-landroshof verskyn.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Verdoemende bewyse glo uitgelek
Die staat het glo 13 verdoemde feite om te bewys dat Oscar Pistorius daaraan skuldig is dat hy beplan het om Reeva Steenkamp dood te skiet, het EWN Vrydag berig.
Regering ondersoek moontlikheid om mediese marijuana te wettig
Pres. Jacob Zuma het Donderdag in die parlement gesê die departement van gesondheid sal die moontlikheid ondersoek om die mediese gebruik van dagga in die land te wettig.