Die regering in Mpumalanga wou Woensdag nie bevestig dat tenderprosesse vir huurooreenkomste in die toeristedorp Pelgrimsrus gekanselleer is nie.
Man vermoor glo vrou, baba
ʼn Man het na bewering sy vrou en baba in Delft in Kaapstad doodgeskiet.
Nuuskommentaar: O Katrina, daar’s water – sommer baie water
Sommer amper in dieselfde asem word berigte van ‘n knellende droogte – die ergste sedert 1933 – opgevolg deur berigte van oorstromings, lewensverlies en skade.
E-tol uitspraak word gelewer
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting Donderdag uitspraak lewer of e-tolwetgewing ongrondwetlik en ongeldig is.
Bloulig-tiener: Bestuurder vandag gevonnis
Joseph Motsamai Semitjie, wat daarvan beskuldig word dat hy die tiener Thomas Ferreira met ʼn blouligmotor omgery het, sal na verwagting Donderdag sy lot in die Krugersdorpse landdroshof hoor.
‘High five’ na aanranding van voormalige vlootsoldaat
Blayne Shepard het ʼn voormalige vlootsoldaat in die Royal Marines glo geskop voor hy ʼn vriend ʼn ‘high five’ gegee het op 23 Maart verlede jaar na ʼn Superrugby-wedstryd tussen die Haaie en die Melbourne Rebels op Kings Park in Durban.
‘Stryd teen misdaad verskerp,’ sê minister
Die regering het sy stryd teen ernstige misdade verskerp, het Jeff Radebe, minister van justisie, Woensdag gesê.
Herschelle Gibbs gekap oor Oscar-twiet
Die voormalige Protea-kolwer Herschelle Gibbs het Woensdag onder skoot gekom weens ʼn twiet oor die Oscar Pistorius-moordverhoor.
Olieboor-werker sê hy het vermiste Boeing gesien
In ʼn vreemde kinkel rakende die verwyding van ʼn vliegtuig van Malaysia Airlines beweer ʼn olieboor-werker hy het die vliegtuig in vlamme gesien rondom die tyd wat dit verdwyn het.
EFF betaal verkiesingsdeposito
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê hy het die opbrengs wat hy uit die verkoop van T-hemde en berets gemaak het sowel as donasies gebruik om sy deposito te betaal om in Mei se algemene verkiesing te staan.
Kabeldief skok dood
ʼn Kabeldief het Woensdag doodgeskok by ʼn substasie in Kimberley in die Noord-Kaap terwyl hy glo koperkabels probeer steel het.
Vier steeds vermis weens vloede
Vier mense word steeds in Mpumalanga en Limpopo vermis na die swaar reën en kitsvloede oor groot dele van land die afgelope twee weke.
Richmond-plaasmoorde: Vier weer in hof
Vier mans het Woensdag in die Richmond-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn vir die moorde op Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) op hul plaas Springfield
Kompensasie vir slawerny geëis
Waarnemers meen Engeland, Frankryk en Nederland sal “beslis” in April hul skuldaanmanings kry nadat die lidlande van die Caribbean Community (Caricom) ‘n tienpuntplan goedgekeur het om kompensasie te eis vir jarelange slawerny.
Ruimtetuig sien “ronde reënboog” in Venus se atmosfeer
‘n Tuig van die Europese Ruimte-agentskap, Venus Express Orbiter, het die eerste ronde reënboog, in Engels bekend as ‘n “glory” op ‘n ander planeet as die aarde waargeneem.
FDA keur “kopband” goed wat migraine kan keer
Die VSA se Food and Drug Administration (FDA) het ‘n “kopband” goedgekeur wat gebruik kan word om te keer dat ‘n mens migraine kry. Een…
Video: “Daar kan weer beurtkrag wees”
Die hoofoorsaak van verlede week se beurtkrag is volgens Eskom opgelos maar tog beteken dit nie die ligte gaan noodwendig aanhou brand nie.
Video: Vloedwater rig ongekende skade aan
Tientalle verdrinkings, verspoelde brûe, paaie en huise, ‘n vlaag padongelukke, motors wat meegesleur word, damwalle wat breek en riviere wat hulle walle oorstroom. Die oorstromings in verskeie provinsies is besig om ‘n reusetol te eis en ongekende skade aan te rig.
Paaie in Ellisras en Thabazimbi gemonitor ná vloedwaarskuwing
Paaie in die Thabazimbi en Lephalale (Ellisras)-omgewing in Limpopo word gemonitor nadat ʼn vloedwaarskuwing vir die omgewing uitgereik is.
Schumi toon “tekens van hoop”
Michael Schumacher, die voormalige F1-kampioen, se bestuurder het Woensdag gesê hy gee “klein tekens” van sy gesin om steeds hoopvol te wees.