“Dit voel of ek skielik te veel van die wêreld weet. Al die dinge waarteen ek myself beskerm het, is nou daar. Die boksies is oopgemaak en dit kan nie weer toegemaak word nie.”
Kaapse animasie wen talle pryse
“Stick Man” het die aand met die meeste pryse weggestap en het onder andere stof geskop in die oë van tekenprente soos Shaun the Sheep: The Farmer’s Llamas en Bruno & Boots: Go Jump in the Pool
Tuisfliek van die maand: Dis ek, Anna
Rolprentresensent, skrywer, draaiboekskrywer Leon van Nierop resenseer maandeliks vir ons ʼn top-Afrikaanse rolprent wat op Showmax te sien is.
Stories agter die sprokies
“ʼn Hewige donderbui het oor die dorp uitgesak en rukwinde het erg aan die markiestent se dak en vensters geruk. Ek het gedink dis my einde en het skoon hardop begin bid.”
Nuwe 4DX- teater in Menlyn
Fliekgangers word onder meer meegevoer deur wind en reën. Jy sal selfs die reuk van die see of nat grond kan ruik!
Gesoek: Is jy ‘Fiela se kind’?
“Benjamin is ʼn plaasseun wat vir Fiela die volstruise aanjaag en lekker kattekwaad aanvang. Hy sal eerder met sy selfgemaakte houtskuitjie op die dam speel as om die volstruise op te pas.”
Leandie du Randt ondergaan gedaanteverwisseling
Sy is die dogter van ʼn oud-recce – self sonder ʼn enkele bang haar op haar lyf…
[Video] ʼn Eerste kykie na Tobie Cronjé as Lafras Verwey
Die gewilde radiodrama en verhoogstuk deur die veelbekroonde skrywer Chris Barnard, Die Rebellie van Lafras Verwey, gaan op 7 April vanjaar die grootskerm tref.
Oscars 2017: Hier is die benoemings
Daar is vanjaar vir die eerste keer sedert ‘Titanic’ in 1997 nog ’n rolprent wat vir 14 toekennings benoem is.
Video: Bekendes vertel: Vir dié geleentheid dra ek bloedrooi skoene
Verskeie bekendes het Donderdag op die glanstapyt by Cedar Square in Randburg by die fliekpremiѐre van Hoener met die rooi skoene vertel vir watter geleentheid húlle ʼn paar rooi skoene sal dra.
“Vir die voëls” se Simoné: ‘Ek verkondig van nature my Christenskap’
“Ek het myself hoor sê ‘Here, as ek ooit die geleentheid kan hê om op die groot skerm te wees en om dít te doen, dan belowe ek om, wanneer die kollig op my is, dit soos ʼn spieël na U toe terug te skyn, want ek wil dit nie vir myself hê nie’.”
Wen: Nuwe Roets-rolprent ‘aweregs, slimsnaaks’
Die legendariese rolprentmaker Koos Roets se splinternuwe fliek, Hoener met die rooi skoene, word op 27 Januarie landswyd in teaters uitgereik. Roets is die regisseur sowel as die draaiboekskrywer.
Golden Globes 2017: Só het die sterre gelyk
Ligpienk, helderpienk, roospienk, babapienk – dié kleur was vanjaar ʼn gunsteling onder bekendes tydens die 74ste Golden Globe-toekennings wat die afgelope naweek in Beverly Hills in Kalifornië, VSA, uitgedeel is.
Golden Globes 2017: Meryl Streep steel kollig
Die veelbekroonde aktrise Meryl Streep het vanjaar die kollig gesteel met haar toespraak waarin sy na Donald Trump as die verkose president kap.
‘Jou Romeo’: Loki Rothman praat oor klankbaan
“Vir Jou Romeo het ek nie die agtergrondmusiek geskryf nie, maar wel die oorspronklike musiek wat lirieke by het.”
Wen: ‘Jonathan’: ʼn Skreeusnaakse, dog eerlike blik op die komediant
Jonathan is 30 jaar oud. Op dié rype ouderdom het hy nie veel meer as sy groot drome nie, en woon selfs nog onder sy ouers se dak. Maar toe hy een aand ʼn drankie te veel drink en met sy pa se motor in ʼn ongeluk betrokke is, was sy ouers keelvol: Straat toe met Jonathan, en as hy gaan oorleef én sy drome waar maak, sal hy vinnig moet begin werk.
Luister: Vermaak, romanse én lewenslesse in ‘Jou Romeo’
Jou Romeo, die jongste Afrikaanse romantiese tienerkomedie, begin op 23 Desember landwyd in fliekteaters draai en beloof om te vermaak én lewenslesse te leer.
Video: ‘n Paar vinnige vrae aan Simoné Nortmann
Simoné het met Maroela Media gesels oor alles en nog wat – tot oor wat sy graag vir haar hondekind, Jossie, sê.
Foto’s: ‘Jou Romeo’-première: ʼn Fliek vir die hele gesin
Hoe gemaak wanneer jy al maande droom om Romeo & Juliet op die planke te bring en dan skielik die nuus ontvang: Die skool se dramabegroting is gesny en sou jy wou voortgaan, lê die verantwoordelikheid by jou. Jy kry natuurlik die gewildste seun in die skool, die regte hartebreker en krieketheld om die hoofrol te vertolk.
‘n Oscar wink vir ‘Noem my Skollie’
“Van die begin af het sy storie my geboei asook sy vermoë om ʼn gehoor se aandag te behou op ʼn outentieke en verfrissende manier.”