Leading Lady het die afgelope naweek op die grootskerm begin draai en het reeds meer as R1.368 miljoen by die loket ingebring.
WEN ‘n wegbreek vir twee met Leading Lady
Hierdie kompetisie is gesluit: WEN met Leading Lady! Een gelukkige Maroela Media-leser kan nou, met die komplimente van Guvon Hotels & Spas en die fliek, Leading Lady, ʼn wegbreek vir twee persone na die Askari Game Lodge & Spa in die Magaliesberg in Noordwes wen!
Leading Lady: Bok van Blerk gaan maak ‘n draai by gewilde sepie
Bok van Blerk maak hierdie Vrydag sy verskyning op die stel van die Binnelanders om die vrystelling van die plaaslike fliek, Leading Lady, te vier en daar wag ‘n paar verrassings op die karakters van die gewilde sepie.
Video: Ek is so bietjie verlief op SA – Gil Bellows
Die internasionale akteur Gil Bellows wat in die fliek Leading Lady te sien is, het verlede week ʼn draai in Suid-Afrika gemaak om die première van dié fliek by te woon.
Foto’s: Talle bekendes by die première van Leading Lady
Die première van die skreeusnaakse rolprent, Leading Lady, is tydens ʼn glansgeleentheid in Johannesburg gehou en talle bekendes, onder meer Gil Bellows het die geleentheid bygewoon.
Goeie nuus: Laurel and Hardy herleef
Al is hul laaste film reeds in 1953 vrygestel, het Stan Laurel en Oliver Hardy se aanhangers vir ʼn geruime tyd nie dié twee Britse karakters vergeet nie. ‘n Video met hul manewales volg onderaan die berig.
Video: SA fliek speel af in Frankryk
Die lokprent van ʼn nuwe plaaslike rolprent, French Toast is vandag bekend gestel. Die rolprent is gemaak deur dieselfde span wat Pretville en Liefling vervaardig het.
Leading Lady: Hollywood-akteur kom kuier in Johannesburg!
Die Kanadese akteur, Gil Bellows, gaan binnekort in Suid-Afrika kom kuier en skouers skuur met van ons beste plaaslike akteurs.
Video: Marius Weyers en Sandra Prinsloo weer saam op die grootskerm
Vanjaar is die eerste keer in meer as 20 jaar wat Sandra Prinsloo en Marius Weyers saam op die verhoog verskyn in produksies soos Vir Ewig en Altyd en Die Seemeeu. Nou is hulle ook besig om weer saam aan ʼn rolprent te werk.
Jaco Jacobs oor Suurlemoen – Die film
As jy ʼn aanhanger van die jeugboek Suurlemoen was, kan jy gerus die fliek gaan kyk wat op dié boek gebaseer is.
Video: 2014 Silwerskermfees hoogtepunte
Die 2014 kykNET Silwerskermfees het die naweek tot ‘n einde gekom en was ʼn groot sukses. Maroela Media was daar tydens die fees en het ʼn video van ʼn paar hoogtepunte van die fees saamgestel: kuier saam!
Die Windpomp wen groot by Silwerskermfees
Die 2014 kykNET Silwerskermfees het Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Kampsbaai die beste rolprente en kortfilms met toekennings vereer.
Silwerskermfees: Windpomp-regisseur gesels oor benoemings
Die rolprent Die windpomp is in nege kategorieë genomineer by vanjaar se Silwerskermfees en Maroela Media het met Etienne Fourie, regisseur en skrywer van die fliek, gesels oor wat dié benoemings vir hom beteken.
Silwerskermfees: Vuil Wasgoed
Die kortfilm Vuil Wasgoed wat tydens die 2014 Silwerskermfees te sien is, is geskryf deur Bennie Fourie en vervaardig deur Bouwer Bosch. Maroela Media het met hulle daaroor gesels.
Video: Nataniël-kortfilm betower by Silwerskermfees
Nataniël is te sien in die kortlfilm, ‘Almon Henry’, waarvan hy ook die draaiboek geskryf het. Die kortfilm is by vanjaar se Silwerskermfees te sien.
Video: Pad na jou Hart-fliek kom na jou dorp toe
Pad na jou Hart, die tweede grootste Afrikaanse lokettreffer, gaan binnekort in plattelandse dorpe op ʼn buitelugskerm te sien wees!
Lokprent: ʼn Brit in Brandfort
Die eerste internasionale lokprent van die rolprent Leading Lady word vandag om 12:00 eksklusief vir die eerste keer deur Maroela Media en Dark Matter Studios bekendgemaak.
Video: Rolprente oor die vermiste Vlug MH370
Twee rolprente, wat geïnspireer is deur die vermiste Vlug MH370 van Malaysia Airlines, word aan kopers by die Cannes-rolprentfees voorgehou, skaars twee maande nadat dié vliegtuig met 239 mense aan boord verdwyn het. Lokprente vir al twee rolprente volg onderaan die berig.
Grootskerm: Die Windpomp
Maroela Media het met die span van die nuwe plaaslike rolprent “Die Windpomp” gesels om meer daarvan uit te vind.
Grootskerm: Konfetti
ʼn Troue is iets waarmee almal hulle kan vereenselwig. Elkeen van ons het al ʼn troue as ʼn gas, blommemeisie, vriend of familielid bygewoon (of is self getroud). Ons almal ken troues en weet hoe dit gaan. Dit is presies waar die nuwe Suid-Afrikaanse rolprent Konfetti afspeel: by ʼn troue.