Die Johannesburg première van Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling is gisteraand gehou. Maroela Media was daar en het ʼn paar foto’s van die sterbelaaide rolverdeling geneem.
Luister: Helena Spring gesels oor 18 Safta-nominasies en plaaslike rolprentbedryf
Die nominasies vir die Suid-Afrikaanse film- en televisietoekennings (Safta’s) is onlangs bekendgemaak en die rolprente Hard to get en Faan se trein is altesaam 18 keer genomineer.
12 Safta-nominasies vir Deon Opperman se ‘Donkerland’
Die uitblinkers in die Suid-Afrikaanse film- en televisiebedryf word jaarliks met ʼn Suid-Afrikaanse film- en televisietoekenning (Safta) bekroon en die Afrikaanse televisiedrama Donkerland het 12 benoemings ontvang.
‘Birdman’ en ‘Grand Budapest Hotel’ ryg die Oscars in
Die wenners van die 2015 Oscar-toekennings (Academy Awards) is vanoggend by die Dolby Theatre in Hollywood, Kalifornië aangekondig en dit is geen verrassing nie dat die unieke rolprent Birdman met vier Oscars weggestap het.
Die grond treur
Dr. Dirk Hermann oor die boek, Treurgrond en die rolprent wat in Mei in teaters begin wys.
ʼn Stukkie Frankryk in Harties
‘n Stukkie van Frankryk was hierdie naweek in Noordwes te sien toe die regisseur Paul Krüger ʼn replika van die slotbrug en “I love you”-muur van Parys, Frankryk bekendgestel het in Hartbeespoort.
Wen ʼn DVD van Leading Lady!
Hier is vir jou goeie nuus indien jy die skreeusnaakse fliek, Leading Lady, op die grootskerm misgeloop het of dalk die fliek weer en weer wil kyk: die DVD is nou beskikbaar!
Ouderdomsperk op ‘50 Shades’ te laag, sê Louis Brittz
Die Film- en Publikasieraad (FPB) is die afgelope week oorval met klagtes van verskeie organisasies wat meen die fliek ‘50 Shades of Grey’ se ouderdomsperk van 16 is te laag.
Resensie: Mooirivier bewys liefde wen altyd
Die splinternuwe Afrikaanse fliek, Mooirivier, word beskryf as ʼn romantiese ensemble rolprent en soos die naam aandui, speel dit af in Potchefstroom.
Luister: Heinz Winckler vertel hoekom Mooirivier dié fliek is vir die liefdesmaand
Fliekvlooie kan gerus nader skuif want Vrydag begin daar ʼn splinternuwe Afrikaanse romantiese komedie in die rolprentteaters draai.
“Ballade vir ‘n enkeling” se treffers herleef
Die treffers uit die gewilde televisiereeks, “Ballade vir ‘n enkeling” kry nou ‘n nuwe baadjie vir die bekendstelling van die fliek, wat op 20 Maart in teaters begin wys.
Video: Sterbelaaide Mooirivier is eersdaags op die grootskerm
Mooirivier is ʼn splinternuwe Afrikaanse rolprent wat eersdaags bekendgestel word en spog met akteurs soos Tim Theron, Milan Murray, Bouwer Bosch, Anel Alexander, Heinz Winckler, Leandie du Randt en Anne Hirsch.
Hier is die 2015 Oscar-benoemings
Die nominasies vir die 2015 Oscar-toekennings (Academy Awards) is gister bekend gemaak en Birdman en The Grand Budapest Hotel het albei nege nominasies ontvang.
Musiekvideo: Anders sing temalied van Knysna
Die temalied van die rolprent Knysna word deur Wynand en Lindi Delport van die groep Anders gesing.
Boyhood kraai koning by Golden Globes
Die fliek Boyhood het koning gekraai by die 72ste Golden Globe-toekennings wat Sondag in die Beverly Hilton-hotel in Beverly Hills gehou is.
Fees van Afrikaanse flieks op die kassie te sien
kykNET se fees van klassieke Afrikaanse flieks speel nog op die geleentheidskanaal, fliekNET, tot einde Januarie en Maroela Media het die hele maand se skedule…
Video: Fliekvlooie kan hierna uitsien
As jy daaraan dink om die vakansie ʼn draai by die fliekteaters te maak of wonder na watter flieks jy in 2015 kan uitsien, is hierdie vir jou bedoel.
Video: Rolprent oor Kim Jong-un gekanselleer ná dreigemente
Sony Pictures het die vrystelling van ʼn rolprent oor die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, gekanselleer ná dreigemente van kuberkrakers en verskeie teatergroepe se weiering om dit te vertoon.
Video: Brümilda van Rensburg gesels oor Leading Lady
As jy hierdie vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, kan jy gerus die fliek Leading Lady gaan kyk! Maroela Media het met Brümilda van Rensburg gesels oor haar skreeusnaakse rol in die fliek.
Bekroonde jeugboek binnekort ’n fliek
Die vervaardiging van ’n rolprent gebaseer op Anoeschka von Meck se bekroonde jeugboek Vaselinetjie (Tafelberg) begin eersdaags.