Leon van Nierop bied binnekort ʼn filmwaarderingswerkswinkel aan tydens Maroela Media se Buitebioskoop op 12 September by die Botaniese Tuin in Pretoria en ons het met hom daaroor gesels.
Silwerskermfees 2015: Hier is al die wenners
Die wenners van die toekennings by vanjaar se kykNET Silwerskermfees is Saterdagaand by ’n glansryke kykNET-bloutapyt-geleentheid bekendgemaak.
Video: Skating on Thin Uys 30 jaar later op die grootskerm
Die rolprent Skating on thin Uys is gisteraand op die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad vertoon, 30 jaar nadat dit die eerste keer uitgereik is.
Silwerskermfees 2015: Tertius Kapp oor die uitdagings om ʼn teks te verwerk
Op vanjaar se kykNET Silwerskermfees is daar ʼn paar bestaande werke wat verwerk is vir die grootskerm en Tertius Kapp wat die teks vir Dis ek, Anna in ʼn draaiboek omskep het was deel van ʼn paneelbespreking tydens die fees oor die verwerking van teks. Maroela Media het met hom daaroor gesels.
Silwerskermfees 2015: Antoinette Louw skitter in riller
Antoinette Louw is by vanjaar se kykNET Silwerskermfees te sien in die kortfilm ‘Foto’. Maroela Media het met haar daaroor gesels.
Silwerskermfees 2015: Tina Kruger gesels oor die kortfilm Beurtkrag
Die regisseur en skrywer, Tina Kruger, gesels oor die kortfilm ‘Beurtkrag’.
Silwerskermfees 2015: Stem vir jou gunsteling
Die kykNET Silwerskermfees het gister in Kampsbaai afgeskop en die nominasies vir die toekennings van dié fees is ook bekend gemaak.
Anton skryf temaliedjie vir nuwe rolprent
Die rolprentweergawe van Jeanne Goosen se roman, ’n Pawpaw vir my darling, word op 8 Januarie 2016 vrygestel, en Anton Goosen het die temaliedjie daarvan geskryf.
Silwerskermfees 2015: Neels van Jaarsveld in drie flieks
Neels van Jaarsveld, wat tans in die televisiereeks Getroud met Rugby te sien is, is vanjaar in drie rolprente by die kykNET Silwerskermfees te sien.
Buitebioskoop 2015: Kom fliek saam met ons
Ter viering van Afrikaans se 90ste bestaansjaar as amptelike taal, hou ons spesiaal op 12 September ʼn buitelugfliekpiekniek, ‘n “buitebioskoop”, by die Botaniese Tuin in Pretoria.
[Video] Kry hier ’n voorsmaak van Regardt van den Bergh se nuwe fliek
Die eerste lokprent van Regardt van den Bergh se splinternuwe fliek, Uitvlucht, is bekendgestel.
Fliekvlooie staan reg: die Silwerskermfees is hier
Fliekvlooie kan regmaak vir die kykNET Silwerskermfees waartydens Kampsbaai jaarliks omskep word in die Suid-Afrikaanse weergawe van die bekende Cannes-rolprentfees.
Boetie gaan (Afrikaanse) fliek toe
Afrikaanse films het selfs vóór die amptelike erkenning van Afrikaans al verskyn, en beeld die taal se ontwikkeling en uitdagings uit.
Luister: Filmverse – waar digkuns en animasie ontmoet
Filmverse is ʼn reeks animasiefilms van Afrikaanse gedigte en die tweede reeks van Filmverse word nou beplan vir 2016.Maroela Media het met Nita Cronje van die ATKV gesels oor die konsep van Filmverse en hoekom hierdie soort projek belangrik is vir die animasiebedryf.
Video: Maak jou eie ‘Back to the future’-modelkarretjie
Dit is vanjaar 30 jaar sedert die immergewilde karakter Marty McFly van die fliek Back to the future op die grootskerm tussen die hede en die verlede rondgespring het. Die video wys vir jou hoe om ʼn modelweergawe te maak van die ikoniese motor wat in die fliek deur tyd kan reis.
Video: Maak jou eie ‘minion’
Met kinders in die huis is die kans baie goed dat jy die “minions” ken. As jy nie kinders het nie, en jy weet steeds wie hulle is … wel, tien uit tien vir jou! YouTube-gebruiker DaveHax wys jou hoe om dié karaktertjie self te maak.
Resensie: Hollywood in my Huis – dit gaan die hartsnare roer
Daar is geen ander woord om Hollywood in my Huis te beskryf as magies nie. Lanklaas was daar ʼn fliek wat dinge soos jong liefde, hoërskool en matriekafskeid so eg uitgebeeld het soos dié fliek.
Wen: Ballade vir ʼn Enkeling op DVD
Hierdie kompetisie is gesluit. Die fliek, Ballade vir Enkeling, word op 26 Junie op DVD uitgereik en vyf gelukkige Maroela Media Lesers kan elk een van dié DVD’s wen.
Foto’s: Première van Hollywood in my Huis
Die première van die nuwe plaaslike rolprent Hollywood in my Huis is gisteraand in Johannesburg gehou. Christia Visser, Edwin van der Walt, Leandie du Randt, Louw Venter en Nicola Hanekom wat almal in die fliek te sien is, het die geleentheid bygewoon.
Bekende Hollywood-komponis sterf in vliegongeluk
Die bekende Hollywood-komponis, James Horner, het Maandag in die ouderdom van 61 in ’n vliegongeluk gesterf, berig The Hollywood Reporter.