Oud en jonk het Saterdag luilekker uitgespan by Maroela Media se fliekpiekniek wat by Monte De Dios in die ooste van Pretoria aangebied is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "buitebioskoop"
Kom hou fliekpiekniek saam met Maroela en Jak de Priester
Maroela Media nooi jou na ons fliekpiekniek: kom kuier saam met Jak de Priester en kyk twee van die mooiste Afrikaanse flieks saam met ons. Bespreek nou jou piekniekplek by Monte De Dios in Pretoria vir Maroela se fliekpiekniek op 17 Oktober 2020.
[Video] Buitebioskoop 2017: Afrikaners is plesierig – en dan fliek hulle só
ʼn Warm lenteson het Saterdag skaars oor die Botaniese Tuin in Pretoria gesak of meer as 1 000 fliekvlooie het reeds hul piekniekkomberse oopgegooi om Afrikaanse musiek en flieks behóórlik in die buitelug te vier.
Maroela Media vereer die legendariese Koos Roets
Maroela Media het vanjaar by sy Buitebioskoop Koos Roets vereer vir die ongelooflike belangrike, diep en blywende spore wat hy in die Suid-Afrikaanse filmbedryf getrap het.
ʼn Piekniekmandjie se moet-hê-item: Springmielies
Volg hierdie resep om jou springmielies elke keer perfek te maak, en vertel ons wat jou gunstelingmanier is om springmielies te eet. Een gelukkige piekniek-liefhebber kan twee kaartjies na Maroela Media se buitebioskoop op 16 September wen.
Buitebioskoop: Dis weer tyd vir fliek en piekniek!
Maroela Media en attooh! is uit ons vel van blydskap om jou te vertel dat jy hierdie jaar weer saam ons die nostalgie van ʼn inryteater – met ʼn bietjie van ʼn kinkel – kan herleef. Kom sprei jou piekniekkombers uit, geniet goeie musiek en kyk drie Afrikaanse flieks saam met ons by die Buitebioskoop!
Foto’s: Nostalgie, trane en hupse gryses by Buitebioskoop
Met bykans 1 500 Afrikaanssprekendes wat die afgelope Saterdag hul piekniekkomberse oopgegooi en mandjies uitgepak het om onder die volmaan by die Pretoria Botaniese Tuin te fliek, was Maroela Media en attooh! se tweede Buitebioskoop, die boetie van die destydse inryteater, weer vanjaar ʼn dawerende sukses.
Ikone in SA rolprentbedryf vereer by Buitebioskoop
Die Suid-Afrikaanse rolprentmakers Regardt van den Bergh en Sallas de Jager is die afgelope Saterdag tydens Maroela Media en attooh! se Buitebioskoop in Pretoria vereer vir hul bydrae tot die Afrikaanse rolprentbedryf.
[Foto’s] Spoggeleentheid vir ‘Sy klink soos lente’ in Johannesburg
Die span van Sy klink soos lente, die romantiese komedie deur Bouwer Bosch Films en The Film Factory, het Woensdagaand in hul volle glorie saamgetrek vir die Johannesburgse première van dié splinternuwe rolprent.
[WEN] Buitebioskoop: Wen R1 000 met jou piekniekmandjie
As jy dink jóú piekniekmandjie skop stof in die oë van ander, wil ons graag van jou hoor. Jy staan die kans om R1 000 kontant en ʼn heerlike Maroela-geskenkpak te wen.
attooh!: Die pretreis na finansiële welstand
Die finansiëledienste-maatskappy, attooh!, is nie sommer enige onderneming nie. Dié familiebesigheid het ʼn hart vir die gemeenskap en glo daarin om groot pret deel te maak van die reis op pad na finansiële welstand.
Luister: Sorina ‘Die Flooze’ oor musiek, geloof en projekte
Die sangeres en aktrise Sorina Erasmus, oftewel die Flooze van Witbank, het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om te gesels oor nuwe musiek, sake van geloof en Maroela Media en Attooh! se Buitebioskoop.
Buitebioskoop 2016: Kom fliek saam met ons
Gaan haal weer jou piekniekmandjie en -kombers uit die kas. Dit is uiteindelik weer tyd vir Maroela Media en attooh! se jaarlikse Buitebioskoop!
Redakteursbrief: Van ʼn vergesogte idee tot ʼn fliekfees soos min
Ek onthou skielik die oomblik, so twee jaar gelede, toe ʼn kollega by my kantoor ingestap het en gesê het: “Ek het ʼn idee… Kom ons hou ʼn fliekpiekniek.” Lees Susan Lombaard se redakteursbrief.
[Foto’s] Maroela Media se Buitebioskoop bekoor groot Afrikaanse gehoor
ʼn Toentertydse tradisie met ʼn moderne kinkel het gesinne, vriende en verliefdes Saterdag na die Pretoria Botaniese Tuin laat stroom vir Maroela Media se heel eerste Buitebioskoop. Die idee van fliek, musiek, piekniek en samesyn, amper soos die inry van ouds, was só gewild dat die 1 200 beskikbare kaartjies drie dae voor die geleentheid reeds uitverkoop was.
Danie Bester aangewys as Maroela Media se Bioskoop-boffin
Danie Bester, vervaardiger en skrywer, is Saterdag tydens Maroela Media se Buitebioskoop-geleentheid by die Botaniese Tuin in Pretoria vereer vir sy bydrae tot die Afrikaanse filmbedryf.
[Video] Buitebioskoop: Só sê Leon van Nierop
Leon van Nierop bied binnekort ʼn filmwaarderingswerkswinkel aan tydens Maroela Media se Buitebioskoop op 12 September by die Botaniese Tuin in Pretoria en ons het met hom daaroor gesels.
Buitebioskoop 2015: Kom fliek saam met ons
Ter viering van Afrikaans se 90ste bestaansjaar as amptelike taal, hou ons spesiaal op 12 September ʼn buitelugfliekpiekniek, ‘n “buitebioskoop”, by die Botaniese Tuin in Pretoria.