“Vir Jou Romeo het ek nie die agtergrondmusiek geskryf nie, maar wel die oorspronklike musiek wat lirieke by het.”
[Luister] Pieter Koen vertel oor ‘prettige én ernstige’ album
Hy’s gʼn Casanova nie, sê die sanger Pieter Koen ná die vrystelling van sy enkelsnit “Boobs, boude, bene” – net eerlik en komies, soos aanhangers hom al jare ken. Dié enkelsnit is immers deel van sy nuwe album, Ek kan nie vra vir meer, en die sanger vertel die album wys ook die ander, meer ernstige sy, van die sanger.
Maroela Media Afrikaanse Top 20 – 19 Desember 2016
In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top 20 het agt snitte beter plekke op die lys behaal, terwyl tien hul posisie verloor het en twee kunstenaars hul posisies behou het.
Afrikaans is Groot, Groter, Grootste!
En wat die aanbieding betref, is dit elke jaar natuurlik anders, en om die verhoog en al die elemente daarvan te bou was soos ’n legkaart. ’n Deel is in Doebai aanmekaargesit, ’n ander deel in Holland, nog een in Duitsland …
2016 se musiek
Die nuweling van die jaar is ongetwyfeld Refentse, wat diep in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gekruip het met sy album My hart bly in ʼn taal.
Video: “Karoonag” kry nuwe lewe op Zoid Afrika
“As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld, en die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê; as die tweeling en die kreef kotteljons oor Beaufort-Wes, en die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet…”
Onverwagse kunstenaar verkoop meeste CD’s in 2016
2016 se topverkoper sing nie. Hy tokkel ook nie die kitaar nie en toer nie. Inteendeel, niemand wat leef, het hom al ooit ontmoet nie.
Bloed ís dikker as water, sê Die Campbells
Meer as 800 000 van Die Campbells se albums het al van die rakke gevlieg sedert dié duo in 2001 You’re my mate vrygestel het. Nou het hulle onlangs hul 17de ateljee-album, Bloed is dikker as water, vrygestel en sê dié album gaan aanhangers wéér aan’t skoffel kry.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 12 Desember 2016
Ná drie weke in die nommer 1-posisie maak Georic Lomas plek vir Len Muller se liedjie “Ek glo”.
Wouter van de Venter ná 16 jaar terug met nuwe ‘love song’-album
ʼn Volle 16 jaar – die tydperk wat tussen die sanger en liedjieskrywer Wouter van de Venter se laaste en jongste album staan – is ʼn láng tyd. Maar wanneer dit byna twee dekades neem vir ʼn sanger om nuwe musiek vry te stel, kan jy vir seker weet: Daar is iets aan’t kom wat aan die hartsnare gaan pluk.
Die Heuwels Fantasties oor ‘LED Liefde’ en die lewe
Bekyk jy hulle so op ʼn afstand, sien jy ʼn musiekgroep: Daar is die kepse, die skinny jeans, die koel hare en natuurlik die aura – eienskappe wat jy sou verwag van ʼn suksesvolle musiekgroep. Daar moet mos iets wees wat hulle laat uittroon bó die gewone mens, iets kunssinnig of ongewoon wonderliks wat die aanhangers by duisende na konserte kan trek.
[Wen] Wen ʼn Kerry-Lee-album vir jou Kerskous
Vyf lesers kan elk ʼn Dans in die reën-album wen.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 5 Desember 2016
Georic Lomas se lied, “Bazaruto”, bly vir die derde week op nommer 1.
Video: DZL verwelkom sonskyn met video
Wiaan Fourie, een van die DZL-duo, sê hul persoonlikhede kom deur in die musiekvideo en hulle wys dat hulle die lewe nie te ernstig opneem nie.
Resensie: ‘Onweerstaanbaar’ – Candy Benson
“Tot die son opkom” is ’n hoogtepunt van die album, en sal die mees mismoedige mens hoop vir die lewe gee.
[Video] Nuwe asem vir Koos Kombuis-treffer
Karen Zoid het Dinsdag vir Koos Kombuis ʼn nuwe jas aangetrek. Die troebadoer maak al vir byna drie dekades musiek en is bekend vir liedjies soos “Lisa se Klavier” en “Bicycle sonder ʼn Slot”.
KKNK stel 2017-program bekend
Die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees-program is pas bekendgemaak en beloof om weer Oudtshoorn se strate in ’n bont, betowerende Afrikaanse makietie te verander.
[Video] Sanger bied huldeblyk aan klein Poppie
“Jou blou oë het nog steeds nie ophou spook by my nie, jy was nie die eerste engelkind om te val nie, maar ek hoop jy sal die laaste wees.”
‘Carols by Candlelight’: Musiek, liefdadigheid én meer
Verlede jaar se Carols by Candlelight-liefdadigheidsvertonings het verseker dat meer as R60 000 en 289 bokse speelgoed vir behoeftige kinders ingesamel word. Nou word dié inisiatief van Spar en JacarandaFM vanjaar wéér in Johannesburg (3 Desember) en Pretoria (1 Desember) aangebied.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 28 November 2016
Georic Lomas se liedjie “Bazaruto” bly vir die tweede week in nommer 1.