Die Brasiliaanse vlieënier Daniel Centeno maak opslae op sosiale media met sy selfies wat hy glo in die middel van vlugte neem.
Vreemd
[Video] Woef dans te lekker saam
Ontmoet Secret, sy is ʼn Australiese skaaphond wat oulike Ierse danspassies saam met haar eienaar, Mary, uitvoer.
[Foto’s] Wanneer ʼn gemors ʼn kunswerk word…
Of dit nou ink, koffie, water of olie is, dis altyd sleg as iets gemors word – veral wanneer dit iets vlek. Hier is ‘n paar foto’s van toevallige kuns wat geskep is toe iemand iets gemors het.
Man vergeet hy verkoop motor, meld dit as gesteel aan
ʼn Man wat te veel te drink gehad het, en sy motor verkoop het om nog drank te kon koop, het dit die volgende dag as gesteel aangemeld toe sy motor weg was.
[Video] Rondloperhonde as waghonde ingespan
ʼn Suid-Koreaanse maatskappy het ʼn plan om ʼn stad se misdaad en rondloperhonde met een uitvinding op te los.
Pensioenarisse beboet ná plundertog in hotel
ʼn Paartjie, twee pensioenarisse, wat “buite beheer was” by ʼn hotel, moet nou opdok vir die skade wat hulle aangerig het.
Liefde laat Japannese prinses haar status opgee
Prinses Mako, die oudste kleinkind van die Japannese keiser Akihito, sal haar status as prinses kwyt wees wanneer sy en ʼn voormalige klasmaat trou.
[Foto’s] Beroemde skilpad met 2 koppe verjaar
Die koppe probeer dikwels kos by mekaar steel en trek altyd die aandag van skares besoekers.
Die All Blacks se vakleerlingprogram
Verlede jaar was dit Jordie Barrett en Ardie Savea se beurt … vanjaar gaan die jong haker van Wellington, Asafo Aumua, na alle waarskynlikheid die kans kry om aan die einde van die jaar saam met die All Blacks te toer.
[Foto’s] Vreemde versoek vir swangerskapfoto’s het internet op hol
“Baie mense dink ek is gek, maar ek is só gemaklik met bye dat dit nooit iets is waarvoor ek bang was nie.”
Terry Pratchett se laaste skryfwerk deur stoomroller vernietig
Sir Terry Pratchett se ongepubliseerde werke is deur ʼn stoomroller vernietig, op versoek van die wyle skrywer.
[Video] Krokodille swem in vrou se agterplaas
“Daar was net genoeg beweging sodat jy kon sien iets is vreemd. Dit was effens grillerig, maar ons het geweet ons sou nie ons deure oopmaak nie. Die krokodil het na my gekyk asof hy my raakgesien het in die venster.”
[Video] Groot lof vir ysskaatsdans met ʼn stoel
ʼn Video van ʼn Kanadese ysskaatsdanser wat een van die bekendste tango’s, La cumparsita, met ʼn stoel op die ysskaatsbaan aandurf, het kykers gaande.
[Foto’s] Hond met eie kospakkie in Texas-storm verower harte
“Dit was asof hy doelgerig op ʼn missie êrens heen loop – ek het gedink dis ongelooflik oulik.”
[Video] Wildehonde in Krugerwildtuin hervestig
Daar is slegs 10 wildehonde oor in die noorde van die Krugerwildtuin, maar SANParke probeer dié situasie beredder. Wildehonde is die tweede mees bedreigde spesie in Afrika naas die Ethiopiese wolf.
Help selfbestuur-motors om die regte besluit te maak
Selfbestuur-motors kan dalk binnekort in groot maat vervaardig word en talle persone wonder hoe ʼn masjien moontlik moeilike morele besluite kan maak in ʼn gevaarlike situasie – en jy kan hiermee help!
[Foto’s] Paleis van ʼn hondehok
Twee jaar later het Aaron Franks se drie brakke ʼn paleis van ʼn hondehok om in te bly – boonop met hul eie swembad en brandkraan.
Sonsverduistering: Pasiënte behandel wat sonskerm in hul oë gesmeer het
Diegene wat na alternatiewe metodes gesoek het om hul oë te beskerm tydens vandeesweek se sonsverduistering in die VSA, moet nou behandeling ontvang nadat hulle sonskerm in hul oë gesmeer het.
Werksaanbod: Versorg dié kinders, ry ʼn Maserati
ʼn Gesin van Londen se advertensie vir ʼn pos om na hul vier kinders om te sien, word wêreldwyd op sosiale media gedeel weens die ongewone voordele vir die geskikte persoon.
Brandbestryders red varkies, braai hulle vir ete
Ondersteuners van onder meer die diereregte-organisasie Peta het gesê die varkies kon net sowel in die vuur doodgebrand het. Die brandweer-organisasie is deur talle op sosiale media gekritiseer.