Soorte resepte:

Maroela Media se 10 gewildste resepte vir 2021

Hierdie resepte is in 2021 die meeste op Maroela Media gelees.

  1. Resep-video: Ongebakte suurlemoenblokkies

Hierdie is ʼn lekker en vinnige resep om te maak as jy smag na ʼn soet peuselhappie wat nie té soet is nie. Die suurlemoen kan met ʼn lemoen vervang word indien jy iets anders wil probeer. Bêre dit in ʼn lugdigte houer in die yskas, dan sal dit oor twee weke nog lekker wees.

  1. Resep: Bobotie-muffins

Hier is nou vir jou ʼn absolute staatmaker om in die vrieskas gereed te hê. Die vleis vries uitstekend sonder die eiermengsel en binne ʼn paar minute kan jy boonop die heerlikste bobotie-muffins voorsit.

Bobotie-muffins. (Foto: Lapa Uitgewers)

  1. Resep-video: Blitsige modderkoekie

Dié Bar One-modderkoekie vat net 90 sekondes om in die mikrogolf te maak, en dis so maklik, kinders kan dit sommer sélf maak.

  1. Resep-video: Kondensmelk-piesangbrood

Maklik en met slegs drie bestanddele!

  1. Resep-video: Maklike maalvleispasta

Makliker as dié resep gaan jy nie kry nie.

  1. Resep: Gis- en eiervrye brood

Het jy dringend brood nodig, maar jy kan nie by die winkel uitkom nie? Probeer gerus dié maklike 4-bestanddeel-broodresep.

Foto net ter illustrasie (Foto: Pixabay)

  1. Resep-video: Cremora-tert

Hierdie moeitevrye tert is ʼn ou bekende onder Suid-Afrikaners.

  1. Resep-video: Vinnige broodrolletjies

Geen gis of knie is nodig nie!

  1. Resep: Geroomde spinasie

Geroomde spinasie is heerlik as bykos saam met enige vleisgereg of jy kan dit selfs as ʼn vulsel vir pannekoek gebruik.

  1. Resep-video: Sjokolade-Cremoratert

Liplek-lekker en moeiteloos.

Sjokolade-Cremoratert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.