Jasmin-moord: Polisievoertuig bots buite hof

Die ongeluk buite die Brakpan-landdroshof. Foto: @Jacanews / Twitter

Die ongeluk buite die Brakpan-landdroshof. Foto: @Jacanews / Twitter

ʼn Polisievoertuig wat Maandag by die Brakpan-landdroshof na bewering gebruik is as ʼn lokvoertuig, was na die hofverrigtinge in ʼn ongeluk betrokke.

Betogers het by die hof se ingang gewag met die hoop om die verdagte te sien.

Die 23-jarige man word daarvan beskuldig dat hy Jasmin Pretorius (4) verkrag en vermoor het.

Die polisie het die man egter deur ʼn ander uitgang uit die hof gelei.

Die polisie se njala-pantservoertuig, wat as lokmiddel gedien het om die skare te oortuig dat dit die voertuig begelei waarin die verdagte vervoer word, het by ʼn kruising in ʼn ander voertuig vasgery en die voorste gedeelte van daardie motor beskadig.

Daar is aanvanklik gedink die ongeluk was ʼn poging van die ontstoke publiek om hul hande op die verdagte te kry. Solly Mnguni, die bestuurder van die wit voertuig, het egter aan verslaggewers gesê dit was net ʼn ongeluk. Mnguni is nie in die ongeluk beseer nie. Sy vrou se elmboog is gering beseer. “Ons het verby die hof gery toe die Njala uit die hek gejaag en ons getref het,” het Mnguni gesê.

Betogers het na die ongelukstoneel gehardloop. “Dit is wat gebeur as die polisie die krimineel vir ons probeer wegsteek,” het ʼn vrou gesê. “Ja, hulle [die polisie] is slinks, nou moet hulle betaal,” het nog ʼn man gesê.

Dit was die verdagte se derde hofverskyning. Hy word daarvan verdink dat hy op 28 Desember die vierjarige Jasmin verkrag, vermoor en haar liggaam onder haar bed by haar pa se huis in Brakpan weggesteek het.

Die man het nou ʼn regshulpprokureur, Pieter van Niekerk, wat aangedui het dat sy kliënt nie wil aansoek doen om borgtog nie. Die verdagte sal ook aan DNS-toetse onderwerp word. Sy naam kan nie bekend gemaak word totdat hy gepleit het nie.

Jasmin se ouers is geskei en die pa het haar glo in die verdagte se sorg gelaat terwyl hy by ʼn meisie gaan kuier het.

“Dit is ʼn waterdigte saak en ons is seker dat ons hy skuldig bevind sal word,” het Mxolisi Nxasana, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), verlede Maandag gesê.

Honderde mense het die meisie se gedenkdiens verlede week bygewoon. Sy is verlede week veras en haar ma het gesê sy wil haar as in die see strooi.

Die verdagte moet weer op 13 Maart in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding tot dan.

– SAPA

Lees ook:
Jasmin-moord: Groot polisieteenwoordigheid by hof
Jasmin-moord: Oom weer in hof
Jasmin vandag veras
Jasmin-moord: Saak uitgestel
Jasmin-moord: Oom in hof
Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon
Jasmin: Groep stap uit oor politiek
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maggie van Niekerk ·

Gee daai man vir die publiek en kerf hom op in stukke jy nie net siek nie en kan ok nie se jy is mal nie want toe jy dit gedoen het was jy normal jy is n moordenaar en n verkragter jy moet op gekerf word elke dag

Maggie van Niekerk ·

Gee daai man vir die publiek en kerf hom op in stukke jy nie net siek nie en kan ok nie se jy is mal nie want toe jy dit gedoen het was jy normal jy is n moordenaar en n verkragter jy moet op gekerf word elke dag dankie Maggie van Benoni

Peter Says ·

Doen wat hulle in die VAE doen, stenig hom – Baie, Baie Stadig. Geen genade.

mariaan ·

Waar was die ouma en hoe kon sy niks gehoor het nie en hoekom hoor of sien mens niks van haar in die koerante nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.