ANC-lede se ontwrigting van ‘n wettige DA-optog het Suid-Afrika weer ‘n skoot slegte nuusdekking in die buiteland besorg.
Alles vir die sleutelwoord "betoging"
Video: Skokgranaat tydens DA-betoging gegooi
Die polisie moes Woensdagmiddag van rubberkoeëls en skokgranate gebruik maak om ʼn groep ANC-ondersteuners uit mekaar te dryf nadat hulle glo op die polisie en betogende DA-lede afgestorm en klippe na hulle gegooi het.
Vonke spat by DA-betoging
Die polisie moes Woensdagmiddag van skokgranate gebruik maak om ʼn groep ANC-ondersteuners uitmekaar te dryf nadat hulle glo op die betogende DA-lede afgestorm en klippe na hulle gegooi het.
Volg DA-optog hier
Volgens berigte is daar glo ANC-teenstanders wat bakstene dra met die woord “DA” daarop.
DA-optog: Hof sê nee vir ANC
ʼn Dringende aansoek van die ANC om ʼn beskermingsbevel teen die DA te bekom, is Woensdagoggend deur die Johannesburgse hooggeregshof verwerp.
ANC beskerm homself teen DA-optog
Die ANC-jeugliga en Young Communist League (YCLSA) gaan Woensdag ʼn menslike ketting om die ANC se hoofkantoor by Luthuli House vorm voor die DA se betoging vir “ware” poste afskop.
Beloftes van behuising vir inwoners
Simon Mofokeng, burgemeester van Midvaal, het Vrydag behuising aan inwoners van Boiketlong in Sebokeng belowe.
Video: Betogers woedend
Na ‘n week van onluste en gewelddadige protes-optrede in informele nedersettings buite Bronkhorstspruit in Gauteng, het die burgemeester van die Tshwane-metroraad uiteindelik sy verskyning gemaak.
Video: Inwoners keelvol
‘n Betoging deur inwoners van Majakaneng naby Brits in Noordwes het gewelddadig geraak.
Inwoners weier om te registreer vir verkiesing
Inwoners van die Boiketlong informele nedersetting in Sebokeng aan die suide van Johannesburg het gesê hulle sal nie oor die naweek aan die kieserregistrasie deelneem nie.
Nuuskommentaar: Ken jy (nog) die land…? Verhaal van die liedereskat
Teen gister het die gewelddadige diensleweringsbetogings reeds soos vallende domino’s na drie provinsies uitgebrei. Toe het nege mense reeds die lewe gelaat.
Skole sluit weens Bronkhorstspruit-betogings
Verskeie skole in die Bronkhorstspruit-omgewing is Donderdag gesluit weens gewelddadige diensleweringsbetogings teen die Tshwane-metro in die gebied.
Bronkhorstspruit-betogers brand kliniek ook af
Betogers in die Bronkhorstspruit-omgewing, oos van Pretoria, het Woensdag verskeie geboue insluitend ʼn kliniek afgebrand.
Meer as 50 Bronkhorstspruit-betogers in hegtenis geneem
Meer as 50 mense is Dinsdag in hegtenis geneem nadat ‘n biblioteek en ‘n huis deur betogers in Bronkhorstspruit aan die brand gesteek is.
“Mense sal teen die polisie in opstand kom” – Malema
Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het gesê mense sal teen die polisie in opstand kom as die polisie aanhou om op hulle te skiet, het The Star Dinsdag berig.
JHB-betogers maak amok in Beyers Nauderylaan
Beyers Nauderylaan moes Maandag vir verkeer gesluit word nadat betogers van Zandspruit, naby Honeydew in Johannesburg, klippe na voertuie gegooi het.
Video: Kenners waarsku oor meer betogings
Kenners waarsku dat, indien die regering nie dringend aandag gee aan gemeenskappe se noodkrete oor dienslewering nie, kan daar nog veel meer gewelddadige protesoptogte wees.
Zuma versoek vreedsame betogings
Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê die gewelddadige aard van openbare betogings waar mense glo ook deur die polisie se toedoen gesterf het, is kommerwekkend.
Driejarige het in motor versmoor
ʼn Driejarige seuntjie wat dood aangetref is in ʼn motor in Limpopo, het versmoor.
Foto: Betogers brand Bronkhorstspruit-polisiestasie af
Die Gautengse polisie het Vrydag bevestig dat betogers van Bronkhorstspruit Donderdag ʼn plaaslike polisiestasie en ʼn munisipale gebou aan die brand gesteek het. Die inwoners betoog oor dienslewering.