“Dit tree boonop in werking op 6 Desember, wat in die feesseisoen is,” het Grobbelaar gesê.
Alles vir die sleutelwoord "Brits"
Só het Brits-onnie vermoedelik gesterf
De Wet se liggaam is Saterdag in sy bakkie aangetref in die kanaal langs die R513 naby Brits nadat hy verlede Dinsdagaand die laaste keer gesien is.
Man tydens Brits-huisroof met kookwater gemartel
“Om te sien hoe hy gelyk het, herinner ’n mens omtrent aan ʼn plaasaanval.”
[Video’s] Spanning by Mooinooi-boer se borgtoguitspraak
Gemoedere het Vrydag weer hoog geloop by die Brits-landdroshof waar Matthew Benson (24) verskyn het in verband met die beweerde skietery van drie mans op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing.
Mooinooi-skietery: Jongman hoor oor borgtog
Die Brits-landdroshof het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Matthew Benson (24), wat aangekla word van die moord op Tebogo Ndlovu (24) en poging tot moord op sy twee vriende.
Mooinooi-skietery: Ma ontken seun is lewend, man hoor dán oor borgtog
Die ma van die vermiste Tebogo Ndlovu (24) het Woensdag ontken dat haar seun lewend is.
Brits-hofsaak: ‘Boere moet vuurwapens hê’
“Boere moet gewapen wees; hulle word aangeval en vermoor,” het die hof gehoor.
[Video] ‘Skietvoorval’ op plaas: Gemoedere loop hoog by hof
Die polisie se taktiese reaksie-eenheid is na die hof ontbied om orde te handhaaf.
Man glo op plaas geskiet: ‘Staat het sterk saak’
Die staat voer aan Matthew Benson het Tebogo Ndlovu op 2 Augustus geskiet terwyl Ndlovu glo saam met twee ander mans skrootmetaal op die plaas gesteel het.
Man weer in hof oor beweerde skietery op plaas
Die 24-jarige man word daarvan beskuldig dat hy Tebogo Ndlovu glo op 2 Augustus op ʼn plaas in die Mooinooi-omgewing geskiet het terwyl Ndlovu glo saam met twee ander mans lemoene gesteel het.
Jong man in hof oor beweerde skietery op plaas
ʼn 24-jarige man het Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die verdwyning van ʼn man van Majakaneng wat tot gewelddadige betogings in die gebied gelei het.
Kleuter sterk aan ná hondebyt: ‘Sy is so sterk’
Charlaine Guarini, die driejarige kleuter van Brits in Noordwes wat erge wonde aan haar gesig opgedoen het nadat sy deur die gesin se hond gebyt is, sal vandeesweek weer geopereer word om die 70 steke aan haar gesig uit te haal.
Kleuter kry 70 steke ná hond haar byt
Foto’s van Charlaine se beserings net nadat sy gebyt is, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei met baie mense wat verkeerdelik beweer het sy is Carli Swart, ʼn dogtertjie van die Wes-Kaap wat ook vandeesweek deur ʼn hond gebyt is.
Lesersbrief: Daar ís nog goeie SAPD-lede
Ek was skoon uit die veld geslaan! Wys jou net … daar is nog goeie SAPD-lede daar buite wat omgee vir ons en mooi na ons kyk.
Tiener ernstig beseer ná motorfiets vlam vat
ʼn 16-jarige seun is ernstig beseer toe die motorfiets waarmee hy gery het aan die brand geslaan het ná ʼn botsing teen ʼn voertuig.
Een vas ná aanval op Brits-melkplaas
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn melkplaas buite Brits in Noordwes oor die naweek, skaars drie jaar nadat…
Honde kom tot boer se redding tydens plaasaanval
ʼn 51-jarige melkboer van Noordwes het hom Vrydagaand teen drie gewapende aanvallers verdedig voordat sy honde tot sy redding gekom het.
Poppie, meisie, seun glo ook aangerand
“Die aantal houe vir kinders van daardie ouderdom was onvanpas.”
Poppie-saak dán aangehoor
Nog aanklagte kan moontlik bygevoeg word teen Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, wanneer die verhoor in die hooggeregshof in Pretoria begin.
D-dag vir Poppie-saak
Kobus (43) en Louisa (45) Koekemoer, wat albei teregstaan vir die moord op die driejarige Poppie van der Merwe, sal Dinsdag weer in die Brits-landdroshof verskyn.