Op die oog af lyk die nuwe Everest nie dramaties anders as sy voorganger nie – die wagwoorde hier is beslis subtiel dog elegant, gemaklik en duursaam.
Alles vir die sleutelwoord "Ford"
Ranger vs Triton: Nie alle bakkies is eweknieë nie
Ek het onlangs vir my jaarlikse wintervakansie in pad geval, eers met Ford se nuwe Ranger 2.0 SiT XLT 4×4 10-spoed outo en daarna Mitsubishi se Triton 2.4D-iD 4×4 outo. Só vergelyk die twee:
Ford se blink plan om plastiek te herwin
Motors is tradisioneel nie juis sinoniem met omgewingsbewaring nie, maar Ford het ʼn slim manier gekry om plastiekherwinning te gebruik om sy deel vir die omgewing te doen – deur plastiekbottels in voertuigmatte te omskep.
Ford bevorder padveiligheid in 2019
“Dit is welbekend dat Suid-Afrika van die meeste padongelukke, -beserings en -sterftes ter wêreld het. Volgens die AA sterf daar jaarliks 14 000 mense op ons paaie.”
Ondersoek na Kuga-branddood vir eers uitgestel
Leask meen die regter het nou die speelveld gelyk gemaak nadat Ford die Jimmy-gesin en AfriForum se regspan “geboelie” het.
Maatskappynuus: Shoprite en Imperial kry wind van voor, Ford het goeie nuus
Die Suid-Afrikaanse ekonomie se wurggreep is besig om ’n stewige houvas op twee van die land se voorste maatskappye uit te oefen. Ondanks die slegte nuus, was daar ook goeie nuus van ’n staatmaker-motorvervaardiger.
Bekendstelling: Gewilde Ford-buksie vernuwe
Ons het so pas ʼn paar honderd kilometer in hul opgeknapte buksie in die Natalse Middelland afgelê … en ek moet bieg, ek is regtig beïndruk, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Opgekikkerde Figo beïndruk
ʼn Mens verwag dat die gehalte in dié segment nie heeltemal sal kan kers vashou by die gewone B-segment nie. In die meeste gevalle is dit beslis so, maar die opgekikkerde Figo voel regtig solied en van ʼn goeie gehalte, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Ford se alternatief
Dié Fiesta is nie bloot ʼn vervoermiddel nie. Dit het ʼn effense sjarme wat baie motors nie het nie, skryf Brendon Staniforth.
Ford-motoraanleg: R3-miljard in Port-Elizabeth belê
Die merkwaardigste ontvangers vir van dié nuwe enjins sal die nuwe Ford Ranger Raptor wees wanneer dié modelle volgende jaar bekendgestel word.
Padtoets: Dié Fiesta is eenvoud op sy beste
In ʼn tyd van sedanmotors met oor die 400 kW het ons vergeet hoe lekker dit kan wees om vir die verrigting te werk. Om te leer hoe om ʼn kar se “knoppies” net reg te druk sodat hy sing. Dié Fiesta ST200, ʼn beperkte weergawe, is ʼn juweel.
Na dié motors sien ons uit in 2018
Verskeie nuwe voertuie maak vanjaar hul buiging in Suid-Afrika – en motorfoendi’s landwyd is baie opgewonde.
Gesteelde Ford-bakkies: Polisie maak deurbraak
Nadat ʼn onbekende aantal verdagtes Saterdag in die vroeë oggendure ses nuwe voertuie by ʼn Ford-handelaar op dié dorp gesteel het, het die polisie Saterdagmiddag ʼn deurbraak gemaak.
Ses nuwe voertuie by Ford-handelaar gesteel
ʼn Onbekende aantal verdagtes het gedwonge toegang tot die gebou verkry, die sleutels van die motors uit ʼn kantoor gesteel en toe met die voertuie gevlug.
[Foto’s] Padtoets: Ratkas die vlieg in Everest se salf
Maroela Media het onlangs ’n Ford Everest 2.2 4WD XLS handrat op toets gehad. Dit is ’n mooi voertuig en maar nie só gewild soos hy aanvanklik gedink het nie, skryf Brendan Staniforth.
Groot nuus vir Ford Ranger-aanhangers
Ford Suid-Afrika het Donderdag opwindende nuus vir aanhangers van die Ranger-bakkie bekend gemaak.
Kuga-brandgevaar vat opnuut vlam
“Daar is ʼn risiko dat die isoleringsmateriaal om die meganisme wat die voorste sitplekgordel laat stywer trek, kan vlam vat as dit geaktiveer word in ʼn trompop botsing.”
[Foto’s] Padtoets: Ford en Suid-Afrika skryf al dekades aan dié roman…
As jy inklim, gryp die Recaro-sportsitplekke jou om die lyf soos jy nog nooit vasgehou is nie. Druk die knoppie en die juweel van ’n enjin blaf aan die gang. Jy weet oombliklik die ingenieurs het nie omgegee of jy die bure steur nie, skryf Brendon Staniforth.
Vergelykende toets: Ford en Mazda nie meer identiese tweeling
Die Mazda BT-50 en die Ford Ranger deel presies dieselfde enjin, maar is dié twee teenstanders regtig voëls van enerse vere? Brendon Staniforth stel ondersoek in.
Ford herroep nóg twee modelle
Die probleem kan in uiterste gevalle tot ʼn brand lei. Kyk hier watter modelle geraak word: