Thoko Didiza, voorsitter van die Nasionale Vergadering, het onderneem om ʼn beweerde dreigement van geweld en vloekery deur die adjunkminister van handel en nywerheid te ondersoek tydens ʼn debat in die parlement oor pres. Jacob Zuma se begrotingstoespraak.
Alles vir die sleutelwoord "Nasionale Vergadering"
Sisulu gee DA-LP die middelvinger in parlement
Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, het LP’s Woensdag weer gewaarsku om hul van handgebare te weerhou nadat Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, glo vir ʼn DA-LP die middelvinger gewys het.
Video: Floyd wil middelvinger vir Ramaphosa “terugtrek”
Floyd Shivambu, hoofsweep van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het onderneem om in die openbaar die middelvinger wat hy Woensdag in die Nasionale Vergadering aan adjunkpresident Cyril Ramaphosa gewys het, “terug te trek”.
Malema uitgejaag oor Ramaphosa-uitlatings
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en Floyd Shivambu, hoofsweep van die EFF, is Woensdag beveel om die nasionale vergadering te verlaat nadat hulle adjunkpresident Cyril Ramaphosa beledigings toegesnou het.
EFF se besware bring nasionale vergadering tot stilstand
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en sy mede-LP’s het Woensdag verhoed dat mosies in die nasionale vergadering aangehoor word.
EFF ‘n “bedreiging vir demokrasie”
Die ANC het Vrydag gesê die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is ʼn bedreiging vir demokrasie. Foto’s van die onderonsie buite die parlement volg onderaan die berig.
EFF ontwrig wéér parlement
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters het Donderdagmiddag geweier om die Nasionale Vergadering te verlaat selfs nadat Baleka Mbete, speaker van die parlement, hulle beveel het om dit te doen.
Rassistiese gedrag in die nasionale vergadering moet aangespreek word
By verskeie geleenthede die afgelope week is uitlatings gemaak deur verskeie lede van die nasionale vergadering wat slegs as blatante rassisme beskryf kan word, skryf Ernst Roets.
Zuma weer tot president verkies
Die nuwe nasionale vergadering het president Jacob Zuma Woensdag tot ‘n tweede termyn verkies ondanks die DA se pogings om dit in die wiele te ry.