Regskenners het Donderdag met gemengde gevoelens reageer op regter Thokozile Masipa se bevinding dat Oscar Pistorius onskuldig is aan die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.
Lees meerAlles vir Donderdag 11 September 2014
Man gestraf ná DBV 11 windhonde van kant moet maak
ʼn Man is Donderdag in die Vryheid-landdroshof in KwaZulu-Natal skuldig bevind en tot tronkstraf of ʼn boete gevonnis op aanklag van dieremishandeling.
Malema: ‘SA kan in anargie verval indien daar nie onteiening is nie’
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê Suid-Afrika kan in anargie verval indien daar nie ʼn proses van vreedsame grondonteiening sonder vergoeding is nie.
Video: Wêreldorgideeskou kom na SA
Byna 80 000 mense word vandeesweek by die Sandton-konvensiesentrum verwag vir die 21ste Wêreldorgideeskou.
Twee sterf in trompop botsing in KZN
Twee mense is Donderdag dood in ʼn ongeluk tussen drie voertuie op die N2 in Prospecton, KwaZulu-Natal.
Kriel-betogings: Polisie vra vreedsame optrede
Die bestuur van die Mpumalanga-polisie het Donderdag hul kommer uitgespreek oor die gewelddadige betogings wat in die Thubelihle informele nedersetting in Kriel plaasvind.
Strafregkenner loof Oscar Pistorius-uitspraak
Prof. Kobus van Rooyen, ‘n strafregkenner, meen regter Thokozile Masipa het korrek opgetree deur Oscar Pistorius onskuldig te bevind aan moord.
OB beoordeel verskoning ná CIA-uitlatings
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het Donderdag gesê sy evalueer ʼn verskoning van Kebby Maphatsoe, voorsitter van die MK militêre veterane, nadat hy haar oor die naweek daarvan beskuldig het dat sy ʼn spioen is vir die Amerikaanse sentrale intelligensie-agentskap (CIA).
Resep: Ingemaakte perskes
Lê perskes in soos jou ouma dit gedoen het! Heerlik en baie makliker as wat jy gedink het.
Oscar Pistorius het nalatig opgetree
Regter Thokozile Masipa het bevind dat Oscar Pistorius nalatig opgetree het toe hy Reeva Steenkamp deur sy huis se badkamerdeur doodgeskiet het.
Pa gevonnis wat dogter verkrag
ʼn 40-jarige man wat sy 15-jarige dogter verkrag het, is Donderdag in die Pinetown-streekshof in KwaZulu-Natal tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Uitdrukking: Hare op jou tande hê
Waarom sê ons ‘n brawe persoon het “hare op sy tande”? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind!
Skenk bloed vir kinders met kanker
ʼn Bloedskenkgeleentheid word spesiaal vir 13 September in Pretoria beplan as deel van ʼn bewusmakingsveldtog vir kinders met kanker.
Oscar Pistorius onskuldig aan moord
Regter Thokozile Masipa het Donderdag bevind dat Oscar Pistorius onskuldig is aan moord.
22 polisiebeamptes vas vir korrupsie
Altesaam 24 mense, waaronder 22 polisiebeamptes, is Woensdag en Donderdagoggend in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem weens verskeie beweerde misdrywe.
Plaasaanval: Boer herleef nagmerrie in hof
ʼn Bejaarde boer het Woensdag in die Lichtenburg-streekhof in Noordwes getuig oor die verloop van ʼn plaasaanval wat op 18 November 2012 naby Biesiesvlei plaasgevind het.
Gauteng-motoriste skuld miljarde in verkeersboetes
Motoriste van Gauteng skuld meer as R3 miljard in verkeersboetes, het The New Age Donderdag berig.
Foto’s en tydlyn: Oscar Pistorius
Oscar Pistorius was Suid-Afrika se goue seun nadat hy in 2012 aan die Olimpiese Spele deelgeneem het.
Man gevonnis vir seun se verkragting
Msawenkosi Robert Zulu (37) is in die Esikhawini-streekshof in KwaZulu-Natal tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in 2012 ʼn sesjarige seun onder ʼn veselperskeboom verkrag het.
Man vas vir Vredendal-plaasmoord
Paulus Dam (53) is in hegtenis geneem weens die moord op Koba Odendaal (74) op ʼn plaas naby Vredendal in die Wes-Kaap.