“Die harde werk was nie om The Voice te wen nie. Die harde werk begin nou eers.”
Alles vir die sleutelwoord "nuwe vrystelling"
Luister: Stephantasties: ‘Dis só reg, dis verkeerd’
Stephan van Huyssteen, oftewel Stephantasties, het ’n bekende in die Afrikaanse musiekbedryf geword toe hy deel gevorm het van die musiekgroep NRG. Sy eerste solo-enkelsnit, “Dis verkeerd”, is onlangs vrygestel.
[Boek] Brand
Thys se speurwerk kom op ’n afgryslike ontdekking af… Hy vermoed traangas word gedokter met dwelms om mense heeltemal berserk te maak. Is mieliepap, die stapel van die armes, volgende?
Luister: Invictus-liedjieskrywer droom groot met jongste album
Bates was deel van die acapella-groep Overtone wat in 2009 in Clint Eastwood se huis in die VSA gewoon het terwyl hy op Eastwood se versoek agt liedjies vir die Hollywood-fliek Invictus vervaardig het.
[Boek] Blinktand van Bosveldparadys
Blinktand van Bosveldparadys handel oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het.
[Boek] Tussen vriende
Will het ’n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjóépstil.
Luister: Hennie Jacobs is ‘Lyflam’ oor nuwe album
Een van sy mede-akteurs in 7de Laan sing saam met hom ‘n duet op die nuwe album terwyl een van die liedjies ook geskryf is vir een van die karakters.
[Boek] Spertyd
Die boek fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon.
[Boek] Shéri – nes ek is
Shéri Brynard is gebore met Downsindroom. Dokters het haar ma min moed gegee, maar vandag, 35 jaar later, is Shéri ‘n lewendige jong vrou met menige avontuur op haar kerfstok.
Devon Jay Scott stel ‘Rubies in my hand’ vry
Devon Jay Scott, wat sedert 2002 in die musiekbedryf is, het pas sy splinternuwe album, Rubies in my hand, bekendgestel.
[Boek] Koms van die motman
Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat.
[Boek] Johanna
Johanna van Cas Wepener is ’n roman oor die dood van ’n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens.
[Boek] Van kant gemaak
In België loop die negentiende eeu ook ten einde. Elisabeth, die dogter van die smid, trou met die jong dokter, Guillaume Duponselle.
[Boek] Bonita Avenue
Die lewenslustige Siem Sigerius is ’n briljante wiskundige, kranige judoka, rektor magnificus aan die Universiteit van Enschede, en daar wink ook vir hom ’n belowende toekoms in die politiek.
[Boek] Sielsiek: Die psige van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers
Dié boek bevat vyf gevallestudies oor ware Suid-Afrikaanse geweldsmisdadigers, vertel deur ervare misdaadskrywer Carla van der Spuy en die kliniese sielkundige, dr. Henk Swanepoel.
Luister: Polisiekar terug met vollengte album
Die Bende, beter bekend as die manne van Polisiekar, se lankverwagte vollengte album, Selfmedikasie, is vandeesmaand uitgereik.
Luister: Anton Goosen se Padkos ‘vir die lang- en kortpaaie’
Anton Goosen het as Afrikaanse liedjieskrywer en sanger geen bekendstelling nodig nie. Vandeesmaand is sy eerste vollengte album in 11 jaar, Padkos, vrygestel.
[Boek] Gister is verby
’n Deernisvolle verhoudingsroman oor borskanker en die invloed daarvan op verhoudings.
[Boek] Ware mense
Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense” van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude.
Boek: Genade in oorvloed
Genade in oorvloed sal vir jou ʼn beter begrip gee van wie God is en hoe jy in alle omstandighede op Hom kan vertrou.