Die fliek is gegrond op die boek Blinde Sambok deur die bekende Suid-Afrikaanse skrywer Riana Scheepers.
Alles vir die sleutelwoord "nuwe vrystelling"
‘The Roar’: Skeppingsdoel-fliek is hier!
“The Roar”, ’n film met ’n baie groter doel as net om te vermaak. Dit is ’n aksiebelaaide avontuur vol drama en intriges, intense liefde, hartseer, passie en hardkoppigheid. Neem jou gesin, familie, vriende en gaan kyk die film. The Roar open Vrydag 2 Maart in teaters landwyd.
Boek: Verhoudings onder druk
Wat is my rol in verhoudings? Hoe kan ek gelukkige en volhoubare verhoudings skep? Hoe kan ek my kollega, ouer, kind, huweliksmaat of vriend beter verstaan? Wat kelder my verhoudings met ander? In “Verhoudings onder druk: 13 beginsels wat maak dat verhoudings slaag of misluk” gee die sielkundige Ronel du Toit praktiese riglyne om verhoudings suksesvol aan te pak.
[Video] Wat is jou skeppingsdoel?
Daar is soveel mense wat deur die lewe gaan en nooit weet hoekom hulle hier op aarde geplaas is nie. Wat is jou skeppingsdoel? Hoekom is jy hier? Die filmmaker, Frans Cronjé, wil met sy nuwe film, “The Roar”, die boodskap oordra van hoe om jou lewensdoel uit te ken.
Boek: Die lang man sonder skaduwee
In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees.
Luister: Jack Parow oor ‘liefdesbrief vir Suid-Afrika’
“Ek is trots daarop om Afrikaans te wees en ek is trots daarop dat ek reg oor die wêreld kan gaan en die taal soveel as moontlik bevorder, en dit in die beste lig te stel wat ek moontlik kan,” sê Parow.
‘Getroud met Rugby’-akteur deel van nuwe sanggroep
“Ons is mal oor wat ons doen, maar die kruis wat ons as kunstenaars moet dra, is die tye weg van ons huise en kinders af.”
Luister: Benice wil hoop bring deur haar musiek
“My boodskap is een van hoop en liefde en dat God se genade groot is. Maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie, God se genade is genoeg vir jou.”
Boek: Die Meesterstuk
[Wen] Goeie nuus vir Suid-Afrikaners! Francine Rivers se splinternuwe boek, Die Meesterstuk, word op 6 Februarie in Suid-Afrika vrygestel. Hierdie liefdesverhaal sal lesers soos in haar vorige boeke op ’n besondere reis neem. Nog beter nuus is dat jy ’n kans staan om ’n eksemplaar te wen. Gaan lees meer oor die boek en vind ook uit wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir ’n gratis eksemplaar.
Boek: Amok op ʼn besemstok
Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op.
Boek: Tydlyn
Ontdek die wêreldgeskiedenis – van die oerknal tot die hede – in hierdie beeldverhaal.
Boek: Dieretuin
Niks gaan maklik en eenvoudig wees nie, besef Carl toe hy by die Tredoux se nuwe onheilighede ingeruk word.
Boek: Die onaantasbares
Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend.
Boek: Blou is nie ʼn kleur nie
Dis elkeen vir homself wanneer die brokstukke van die gesin in verskillende rigtings spat. Totdat Paternoster besluit om weer die Hoof van sy Eie Huis te wees – soos dit in ’n normale gesin hoort waar die pa nie te veel drink nie.
Boek: Die perfekte brander en ander verhale
Bekende skrywers span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.
Boek: Hoe om ʼn draak se juweel te steel
Mense sowel as drake maak jag op hom – sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?
Boek: Adam Small – denker, digter, dramaturg
Mense wat Small van naby geken het is hier aan die woord saam met literatore en kollegas uit die maatskaplikewerk-omgewing waarby Small lewenslank betrokke was.
Boek: Die storie van sterre en planete
Hierdie boek verken die geheimenisse van sterre en planete en ontsluit die raaisels van astronomie: die wetenskap van die buitenste ruimte.
Boek: Vlytige geskenke
Vlytige Geskenke bevat talle briljante idees en projekte, van geurige badprodukte en smaaklike eetgoed tot breekgoed met ’n boodskap en 3D-geleentheidskaartjies.
Boek: Vrae en feite vir nuuskierige agies
Vir kinders van alle ouderdomme.