“Ek het dit geskryf vir my eie plesier. Twintig jaar het verbygegaan sedert my vorige digbundel.”
Alles vir die sleutelwoord "nuwe vrystelling"
Boek: Riempies en Rampies
Wanneer Riempies en Rampies mekaar ontmoet, ontaard dit in ‘n groot gestoeiery. Wat hulle nie besef nie is dat hulle kort-kort aan Koningin Rooiby en haar manne se nes stamp. Die Rooibye werk elke dag baie hard, maar nou word hulle net té veel gepla.
Boek: Bidsnoer
Pieter Fourie is ’n meester van die kort, klinkende vers.
Luister: Hennie en sy kitaarkêrels maak Kalahari-skoffelmusiek
Met meer as 22 albums en drie DVD’s op hul kerfstok, wéét hierdie manne hoe om gehore aan die skoffel te kry.
Bottomless Coffee Band op toer met jongste album
Die album is reeds by die Oude Libertas-amfiteater in Kaapstad bekendgestel en kom eersdaags ook in Pretoria by die Atterbury-teater aan die beurt.
Boek: Buksie en Bella
Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont!
Boek: Hier is ʼn muis
Koerie Kerkmuis bly in die kerk se kantoor. Hy het vir hom ʼn snoesige huisie gebou agter die houtpaneel in ʼn stil hoekie van die vertrek. Hy het net een wens, en dit is om ʼn regte mensetand in die hande te kry. Maar dit kos baie geld, en waar gaan ʼn arme kerkmuis dit vandaan kry?
Gewilde Afrikaanse sanger waag ‘tweede kans’ met jongste vrystelling
“Dit was nogal vir my ’n uitdaging om hierdie tipe volwasse kontemporêre styl, wat tans so in die mode is, behoorlik vas te vang in terme van dinge soos frasering. Dit was vir my baie lekker, veral omdat dit ’n styl is waarin ek nog nie gewerk het nie,” verklap hy.
Boek: ʼn Gelukkige kind
Die bord pap vlieg oor die tafel en die melk spat op alles. Jou oudste klap jou jongste teen die kop. En julle is al weer laat vir skool. Welkom by die klub van ouers wat soms nie meer weet hoe nie!
Boek: Kalmte in die malle gejaag
Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe dol en jy erg gestres.
Boek: Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)
Met dié jongste bundel sketse kry ’n mens opnuut lag vir die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.
Boek: Die ou vrou en die priester en ander verhale
Verskeie van die verhale bevat ’n sterk geestelike ondertoon: bewyse van ’n skrywer wat besin, wat ondersoek, en wat nie skroom om dít wat onverklaarbaar is te probeer oopskryf nie.
SA se eerste Western skitter by die loket
Om te voldoen aan die openbare vraag na die fliek sal nog vier teaters by die lys gevoeg word waar dié baanbrekersfliek te sien is.
Boek: Tot die dood ons skei
Bekende joernalis en skrywer Schalk Schoombie kyk indringend na die verskynsel van “intieme vrouemoord”, iets wat in Suid-Afrika krisis-afmetings aanneem.
Boek: Vroue van die Bybel 2
Esté Geldenhuys skryf vir vandag se vroue oor Bybelse vroue, vroue wie se name dikwels nie eens aan ons bekend is nie, maar uit wie se lewe ons weer en weer kan leer dat elke vrou ’n verskil kan maak.
Boek: Ys
Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys.
Splinternuwe kykNET-reekse eersdaags op die kassie
Aanhangers van die gewilde dramareeks Sara se Geheim sal bly wees om te hoor dat dié reeks weer in die komende week terug is op die kassie. Ander lankverwagte reekse soos Mense Mense en joernaalprogramme soos Die Ware Naarheid en Leef jou Reis begin ook weer eersdaags.
Boek: Vandag is ek ʼn windlawaai
In 1838 het die komponis Robert Schumann ’n klavierwerk van 13 nommers genaamd Kinderszenen (Kindertonele) geskryf, waarvoor hy later aparte titels gegee het nadat sy vrou, Clara, vir hom gesê het dat hy self soms soos ’n kind is.
SA se eerste Western is hier
“Ons is opgewonde om saam met die span te werk wat die Oscar-bekroonde flieks Precious en The Paperboy vervaardig het.”
Boek: Gevaarlike lopies: Duskant die doodlyn 2-in-1
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus!