43 mense is op 11 April 2001 dood tydens ʼn stormloop by Ellispark-stadion in Johannesburg.
Lees meerAlles vir Woensdag 11 April 2018
EFF voor groot besluite in die Ramaphosa-era
Die EFF staan voor groot besluite in die veranderde politiek sedert pres. Cyril Ramaphosa sy voorganger, oudpres. Jacob Zuma, vervang het.
Roedtan-plaasaanval: Aanklagte teen 3 teruggetrek
ʼn Groep verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur oopgebreek en hulle oorrompel. Die verdagtes het die egpaar met pistole aangehou en die huis geplunder. Die aanvallers het die egpaar doodgeskiet, vermoedelik oomblikke voordat hulle gevlug het.
Beweerde sluipmoordenaars beken skuld vir Amcu-moordkomplot
Ao. Johannes Montsho het vir die hof gesê die twee het gebieg en in detail verduidelik hoe hulle betrokke was in ʼn komplot om Amcu-leiers in Marikana naby Rustenburg in Noordwes te vermoor.
Duisende stroom na Soweto vir Madikizela-Mandela se gedenkdiens
Die amptelike gedenkdiens van Madikizela-Mandela is Woensdag by die Orlando-stadion in Soweto gehou waar duisende roubeklaers byeengekom het.
Mugabe voor parlement gedaag oor vermiste diamant-inkomste
Robert Mugabe, voormalige president van Zimbabwe, is gedagvaar om voor die parlement te verskyn om vrae te beantwoord oor diamantbedryfkorrupsie ten tyde van sy presidentskap.
ToekomsVenster: Is my Hand te kort?
Hoe dikwels roep die Here nie reeds na jou nie? Waarom vermy jy die stem van die Here en soek jy jou hulp en heil in dit wat nie kan red voorsien en sorg nie?
SA sakeman vas ná Gupta-video
Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Woensdag bevestig dat ʼn Suid-Afrikaanse sakeman wat verlede week ʼn video van die voortvlugtende Ajay Gupta in Dubai geneem en met Suid-Afrikaanse media gedeel het, is in hegtenis geneem.
Die wêreld in foto’s – 11 April 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Korrupsieklagtes teen Shaun Abrahams ingedien
“Hierdie aantygings behoort nou genoeg rede te wees vir pres. Cyril Ramaphosa om Abrahams uit sy pos te verwyder, aangesien dit duidelik is dat hy nie geskik en gepas is om die pos te beklee nie.”
Antwoorde oor tronk-ontsnappings geëis
“Hierdie ontsnappings is kommerwekkend en het ʼn swakplek in die land se tronkstelsel ontbloot.
Vier vrae oor die DA se ‘De Lille-klousule’
De Lille het vandag in elk geval moontlik (tensy sy ʼn buitengewoon goeie verduideliking daarvoor het) haar doodsvonnis in die DA onderteken.
Statebondspele: SA spog met sóveel medaljes
Suid-Afrika ryg behoorlik die medaljes in op die 21ste Statebondspele.
Gedig: Briefies
Onthou jy nog liefdesbriefies in die skool wat rondgestuur is?
Sun City-ontsnapping: Valke skiet twee dood
Twee van die 16 gevangenes wat Maandag uit ʼn Johannesburgse gevangenis ontsnap het, is Dinsdagaand in ʼn skietgeveg in KwaZulu-Natal deur die Valke doodgeskiet.
Die prentjie wat verdwyn hoe langer jy daarna kyk …
Kyk mooi na die aangehegte foto. Fokus op die middelpunt. Ná ʼn paar sekondes sal jy sien dat dit begin verdof en binne ongeveer ʼn minuut sal al die kleure verdof sodat jy net ʼn wit agtergrond sien.
Meer as 250 dood in militêre vliegtuigongeluk
Minstens 257 mense is Woensdag dood in ʼn militêre vliegtuigongeluk.
Is die Stormers dalk volstruise?
Steek die Stormers nie dalk hul koppe in die sand weg en sien nie hul groot probleem raak nie?
Vicki Momberg: Staat sê appèlaansoek is foutief
Die aansoek is volgens die staat foutief en vaag.
Afrikaanse sanger ‘dankbaar’ hy leef ná ongeluk
“Ek het onmiddellik geweet iets is nie reg nie. Die motor het begin tol en daar was niks wat ek daaraan kon doen nie; al wat ek kon doen was vasklou. Toe tol my motor teen die vragmotor vas en die impak van dié slag het die motor laat rol.”