Maroela Media se aansoek om video- en oudio-opnames te maak van Solidariteit se uiters belangrike regstellendeaksiesaak namens Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens is deur die konstitusionele hof se mediakomitee goedgekeur.
Alles vir die sleutelwoord "Renate Barnard"
Nuuskommentaar: Renate Barnard en die advertensie wat DStv nie wil wys nie
Iemand soos Renate Barnard verdien ‘n monument vir wat sy reeds ter wille van reg en geregtigheid deurgemaak het – nie die klappe van kleinlike politiek nie. Selfs die mees eenogige Super 15-stiefregter sou sien dat DStv nou liederlik onkant speel.
‘Die advertensie wat DStv nie wil hê jy moet sien nie’
Die vakbond Solidariteit en DStv se regspanne is in ʼn briewestryd gewikkel oor die digitale satelliet-uitsaaier se reklameverkoopshuis, DStv Media Sales, se weiering om die vakbond se advertensie oor regstellende aksie uit te saai.
Nuuskommentaar: Renate Barnard en internasionale vrouedag
Saterdag is internasionaal vrouedag gevier. Suid-Afrika het meegedoen, hoewel verskeie sake in Suid-Afrika die land se verbintenis tot vroueregte erg bedenklik laat lyk. Wetgewing wat vroue in tradisionele gebiede van sulke basiese regte soos verskyningsbevoegdheid stroop vorder deur die parlement, en een groot saak hang soos ‘n klagstaat oor die regering – Renate Barnard.
Nuuskommentaar: Renate Barnard, Adriaan Basson en persvryheid
“Dirk Hermann skryf: #stopras Byna klaar met TV-advertensie oor Renate Barnard-saak. Klaar betaal en bespreek en nou wil DStv nie advertensie uitsaai. Hier kom lekker geveg.”
Solidariteit staan SAPD se aansoek om verlof tot appèl in Barnard-saak teen
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se regstellendeaksieplan is onregmatig omdat dit raskwotas daarstel wat deur die Wet op Gelyke Indiensneming verbied word, voer die vakbond Solidariteit in sy opponerende stukke in die konstitusionele hof aan.
SAPD wil nou na die konstitusionele hof toe oor Renate Barnard
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wil nou die Renate Barnard-regstellendeaksiesaak na die konstitusionele hof neem. Hofstukke is Maandag op Solidariteit, wat Barnard verteenwoordig, beteken. Solidariteit sal die SAPD se aansoek om verlof tot appèl teenstaan.
Nuuskommentaar: Renate Barnard-saak ‘n oorwinning vir rassediskriminasie
Die vreugdevure brand hoog oor Renate Barnard, en haar vakbond Solidariteit, se oorwinning in die appèlhof. Ná sewe jaar het dié hof beslis dat haar stryd teen onbillike rassediskriminasie nie verniet was nie. Renate se kaalvoettog oor die hoë berg van onreg raak haar egter nie alleen nie…
Solidariteit wen Renate Barnard-regstelsaak in hoogste hof van appèl
Die hoogste hof van appèl in Bloemfontein het Donderdag ten gunste van Solidariteit en kapt. Renate Barnard in een van die land se mees omstrede regstellendeaksiesake beslis.
Renate Barnard-regstelsaak aangehoor, uitspraak voorbehou
Kapt. Renate Barnard sou tot luitenant-kolonel (superintendent volgens die vorige range) bevorder geword het op die basis van haar prestasiegeskiedenis en die aanbevelings van die onderhoudpaneel, was dit nie vir haar velkleur nie.
Renate Barnard-regstelsaak in hoogste hof van appèl aangehoor
Solidariteit se regstellendeaksiesaak wat hy namens kapt. Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voer, gaan Woensdag voort in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein.
Hofuitspraak baan die weg teen regstellendeaksiesake
ʼn Uitspraak deur die Johannesburgse arbeidshof, waarin die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se regstellendeaksieplan as ʼn kwotastelsel bestempel word, baan die weg teen regstellendeaksiesake.
Vakbond doen beroep om polisievrou te ondersteun
Die vakbond Solidariteit het Maandag ’n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om kapt. Renate Barnard sterkte toe te wens.
Nuuskommentaar: Regstellende aksie nou na grondwethof
Die Barnard-saak gaan nou grondwetlike hof toe – ‘n hof wat ook van regspraak oorsee moet kennis neem. Dit is hoog tyd dat regstellende aksie of enige hibride-toepassing in die hof getoets word.
Uitspraak in SAPD-regstelsaak
Die arbeidsappèlhof gaan vandag uitspraak lewer in die regstellendeaksiesaak van kaptein Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
Uitspraak in SAPD-regstelaksiesaak Vrydag gelewer
Die arbeidsappèlhof gaan eerskomende Vrydag uitspraak lewer in die regstellendeaksiesaak van kaptein Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens.