Die regering het reeds sedert 2008, toe die geweld vir die eerste keer uitgebreek het, tyd gehad om xenofobie uit te roei, maar dis nie gedoen nie. Die vraag wat die slagoffers met reg kan vra, is: Hoekom nie?
Alles vir die sleutelwoord "Sassa"
Sassa: Hof sal antwoord vind vir toelaagkrisis, sê Ramaphosa
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê hy het volle vertroue in die konstitusionele hof om ʼn oplossing te vind vir die welsynstoelaagkrisis.
Sassa: Nog geen goedkeuring vir toelaagooreenkoms
Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Dinsdagoggend voor die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement (Scopa) verskyn.
Sassa-krisis: DA gaan voort met hofaansoek ondanks Dlamini se versekering
Die Demokratiese Alliansie gaan voort met sy aansoek in die konstitusionele hof om aanspreeklikheid te soek vir diegene wat versuim het om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) gereed sal wees om aan die einde van die maand toelaes te versprei wanneer die huidige ongeldige kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) verstryk.
Dlamini verseker Sassa-begunstigdes
Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Sondag gesê daar is meganismes in plek om seker te maak dat alle welsynsbegunstigdes betyds betaal word.
Zuma vergader met ministers oor Sassa-debakel
Die presidensie het Saterdag gesê stappe word gedoen om seker te maak dat 17 miljoen begunstigdes hul welsynstoelaes op 1 April sal ontvang.
Geldskieter glo met Sassa-kaarte, ID’s betrap
Die vrou is glo met 46 Sassa-kaarte, R12 748 in kontant en 49 identiteitsdokumente betrap.
DG bedank te midde van Sassa-skandaal
Zane Dangor, direkteur-generaal van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het bedank.
Minister verseker publiek oor Sassa-betalings
Bathabile Dlamini, die minister van maatskaplike ontwikkeling, het Vrydag die regering se versekering benadruk dat alle begunstigdes wat in aanmerking kom vir welsynstoelaes, betyds hul geld sal ontvang.
Dank minister af oor Sassa-debakel, sê Cosatu
Die vakbondfederasie Cosatu het Donderdag pres. Jacob Zuma gemaan om in te gryp in die welsynstoelaagkrisis van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa).
Sassa begin gesprek met CPS oor toelaes
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Woensdag formeel met onderhandelings begin met Cash Paymaster Services (CPS) om sy kontrak te hernu om welsynstoelae te versprei, alhoewel die nasionale tesourie aangedui het dat hy nie dié ooreenkoms ter elfder ure kan goedkeur nie.
Sassa-krisis ‘was beplan’
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Dinsdag gesê hy sal môre ʼn nuwe kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) begin beding om maatskaplike toelaes aan meer as 17 miljoen Suid-Afrikaners te versprei.
Sassa versuim om hofdokumente in te dien oor toelaagkrisis
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het versuim om dokumente by die konstitusionele hof in te dien om goedkeuring te bekom vir reëlings om welsynstoelae vanaf April te betaal.
Sassa-hoof: Toelaes sal op 1 April betaal word
Thokozani Magwaza, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), het gesê meer as 18 miljoen begunstigdes sal op 1 April hul maatskaplike toelaes ontvang.
Nuuskommentaar: Sassa siesa simptomatiese skuinsneuk
Die nuus dat Sassa inderdaad nie die spertyd gaan haal om aan ʼn opdrag van die konstitusionele hof beslag te gee nie, is bloot die jongste nuus wat daarop dui die regering is onbeholpe oor ʼn breë front en ploeter selfs ongrondwetlik voort. Die SAUK-onthullings help ook nie juis om negatiewe perspektiewe so kort voor Kersfees te verdryf nie.
Maatskaplike toelaes: Bedrogsindikaat oopgevlek
Altesaam 14 persone is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn bedrogsindikaat wat binne die Sassa-toelaagstelsel bedrywig was.
DA wil hof toe oor kospakkies
Die DA gaan die ANC en die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) hof toe sleep nadat hulle glo kospakkies by die regerende party se verkiesingsbyeenkomste uitgedeel het, berig Sunday Times.
Veiligheid opgeskerp na doodsdreigemente by Sassa
Miljoene rande is spandeer om veiligheid op te skerp nadat bestuurspersoneel van die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) glo geïntimideer is en doodsdreigemente ontvang het.
Sassa-beamptes in hof vir bedrog
Drie beamptes verbonde aan die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa) het in die Mkobola-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van bedrog.
Swendelaars steel bejaardes se toelaes
Meer as 30 bejaardes is in Pretoria van hul welsynstoelaag beroof deur mense wat hulself as beamptes van Sassa voorgedoen het.