Kirsty Theologo was daarvan bewus dat haar vriende hulle siele wou verkoop en haar siel ook wou verkoop, het die hooggeregshofsitting van Johannesburg in Palm Ridge Donderdag aangehoor.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "satanies"
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
Jeremy King, wat gevonnis is vir die moord op Kirsty Theologo tydens ‘n beweerde sataniese ritueel, het Woensdag aan die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof gesê hy kan nie die teenstrydighede in sy getuienis verduidelik nie.
‘Sataniese ritueel’: Theologo se saak uitgestel
Die hofsaak van vier mense wat van die moord op Kirsty Theologo aangekla word, is uitgestel.
‘Sataniese ritueel’: Kirsty is twee keer gewurg
Kirsty Theologo (18) is glo twee keer gewurg voordat sy tydens ‘n beweerde sataniese ritueel haar bewussyn verloor het.
‘Sataniese ritueel’: Theologo se aanvaller getuig
Jeremy King (20) wat skuld beken het op die moord van Kirsty Theologo tydens ‘n beweerde sataniese ritueel, het Donderdag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof getuig.
‘Sataniese ritueel’: “Ek is nie die dier nie”
Lester Moody, wat erken het dat hy twee tienermeisies tydens ‘n beweerde sataniese ritueel aan die brand gesteek het, het glo geen aspirasies gehad om ‘n einde aan die wêreld te bring nie.
Sataniese ritueel: Meisie wis glo nie van moordplanne
Courtney Daniels sal glo ontken dat sy sataniese elemente tot ‘n ritueel, gebaseer op ‘n teksvers uit die Bybel, voorgestel het, het ‘n Johannesburgse hof Maandag gehoor.
‘Sataniese ritueel’: Getuienis bevraagteken
Lester Moody, wat skuld op Kirsty Theologo se moord in ‘n beweerde sataniese ritueel beken het, is Vrydag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof van teenstrydige getuienis beskuldig.
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer is “braaivleis” genoem
Daar is glo na Kirsty Theologo as “braaivleis” verwys toe haar moord in ʼn beweerde sataniese ritueel beplan is.
‘Sataniese ritueel’: Kirsty was glo die ‘prostituut’ uit die Bybel
Kirsty Theologo, wat in ‘n beweerde sataniese ritueel aan die brand gesteek is, was glo die groot prostituut wat oor Johannesburg regeer, het die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof Donderdag gehoor.
‘Sataniese ritueel’: Bloed op ‘n brandende Bybel gestort
Lester Moody wat aan ‘n beweerde sataniese ritueel deelgeneem het, sê frases is glo in dreunsang herhaal voordat Theologo en die vriendin aan die brand gesteek is.
‘Sataniese ritueel’: Kirsty wou glo geoffer word
Die meisie wat ‘n vermeende sataniese ritueel oorleef het, waartydens sy en haar vriendin aan die brand gesteek is, het Donderdag in die hooggeregshofsitting by die Palm Ridge-landdroshof getuig.
‘Sataniese ritueel’: Slagoffer se ma getuig
Drie mans en ʼn meisie wat van die moord op ʼn tiener in 2011 aangekla word, het Woensdag in die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof onskuldig gepleit.