Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Maandag gedreig dat hy sal voortgaan met ʼn groot staking by Sibanye-Stillwater oor loononderhandelings en basiese diensvoorwaardes.
Alles vir die sleutelwoord "Sibanye-Stillwater"
Onderhandelings val vas tussen Sibanye en Amcu
Loononderhandelings tussen die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en Sibanye-Stillwater het Donderdag weereens ʼn dooiepunt bereik.
Sibanye-Stillwater gaan platinummyn-groep kry
Dit is die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse myngroep belange in goud en platinum gaan beheer sedert Anglo American in 1996 sy belang in JCI ontbondel het. Anglo het die platinum-bates behou. Sy goudbelange is aan verskeie groepe, insluitend die vermoorde Brett Kebble verkoop.
SA ekonomie se grootste uitdagings
Ontleders sê die twee kwaaiste uitdaging is om ekonomiese groei bo 4% te kry en om die land se hoë werkloosheidsyfer nou kaalvuis te pak.
SA se myne, ’n droewige prentjie
Suid-Afrikaanse mynbou is in ’n krisis gedompel. Dit is die mening van mynbou-ontleders nadat nóg ’n groot myngroep drastiese inkortings in sy produksieteikens en afskaling van personeel aangekondig het.
Onsekerheid oor toekoms van mynreus
Daar heers nog onsekerheid oor die toekoms van die mynreus Anglo American. Luidens markgerugte vry die Indiese maatskappy Vedanta Resources kliphard om Anglo te bekom.
Sibanye onderteken eed oor veiligheidskwessie
Sibanye-Stillwater het gesê die mynmaatskappy het ʼn mylpaal met belanghebbendes bereik oor gesondheid- en veiligheidskwessies by al sy myne.
Klasaksie teen Sibanye ingestel ná talle sterftes
Van die 45 sterftes in die Suid-Afrikaanse mynbedryf vanjaar, het 21 by Sibanye-myne plaasgevind.
Nóg ʼn mynwerker sterf by Sibanye-myn
Die maatskappy se bedrywighede is nou verantwoordelik vir 21 van 45 mynsterftes in tien verskillende voorvalle sedert Februarie vanjaar.
Sibanye verbind hom tot veiligheid
Sibanye-Stillwater het Woensdag erken dat die agteruitgang van veilige werksomstandighede by sy ondergrondse bedrywighede nie aanvaarbaar is nie, en het homself verbind om veiligheid te verbeter en te herstel.
Vyfde Sibanye-mynwerker se lyk gekry
Die vyfde vermiste mynwerker by Sibanye-Stillwater se Kloof Ikamva-skag naby Westonaria suidwes van Johannesburg is Donderdag in die vroeë oggendure opgespoor en na die oppervlak gebring.
Vyfde Sibanye-mynwerker steeds gesoek
Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het intussen gesê die maatskappy moet aanspreeklik gehou word vir die dood van die mynwerkers.
Vierde mynwerker sterf in skag
“Gespesialiseerde ondergrondse reddingspanne het deur die nag gewerk om die werknemer op te spoor en na die oppervlak te bring, maar dit is tans onduidelik presies hoe lank dié proses sal duur.”
Drie mynwerkers sterf in skag
“Dit is onaanvaarbaar, ons verkoop nie ons lewens, ledemate of longe aan die industrie nie; net ons arbeid om vir ons gesinne te voorsien.”
Sibanye-Stillwater kan Lonmin red mits …
Die platinummyngroep Lonmin sê dat hy sowat 12 600 mynwerkers oor die volgende twee jaar kan aflê indien die Mededingingskommissie gaan sloer met ’n aansoek dat die groep saam met Sibanye-Stillwater uitgekoop word.
Sibanye-Stillwater-ongeluk: Kommer oor veiligheid in myne
Die vakbond Solidariteit het sy ernstige kommer uitgespreek oor veiligheid in Suid-Afrikaanse myne na aanleiding van die onlangse mynongeluk by Sibanye-Stillwater se Masakhane-skag by Driefontein in Gauteng.
Dodetal styg na sewe by Sibanye-Stillwater
Al 13 werknemers wat ondergronds vasgekeer was by Sibanye-Stillwater se Masakhane-myn in Driefontein naby Carletonville, is nou na die oppervlak gebring, het die maatskappy Saterdag bevestig.
Reddingspoging duur voort by Sibanye-Stilwater
Reddingspogings duur voort om drie myners te red wat ondergrond vasgekeer is by Sibanye-Stilwater se myn in Driefontein, Carletonville in Gauteng.
Sibanye-Stillwater: Reddingspoging gaan voort; myn gekap
“Die voorval is betreurenswaardig. Ons deel in die families se hartseer en vertrou dat die werkers wat steeds vermis is, binnekort en ongedeerd gevind sal word.”
Sibanye-Stillwater: Dodetal styg tot vier
Sibanye-Stillwater se Masakhane-myn in Driefontein het bevestig die dodetal het tot vier gestyg ná seismiese aktiwiteit Donderdag by dié Wes-Randse myn.