‘n Maroela Media leser, Susan Klopper, deel een van haar eie resepte. Dit is ʼn ete op sy eie en boonop vullend en baie goedkoop. Jy kan ook lekker kreatief raak en die resep aanpas na gelang van wat jy in jou kas het.
Alles vir die sleutelwoord "#StopHonger"
Kosblikkie-video: Hamrolletjies
Dit kan nogal vervelig raak as daar elke dag dieselfde broodjie in jou kosblik is. Hier is ʼn lekker, maklike en gesonde manier om die kosblik se inhoud net so ʼn bietjie op te vrolik.
Sakpasresep: Maklike mengelmoes
Ons almal beleef daardie dae dat daar net geen kreatiwiteit aan die dag gelê kan word om honger mae te vul nie. Hier is ʼn lekker, maklike en goedkoop idee om ʼn eenskottelgereg met min moeite te skep.
Kosblikkie-video: Sjokolade-hawermoutballetjies
Hier is ʼn lekker vinnige en maklike resep om so af en toe te sorg dat daardie soettand darem bevredig word.
Sakpasresep: Maklike kooldis
Kool is nou nie juis almal se gunstelinggroente nie. Tóg kan daar getoor word om kool in ʼn heerlike dis te omskep.
Kosblikkie-video: Toebroodjie-sosatie
Kosblikkie-video: Die skool het weer begin en elke oggend se kosblik pak kan nogal ʼn afgesaagde storie raak. Hier is ʼn maklike manier om jou kind se kosblik interessant te hou deur gewone toebroodjies net op ʼn ander manier aan te bied.
Sakpasresep: Pasta met tuna
Met pasta kan jy baie honger magies vul. Dié resep kan jy ook lekker aanpas na gelang van jou begroting. Die tuna kan selfs vervang word met oorskiet hoender.
Kosblikkie-video: Spek-, kaas-en-broccolikoekies
Dít is ʼn heerlike en maklike resep en ideaal vir jou kind se kosblik of selfs jou eie kosblik!
Sakpasresep: Kekerertjiehappies
Tiana Kluyts het gesorg vir dié week se sakpasresep met haar eie kekerertjiehappies (nuggets). Dit is ’n heerlike vegetaries-vriendelike maaltyd, propvol proteïne, gesond en natuurlik goedkoop.
Sakpasresep: Appelkooshoender
Sakpasresep: Liana Engelbrecht van Bethal het gesorg vir dié week se resep. Dié appelkooshoender-resep is een van haar gunstelinge en is altyd ʼn wenner.
Sakpasresep: Eenskottel hoender-en-rysgereg
Met hoender en rys kan jy ver kom! Hierdie is een van daardie lekker resepte wat ʼn hele paar honger magies kan vol maak.
Sakpasresep: Viskoekies met sardyne
Sakpasresep: Deesdae is dit vir talle gesinne nodig om hul rieme so ʼn bietjie stywer te trek. Maroela Media in samewerking met Helpende Hand se #stophonger-veldtog gaan vir die volgende paar weke elke week ʼn lekker sakpas-resep verskaf.
Foto’s: Afrikaanse sangers smeul in glanskalender
Talle van die land se vooraanstaande Afrikaanse kunstenaars het voor die kameras gesmeul en is nou in ʼn spoggerige kalender te sien wat vir liefdadigheid verkoop word.
Wen: Sangers vat hande om hongerkrampe te demp
Dit is eersdaags tyd vir die immergewilde Afrikaans is Groot-konserte! Nie net lê twee naweke propvol die beste Afrikaanse vermaak voor nie, maar dit dien ook as ’n geleentheid om die duisende konsertgangers en ander ondersteuners bewus te maak van hoe hulle ’n reuseverskil in meer as 8 000 hulpbehoewende Afrikaanse kleuters se lewe kan maak.
Tonne patats vir honger kinders en oues ná geil oes
’n Bielie van ’n skenking van 13 ton patats aan Solidariteit Helpende Hand het verseker dat honderde behoeftige kleuters en bejaardes minstens vir die volgende paar aande nie honger hoef te gaan slaap nie.