Die Hurricanes gaan nie met súlke rugby die Superreeks wen nie.
Alles vir die sleutelwoord "Superrugby"
Chiefs druk ses keer voor rustyd, maar loop bonuspunt mis
Ses drieë in die eerste helfte en ʼn rustydtelling van 42-0 was nie genoeg om aan die Chiefs ʼn bonuspunt teen die Highlanders te besorg nie.
Waratahs se ‘Ysman’ doen dit weer
Hulle noem Bernard Foley nie verniet die “Ysman” nie.
Gaap-gaap … en die Blues klop die Reds
Dit gaan ʼn gekners van tande kos om deur die res van die Superrugbyseisoen te worstel wanneer daar byna niks meer op die spel is vir die twee spanne wat speel nie.
Goeie nuus vir die Lions met die intrapslag
Reeds met die eerste wedstryd ná die afgelope Superrugby-reses sal daar Vrydag vir die Lions goeie nuus wees wanneer die Rebels en die Waratahs in Melbourne kragte meet.
Superrugby: Lions selfs nie van kwarteind verseker nie
Die laaste drie naweke om ʼn posisie in die uitspeelrondes van die 2018-Superreeks los te speel, begin Vrydag ‒ en vir die Suid-Afrikaanse spanne is die vooruitsig uiters mistroostig.
Wat ʼn droewige naweek!
Dis nie net op toetsvlak nie, waar die Springbokke Saterdagaand in Washington skande teen Wallis gemaak het, maar op Superrugbyvlak lyk sake ewe beroerd hoewel nie een Suid-Afrikaanse span die naweek in aksie was nie.
Superrugby: Sterbelaaide Hurricanes deur die Highlanders verras
In die land van die All Blacks is geen span van ʼn oorwinning verseker nie.
Superrugby: Is die Springbokspan op peil in die Superreeks gekies?
Soms maak dinge nie sin nie.
Stormers se dissipline eenvoudig onaanvaarbaar
ʼn Derde opeenvolgende neerlaag vir die Stormers, met swak dissipline wat hulle ʼn rooikaart en twee geelkaarte gekos het, was die kenmerke van ʼn baie middelmatige wedstryd op Nuweland waar die Lions hulle voorsprong op die punteleer behou het.
Superrugby: Bulls stel weer teleur, dié keer teen 14 man
Miskien was hulle nie heeltemal so vrot soos verlede naweek se neerlaag teen die Jaguares in Argentinië nie, maar die Bulls het Saterdag met nog ʼn onaanvaarbare lustelose vertoning die Brumbies laat baasspeel.
Superrugby: Die Sharks hap mos gans te min
Die Engelse rugbyafrigter, Eddie Jones, het Vrydagaand seker sy lippe afgelek toe die Jaguares die Sharks met 29-13 in hul Superrugbywedstryd in Buenos Aires geklop het.
Superrugby: Stormers dié keer reg, glo hulle in die Kaap
In die Kaap spot die ondersteuners al met hulself en met die media oor die jaarlikse refrein: Vanjaar is dit die Stormers se jaar.
Superrugby: Sharks, leer ʼn lessie uit die Jaguares se boek
Dit gebeur nie aldag dat jy in rugby goud raakboor nie
Superrugby: Nog ‘n droewige naweek vir SA spanne
Dit sê darem baie min van die krag en opmars van jou spanne in die Superrugbyreeks wanneer twee van jou (veronderstelde) topspanne op dieselfde dag teen die Sunwolves en Jaguares streepsuiker kry.
Min troos vir Bulls ná groot loesing
Die enigste troos wat die Bulls uit Saterdagaand se wedstryd teen die Jaguares kan put, is dat hulle sekerlik nie vrotter kan speel nie.
Superrugby: Sharks, Lions wen albei maar oortuig nie
Die Sharks en die Lions het Saterdagmiddag, nie heeltemal oortuigend nie, uit ʼn Suid-Afrikaanse oogpunt vergoed vir die skande van die Stormers wat vroeër die dag in Hongkong teen die Sunwolves verloor het.
Superrugby: Sunwolves laat Stormers huis toe verlang
Enige besoek aan Hongkong is een wat jy nie maklik vergeet nie, maar die Stormers sal dit nie te lank wil onthou nie.
Superrugby: Aandag op pylvakwedstryde en Bokplekke
Vir die Suid-Afrikaanse spanne is dit die naweek feitlik pylvakwedstryde in die Superreeks; vir die aspirant-Springbokke is daar die hoop dat ʼn laaste blink vertoning vir Rassie Erasmus die een of die ander kant toe kan laat besluit.
Jaguares hou sleutel tot SA se uitspeelkanse
Wanneer die Bulls Saterdag in Buenos Aires teen die Jaguares uitdraf, is dit die eerste van die Argentynse span se vyf opeenvolgende wedstryde teen drie van Suid-Afrika se Superspanne.