‘n 18-jarige het Saterdag ‘n noue ontkoming in ‘n parkeerarea in Seepunt, Kaapstad gehad.
Alles vir die maand November 2013
Tongaat-winkelsentrum: Vermiste persoon onder puin opgespoor
Die liggaam van ‘n 51-jarige man is Saterdag onder die puin van die Tongaat-winkelsentrum, wat Dinsdag ineengestort het, opgespoor.
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega het Saterdag gesê Radovan Krejcir se inhegtenisneming is ‘n reuse deurbraak vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens ná ‘n langdurige ondersoek deur verskeie eenhede van die polisie.
Groot Gat-hond is gered!
‘n Hond wat ‘n paar dae gelede in die Groot Gat by Kimberley in die Noord-Kaap beland het, is Saterdag net ná 12:00 gered.
Video: Handstand op twee vingers
Si Xingson, ‘n Shaolin-monnik van Henan in die noorde van China, is een van slegs twee mense wat ‘n handstand op sy twee wysvingers kan uitvoer.
PSL ongrondwetlik teenoor Bafana-kaptein, sê AfriForum
Die skorsing en boete wat die Bafana Bafana doelwagter en kaptein, Itumeleng Khune deur die Premier Sokkerliga opgelê is, is ʼn skending van sy grondwetlike regte, spesifiek van sy reg tot vryheid van geloof en assosiasie.
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
‘n Dringende hofbevel is aan Radovan Krejcir se prokureurs toegestaan om die polisie te dwing om hulle in kennis te stel waar dié sakeman van Tsjeggië aangehou word nadat hy in hegtenis geneem is.
Vragmotor met springstof slaan in JHB om
‘n Militêre voertuig wat springstof vervoer het, het Saterdag op die N12 naby Lenasia in Johannesburg omgeslaan.
Teddiebeer-bom opgespoor
‘n Koerantafleweraar van Amerika het ‘n verlate teddiebeer in ‘n pad opgetel en eers later uitgevind daar was ‘n bom binne-in die speelding.
Jong man van Australië sterf in haai-aanval
‘n 35-jarige man van Australië is Saterdagoggend net na 09:00 in ‘n haai-aanval by Left Handers Beach, Gracetown in Australië, oorlede.
Kapingsvideo: Vier in hof
Vier mans wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn kaping in Johannesburg se middestad wat op kringtelevisiekameras vasgevang is, het Vrydag in die stad se landdroshof verskyn.
Nuwe visekanselier en adjunkhoof vir NWU
Die Noordwes-Universiteit het ʼn nuwe visekanselier, adjunkhoof en institusionele registrateur aangestel.
Groot Gat-hond: Reddingspoging duur voort
Reddingspogings duur Saterdag voort om ‘n hond te red wat ‘n paar dae gelede in die Groot Gat by Kimberley beland het.
Gedagte vir die dag: Dit is jou eie keuse hoe jy krisisse gaan hanteer
Kolossense 3:16b – “Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.” Daar word die verhaal vertel…
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Die Tsjeggiese voortvlugtende, Radovan Krejcir, is Vrydagmiddag op aanklag van poging tot moord en ontvoering in hegtenis geneem.
15 dood weens “dronk” taxibestuurder
Minstens 15 mense is dood toe ‘n minibustaxi Vrydag naby Umkomaas in KwaZulu-Natal in ‘n stilstaande vragmotor vasgery het.
Kurt Darren kom moontlik tot hond se redding
Die sanger Kurt Darren het Vrydag aangebied om te betaal vir ‘n helikopter om ‘n hond, wat in die Groot Gat by Kimberley beland het, te red.
Handboeke vir 2014 afgelewer
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Vrydag gesê alle provinsies het handboeke vir 2014 ontvang.
Rooftog by Yusuf Abramjee se huis
Die polisie is op soek na twee gewapende rowers wat Vrydag by Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, se huis in Erasmia, wes van Pretoria, ingebreek het.
Slang jaag juffrou en seuntjie die skrik op die lyf
‘n Onderwyseres is die skrik op die lyf gejaag toe ‘n slang op haar motor se voorruit beland het terwyl sy bestuur het.