Twee mense is dood en talle beseer nadat ʼn minibustaxi Sondagaand in KwaZulu-Natal teen ʼn skuinste af gery en op ʼn treinspoor tot stilstand gekom het, waarna ʼn trein dit getref het.
Alles vir die maand November 2013
Maroela Media Top 20 25 November 2013
Land van melk en heuning- Bok van Blerk Kaalvoetkind- Juanita, Ruan en Franja du Plessis Seerower- Kurt Darren Sandra Prinsloo- Mwah! en Elvis se Seun…
Statistiek en rekords van Afrikaanse treffers op Springbok Radio se Top 20/30 (1965-1984)
Hoogste plek toegetree: Die oukraalliedjie- Groep 2 (nr. 13- 10 Maart 1967) Ek verlang na jou- Sonja Herholdt (nr. 14- 25 Julie 1975) Royal hotel-…
‘Kaper’ vra borg
Een van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle op kringtelevisiekamera vasgelê is terwyl hulle ʼn motor in die Johannesburgse middestad kaap sal Maandag om borgtog aansoek doen.
Hof gaan sê oor Krejcir
Die hooggeregshof in Johannesburg sal na verwagting Maandag uitspraak lewer oor of Radovan Krejcir in ʼn hospitaal opgeneem moet word nadat hy glo na sy arrestasie deur polisiebeamptes aangerand is.
Gedagte vir die dag: Vreugde is om God in beheer van ons lewens te plaas.
Spreuke 16:1 – ʼn Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af. Toe Napoleon Bonaparte beplan om Rusland binne…
Man val op berg, sleep homself na veiligheid
‘n Duitse toeris is Sondag van ‘n berg in Nieu-Seeland gered nadat hy naby aan die bokant van die Te Heu Heu-vallei gegly en geval het.
E-tol: Motoriste gewaarsku
Motoriste moet binne sewe dae, nadat hulle hul e-tolfakture ontvang het, die rekening betaal of hulle sal aan skuldinvorderaars oorhandig word, het Sanral Sondag gesê.
PE-swemmer dood aangetref
Die liggaam van ‘n man, wat in Port Elizabeth as vermis aangemeld is, is Sondag opgespoor.
Dronk in Engeland, word wakker in Frankryk
Luke Harding (19) van Engeland, het sy aand by ‘n paar kroeë in Manchester begin, maar in Frankryk wakker geword.
Agtjarige in Uniondale vermoor
Die liggaam van ‘n vermoorde agtjarige dogtertjie is oor die naweek in Uniondale in die Wes-Kaap aangetref.
Politici-joernaliste moet bedank
Joernaliste wat hulself as kandidate vir politieke partye beskikbaar gestel het, moet bedank, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) Sondag gesê.
E-tol se betaalstelsel is gereed
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) verwag dat die invordering van e-tol glad sal verloop, het Dipuo Peters, minister van vervoer, Sondag gesê.
Video: Houtballetjie speel “Jesu, Joy of Man’s Desiring” op woud-marimba
ʼn Selfoonadvertensie van ‘n houtballetjie wat Bach se Cantata 147, “Jesu, Joy of Man’s Desiring” op ʼn tuisgemaakte marimba in ʼn woud speel, is reeds meer as 10 miljoen keer op YouTube gekyk.
Hardlooplegende sterk aan ná tref-en-trap
Die hardlooplegende Sonja Laxton maak goeie vordering in die hospitaal nadat sy ernstig beseer is in ʼn tref-en-trap-ongeluk.
Man sterf in Boksburg-ongeluk
Een man is dood en ʼn ander beseer nadat hul voertuig Sondagoggend in ʼn waterkanaal in Lilianton, Boksburg, beland het.
Fietsryer buite Vanderbijlpark doodgery
ʼn Man is Saterdag buite Vanderbijlpark in Gauteng dood nadat hy bo van sy fiets af gery is.
Groot Gat-hond maak goeie vordering; aansoeke vir aanneming ontvang
Die hond wat Saterdag gered is nadat sy bykans ʼn week gelede in die Groot Gat by Kimberley geval het, sterk aan by die veeartsenykundige kliniek van die DBV. ‘n Video-onderhoud met ao. John Seeley, wat haar gered het, volg onderaan die berig.
PE-man word in die see vermis
ʼn Man word vermis nadat hy Saterdag naby die hawe in Port Elizabeth geswem het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Gedagte vir die dag: Bekommernis demp jou lewensvreugde
Filippense 4: 6 – “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”…